Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » NUUSGROEP-SENSUUR?
NUUSGROEP-SENSUUR? [boodskap #12287] |
Fri, 23 January 1998 00:00  |
jopie
Boodskappe: 35 Geregistreer: August 1997
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Ek vind dit hoogs interessant dat sekere gesprekke en boodskappe op
hierdie nuusgroepe, veral as die inhoud daarvan krities teenoor die
Afrikaner of die nuusgroep self staan, binne 'n dag of twee verdwyn,
terwyl ander vir 'n week of langer daar bly.
Erens ruik iets nie lekker nie, of is dit maar net weer ou Afrikaner
onverdraagsaamheid wat weer kop uitsteek?
Jopie
|
|
|
|
|
|
Re: NUUSGROEP-SENSUUR? [boodskap #12308 is 'n antwoord op boodskap #12287] |
Sat, 24 January 1998 00:00   |
ferdinand
Boodskappe: 1462 Geregistreer: September 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Fri, 23 Jan 1998 21:36:05 GMT, jo...@fourie.com (jopie) wrote:
hierdie nuusgroepe, veral as die inhoud daarvan krities teenoor die[/color]
> Afrikaner of die nuusgroep self staan, binne 'n dag of twee verdwyn,
> terwyl ander vir 'n week of langer daar bly.
>
> Erens ruik iets nie lekker nie, of is dit maar net weer ou Afrikaner
> onverdraagsaamheid wat weer kop uitsteek?>>
Ek dink nie dis eintlik moontlik om dit te doen nie, behalwe as iemand
dit by jou ISP gaan sit en doen.
Die vloei van die boodskappe om die wereld is egter soms kompleks en
chaoties.
Die kere dat van myne weggeraak het (bitter min) was dit op sport
nuusgroepe en toe my ISP probleme met sy "news server" gehad het.
Ek dink van die probleme kom wanneer ISP's nie nuusgroepe as baie
belangrik beskou nie.
Een soort oplossing is egter om n nuusleser te kry wat boodskappe in
sy eie directory op jou PC stoor. Jy bepaal dan wanneer dit afgevee
word (as jy dit eers afgelaai het).
As jy n hele thread vir n jaar wil hou, stel jy dit net so.
n Nuusleser wat dit doen en ook n baie lekker "off line" nuusleser is
(konnekteer, laai boodskappe af, diskonnekteer en lees op jou tyd.
Komponeer antwoorde op jou tyd, konnekteer en laai al die antwoorde
vinnig op en diskonnekteer weer) in Free Agent.
Dit is ook gratis. Die meer komplekse weergawe moet jy koop, maar as
jy sonder spell checkers, komplekse "kill files" en so meer kan leef,
is die gratis weergawe baie goed.
Dit kan afgelaai word by www.forteinc.com
|
|
|
|
|
Re: NUUSGROEP-SENSUUR? [boodskap #12311 is 'n antwoord op boodskap #12287] |
Sat, 24 January 1998 00:00   |
M.Kruger
Boodskappe: 91 Geregistreer: March 1997
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Beste Jopie,
Dit werk na baie kante toe. Die artikel deur Will Williams The Wages of
Liberalism
lok sover geen kommentaar uit nie, so ook het die artikels oor Wild Swans
Three daughters of China, en vele meer beskaafde kritiek op die sogenaamge
liberalisme
ook die eensame pad na die NG graf geloop. Hier is beslis sensuur.
Interessant is ook dat kritiek teen die NP, VF, en DP uitgeskree word, maar
antwoord mense uit die geledere, word hulle beskaafd daaraan herinner dat
hierdie nie 'n politieke forum is nie.
Bespreek die bogenoemde artikel, i.v.m. liberalisme met ons, en kyk of jy
vir ons kan se waar jy inpas. Gloudina behoort ook maar 'n slag na hierdie
skokkende kritiek op die
redders van vryheid te kyk en vir ons se waar sy inpas. Jy lees 'n bietjie
vinnig. Die Afrikaner word hier vanuit eie geledere taamlik skerp
veroordeel.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: NUUSGROEP-SENSUUR? [boodskap #12432 is 'n antwoord op boodskap #12287] |
Sun, 01 February 1998 00:00  |
ferdinand
Boodskappe: 1462 Geregistreer: September 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On 28 Jan 1998 20:44:55 GMT, "JAN!TOR" wrote:
>
So ver ek weet op al die servers wat dit oor die wereld uitruil as
deel van hul nuusgroep-pakkette.
>
Dit word nie gemodereer nie.
'n FAQ of te wel Algemene Vrae (AV) vir die nuusgroep?>>[/color]
Daar is ja. Weet nie waar jy dit gaan opspoor nie. Baie boring
leesstof as ek reg onthou. Dit se maar net die groep is vir die
bespreking van dinge in en om en rakende Afrikaanse of goed wat daarop
"impact" en dat bespreings actually in enige taal kan wees.
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Fri Mar 07 05:50:53 UTC 2025
|