Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » As leuens wen en onskuldige mense boet
As leuens wen en onskuldige mense boet [boodskap #124560] Ma, 21 Januarie 2019 19:46 na volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Die Coligny-saak is weer in die nuus nadat twee boere skuldig bevind is aan 'n swart seun se dood. Die mans (Pieter Doorewaard en Phillip Schutte) het aangevoer dat die seun van hul bakkie gespring het, terwyl 'n "ooggetuie" (Bonakele Pakisi) beweer het dat die seun van die bakkie gestamp is. Die getuie het blykbaar later voor 'n predikant en prokureur beken dat hy "mislei" is om 'n vals verklaring te maak:
Bonakele Pakisi:
“Ek het niks gesien nie... Dit maak my seer, want ek het nie die waarheid gepraat nie... My hart is gebreek en ek voel skuldig, want hulle is in die tronk.”
Maar dis nie al nie, die mans is ook daaraan skuldig bevind dat hulle Pakisi ontvoer het, ’n vuurwapen op hom gerig het en sy selfoon gesteel het. Volgens hulle weergawe was Pakisi nie eers naby die toneel nie!

Die vreemdste is dat die Polisie die hof blykbaar gewaarsku het die getuie nie geloofwaardig is nie. Regter (Ronald Hendricks) het egter anders besluit. Ten spyte van verskeie foute in Pakisi se getuienis is sy weergawe as "geloofwaardig" aanvaar.

Nou sit twee manne in die tronk en staar lewenslange gevangenisstraf in die gesig. Talle huise en besighede is afgebrand en geplunder en onmeetbare rasse-haat is aangeblaas.

Dit is wat gebeur as leuens wen en onskuldige mense daarvoor moet boet.
Re: As leuens wen en onskuldige mense boet [boodskap #124919 is 'n antwoord op boodskap #124560] Wo, 06 Maart 2019 17:10 Na vorige boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Mnr. Doorewaard is vandag effektief tot 18 jaar tronkstraf gevonnis, terwyl Schutte effektief 23 jaar tronkstraf opgelê is. Die regter het gesê die moord op Mosweu was 'n ernstige misdaad, veral aangesien die oorledene 'n kind was. Hy het ook gesê dat die hof Pakisi se getuienis aanvaar. Die res van die wêreld weet teen die tyd dat hy erken het dat hy oor die aangeleentheid gejok het. Dit lyk of die wiele van ongeregtighied eenvoudig ongestoord voortdraai.
Vorige onderwerp: Ongeluk by HS Driehoek eis lewens
Volgende onderwerp: Stemdag - 8 Mei 2019
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 16:39:55 MGT 2024