Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Bankrowe
Bankrowe [boodskap #12433] |
Mon, 02 February 1998 00:00  |
M.Kruger
Boodskappe: 91 Geregistreer: March 1997
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Die vlaag onlangse bankrowe word gevoer met ammunisie wat SLEGS tot
beskikking van die weermag in ons land is, nl "armour piercing bullets" -
bevestig deur baie hoe offisiere; Die styl is Umkontu Isizwe, die skuldiges
word deur minister Mofamadi in die tronk besoek; 'n ontsnapte rower word by
Pieter Mokaba se huis onthaal. In Kaapstad verklaar die ANC onlangs dat
daar ernstige finansiele probleme in die party bestaan............
Skielik is die koeelvaste baadjies van die polisie net so koeel-afwerend
soos 'n sy-onderbroek. -totaal onbestand teen hulle eie regering se weermag
ammunisie. 'n Bevestigde feit.
Klap die nasie wakker indien hierdie 'n nagmerriedroom blyk te wees. Die
volgende verkiesing vind op 5 Mei 1999 plaas.
|
|
|
|
Re: Bankrowe [boodskap #12443 is 'n antwoord op boodskap #12433] |
Tue, 03 February 1998 00:00   |
ferdinand
Boodskappe: 1462 Geregistreer: September 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On 2 Feb 1998 17:46:16 GMT, "griet" <sand...@global.co.za> wrote:
<<>Die vlaag onlangse bankrowe word gevoer met ammunisie wat SLEGS tot
> beskikking van die weermag in ons land is, nl "armour piercing bullets" >>>
Kry nuwe brille, Griet.
Kyk wyer as die spieel.
Daai koeels word nie eers in SA gemaak nie.
Dit kom waarskynlik van die VSA of Rusland af.
Vandaar in watter netwerk ookal.
So, net om vir jou op te som dat jy mooi verstaan:
1. SA maak nie sulke koeels nie.
2. Die VSA en Rusland lewer nie koeels net aan die SA Weermag nie.
Indien hulle enigsins koeels aan die SA weermag lewer.
( - wat sover ek weet steeds 7.62 kaliber gebruik (is dit reg?) en as
ek reg onthou, dan pas 7,62 nie in AK's nie.)
Onthou dan sommer ook om in te reken hoe oud die koeels is, want
Griet, as dit so 5 jaar oud is Griet, dan moet jy asb. tog net weer na
jou argument kyk. Hmmm, Griet?
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Bankrowe [boodskap #12529 is 'n antwoord op boodskap #12433] |
Sun, 08 February 1998 00:00   |
Dries Venter
Boodskappe: 299 Geregistreer: January 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ek dink nie jy is heeltemal regh nie, Ferdi. SA MAAK sulke koeëls - ons
het baie 7.62 kaliber wapens (gewone en "armour piercing"). R1,2 en 3 en
AK47's is 7.62 kaliber. Jy kan waarskynlik 'n hele sakvol 7.62 koeëls vir
niks optel in Alexandra/Soweto/Guguletu... Ek volg nie die argument oor
die ouderdom van die koeëls nie - bedoel jy dit kom van die ou regeringsdae
af? Ek moet sê Griet se implikasie dat die Weermag op een of ander manier
verantwoordelik is vir die rowe ontstel my nogal.
Dries Venter
Ferdi wrote in article
...
> On 2 Feb 1998 17:46:16 GMT, "griet" wrote:
>
> > beskikking van die weermag in ons land is, nl "armour piercing bullets"
>>>
>
> Kry nuwe brille, Griet.
> Kyk wyer as die spieel.
> Daai koeels word nie eers in SA gemaak nie.
> Dit kom waarskynlik van die VSA of Rusland af.
> Vandaar in watter netwerk ookal.
>
> So, net om vir jou op te som dat jy mooi verstaan:
> 1. SA maak nie sulke koeels nie.
> 2. Die VSA en Rusland lewer nie koeels net aan die SA Weermag nie.
> Indien hulle enigsins koeels aan die SA weermag lewer.
>
> ( - wat sover ek weet steeds 7.62 kaliber gebruik (is dit reg?) en as
> ek reg onthou, dan pas 7,62 nie in AK's nie.)
>
> Onthou dan sommer ook om in te reken hoe oud die koeels is, want
> Griet, as dit so 5 jaar oud is Griet, dan moet jy asb. tog net weer na
> jou argument kyk. Hmmm, Griet?
>
|
|
|
|
|
|
Re: Bankrowe [boodskap #12546 is 'n antwoord op boodskap #12433] |
Mon, 09 February 1998 00:00   |
Hennie Louw
Boodskappe: 31 Geregistreer: January 1998
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
.
> On 8 Feb 1998 12:23:18 GMT, "Dries Venter"
> wrote:
>
> - ons
>> het baie 7.62 kaliber wapens (gewone en "armour piercing"). >>
>
Korrek, behalwe vir "armour piercing" (Pantserbreek) kry mens in 14.5mm,
20mm en groter.
> Waar word dit gemaak? Deur wie?
>
Denel, Musgrave, PMC, Norma, Winchester, S&B ens. Verkrygbaar by jou naaste
wapenhandelaar. (behalwe pantserbreek wat nie in klein kalibers beskikbaar
is nie.)
> AK47's is 7.62 kaliber. >>
>
> Wat ek onthou van die R1 is dat die AK koeel nie daarin pas nie. Maar
> dat die R1 koeel wel in die AK pas.
>
Selfde kaliber, net dopgroote wat verskil.
>> Ek volg nie die argument oor
>> die ouderdom van die koeëls nie - bedoel jy dit kom van die ou regeringsdae
>> af? >>>
> Die volgende (in die lyn van haar argument, want ek koop die SAW
> argument geheel en al nie): As die koeels 5 jaar oud is, wat nie
> onmoontlik is nie, dan lei haar argument mos logies na mense wat in
> die ou weermag was?
>
Die Weermag gebruik die afgelope 16 jaar R4 gewere wat 'n 5.56 kaliber is.
Slegs Kommandolede word hoofsaaklik met R1 gewere uitgereik.
> > verantwoordelik is vir die rowe ontstel my nogal.>>>
>
Nee wat, as daar wel R1 patrone gebruik is, is dit seker lede van die
kommando's d.w.s. meestal boere. (Dalk om te vergoed vir misoeste,
herverdeling van grond ens.)
|
|
|
|
|
|
Re: Bankrowe [boodskap #12570 is 'n antwoord op boodskap #12433] |
Tue, 10 February 1998 00:00   |
Henri-John Kock
Boodskappe: 69 Geregistreer: April 1997
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
> Ok Fapla - jammer - my militere geskiedenis was nog nooit juis goed nie.
> Moes hulle eintlik eerder Savimbie se mense genoem het dan kon nie einti
> verkeerd gegaan het nie.
:-) jammer Lou, maar jy't nou net verkeerd gegaan. Jonas Savimibi is die
leier van UNITA, wat teen die MPLA regering van Joao dos Santos rebelleer.
Hulle het eers saam tee die portugese geveg (sover ek weet), en toe teen mekaar
begin baklei toe die portugese uit was. Die VSA en Suid Afrika het UNITA
ondersteun, terwyl die MPLA (FAPLA) kubaanse en indirek Sowiet ondersteuning
gehad het.
In elkgeval, ek aanvaar die kern van jou stelling wat sê dat seker MK lede saam
met FAPLA geveg het. Die feit dat daar ANC kampe in Angola bestaan het (kamp
Quattro is die mees berugte) maak dit vir my 'n heel aanvaarbare ding. Ek is
ook seker dat ANC lede ook in oorlogvoering opgelei was (Nelson Mandela het sy
opleiding onder andere in Ethiopië ontvang, volgens sy boek). Die kuns van die
hinderlaag is 'n redelik basiese ding en ek is seker dat selfs onder primitiewe
omstandighede soldate in die opstel van 'n hinderlaag opgelei sal wees.
Oor die ammunisie: PMP (Pretoria Metal Pressings) maak sover ek weet al die
weermag se kleingeweerammunisie. Die AK-47 en die 7.62 NATO (.308) kalibers
verskil wel, en kan nie geruil word nie, omdat die koeëldoppe nie dieselfde
grootte is nie. Dis in elkgeval nie die kalibers waarmee die huidige weermag
toegerus is nie, omdat 5.56mm nou gebruik word. Die AK-47 word ook nou in 'n
kleiner kaliber vervaardig, sover ek weet ook 5.56mm of iets in daardie orde.
Ou weermagwapens sal egter nog steeds in omloop wees en dit is dus denkbaar dat
van hulle in die rooftogte gebruik is.
H-J
|
|
|
Re: Bankrowe [boodskap #12590 is 'n antwoord op boodskap #12433] |
Wed, 11 February 1998 00:00  |
Henri-John Kock
Boodskappe: 69 Geregistreer: April 1997
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Ferdi wrote:
> Ek dink soms dit baie daarmee te doen.
> Die pers is bietjie laks deesdae en hardloop te maklik agter
> persepsies aan in plaas daarvan om die persepsies te gaan toets aan
> die werklikheid.
Aah ! Nou kom ons by iets interessants uit.
Wil jy nie a.s.b. vir ons 'n bietjie die sluier lig op wat die nuusindustrie
dryf nie ? Die populêre (hier gaan ons) persepsie is dat sensasie goeie
verkoopsyfers beteken. Ek sal jou koerant graag as voorbeeld wil gebruik: die
dag wat Challenger ontplof het, het hulle 'n groot volkleurfoto op die
voorblad gehad. Die koerante was redelik vroeg al uitverkoop.
Wat maak 'n gebeurtenis nuuswaardig ? Is dit iets wat die redakteur dink
gepubliseer moet word, is dit iets wat in die openbare belang is, of is dit
net bloot gebaseer op wat die redakteur dink mense wil lees ? As dit geval #3
is, wil ek voorstel dat dit 'n kringloop veroorsaak: die redakteur dink mense
wil bv. blou kolletjies op die i hê, dus word die koerant so gepubliseer.
Mense raak gewoond aan die blou kolletjies, en hou dan op om die koerant te
koop as die kolletjies ewe skielik swart word. Simpel voorbeeld, maar ek dink
dit illustreer die punt. Ook: die "slant", gesigspunt of wat dit ookal genoem
word van 'n berig, hoe word dit bepaal ? bv. die Pretoria News publiseer baie
berigte met aanhalings van mense wat op die toneel was. Dit wil egter vir my
voorkom asof hulle aanhalings baiemaal eensydig is, en nie bv. 'n neutrale
getuie se siening publiseer nie.
Kan jy dalk lig in die duisternis bring ?
H-J
|
|
|
Re: Bankrowe [boodskap #12591 is 'n antwoord op boodskap #12433] |
Wed, 11 February 1998 00:00  |
ferdinand
Boodskappe: 1462 Geregistreer: September 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Wed, 11 Feb 1998 09:36:28 +0200, Henri-John Kock
wrote:
het die pers (dis nou nie 'n persoonlike steek in jou rigting nie) te[/color]
> doene met die feit dat daar sulke spronge gemaak word ? "Trial by Press"
> dink ek is wat die amerikaners dit noem.>>
Ek dink soms dit baie daarmee te doen.
Die pers is bietjie laks deesdae en hardloop te maklik agter
persepsies aan in plaas daarvan om die persepsies te gaan toets aan
die werklikheid.
|
|
|
Re: Bankrowe [boodskap #12592 is 'n antwoord op boodskap #12433] |
Wed, 11 February 1998 00:00  |
Henri-John Kock
Boodskappe: 69 Geregistreer: April 1997
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Ferdi wrote:
> kyk...)>>
>
> Ja. En dit lyk asof oud-MK mense heel waarskynlik betrokke is.
>
> Die probleem le egter met verbasende aantal spronge wat gemaak word
> wanneer by oud-MK-lede begin (MK bestaan sover ek weet lank nie meer
> nie) word en binne 'n sin word daar geeindig by n konklusie wat die
> naam "ANC regering" dra.
Ek dink jy's reg oor die feit dat MK nie meer bestaan nie (behalwe as daar
nou weer een of ander sameswering tussen die Broederbond, die Sioniste en
die Piesanggroeiiersvereniging is ). Ek sien jou punt in oor die spronge
wat gemaak word om die rowe direk te verbind met die regering. Daar is
volgens my kennis geen getuienis, behalwe omstandigheidsgetuienis wat dalk
kan dui op 'n moontlike konneksie met iemand in die ANC. Ek wonder hoeveel
het die pers (dis nou nie 'n persoonlike steek in jou rigting nie) te
doene met die feit dat daar sulke spronge gemaak word ? "Trial by Press"
dink ek is wat die amerikaners dit noem.
> Dis soos om te argumenteer dat toe Pietie du Plessis "gesteel" het,
> was hy 'n NP-minister en dat hy dit dus in opdrag van die NP-president
> moes gedoen het omdat die NP geld nodig gehad het vir die 1994
> verkiesing.
Ons kan maar net wonder. Dis vir my interessant dat die vorige regering 'n
minister in die tronk laat beland het. Kan dit wees dat hy nie meer in die
president se goeie boekies was nie ? Dis in elkgeval 'n ander draad
hierdie...
> Ek wonder soms of Griet toe ook die soort argumente gevoer het.
Heel moontlik nie.
H-J
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Fri Mar 07 05:53:15 UTC 2025
|