Tuis » Taal » Ensiklopedie » Timmins, Howard Benson
Timmins, Howard Benson [boodskap #124168] |
Mon, 14 January 2019 19:36 |
 |
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Timmins, Howard Benson was 'n Suid-Afrikaanse uitgewer. Op 16 Junie 1904 in Kimberley gebore. Hy ontvang sy opleiding daar en in Engeland. Na ’n praktiese opleiding van 5 jaar by die Londense uitgewersmaatskappy, George Allen & Unwin Ltd., keer hy na Suid-Afrika terug as uitgewersverteenwoordiger en in 1944 begin hy met sy eie uitgewery. As gevolg van sy inisiatief het hy ’n groot afsetgebied geskep vir Suid-Afrikaanse skrywers van geskiedenis, biografie, reisverhale, kuns ens., waarvan die verkope etlike miljoene eksemplare beloop.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Fri Feb 21 23:04:54 UTC 2025
|