Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Hongersnood, aan Gloudientjie met liefde
Re: Hongersnood, aan Gloudientjie met liefde [boodskap #12336] Di, 27 Januarie 1998 00:00 na volgende boodskap
M.Kruger  is tans af-lyn  M.Kruger
Boodskappe: 91
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Volle Lid
Liewe Gloudina,
Dankie vir die taal teregwysiging, maar gelukkig het daar 'n taal bevryding
saam met die politieke bevryding gekom. Dit maak half 'n mens se dag om al
die verskillende taalvorme te kan hoor en geniet.

Maar kom ons bly by die onderwerp: Die verval van openbare dienste. Dit is
tragies dat die armstes van arm eventueel ook die prys vir die WENNERS moet
uithaal en wys. Nooit in die geskiedenis van hierdie land het die
VERLOORDERS ooit so 'n prys verwag nie. Dit gaan in die komende maande weer
gebeur. En weer. En weer.

Ja, soos alle blanke VERLOORDERS in hierdie land, dra ek die sondes van
die vadere, soos besoek aan die kinders tot in die derde en vierde geslag.
Ons betaal hard aan die prys van apartheid. So ook het ons 'n nuwe
geleentheid gekry om weer te help bou aan ons geliefde land.

So sal die sondes van die WENNERS ook besoek word aan die nageslagte,
alhoewel hul kollektiewe amnestie in die waarheidskommissie hulle tans laat
rustig slaap.

Soos wat alle mense, bewustelik of onbewistelik, voordeel getrek het uit
apartheid, so het alle ondersteuners van die vryheidsvegters bewustelik of
onbewustelik, voordeel getrek uit hulle verlede: die bankrowe, moorde,
"necklacing", verkragtings, gruwlike marteling, onmenslike hongersnood en
lewensomstandighede van die opleidingskampe elders in Afrika.

Elke wenner blyk 'n paar geraamtes in die kas te he.

Die nuwe regering is deur ons ingestem, en word daar weer eens van ons
verwag om te jubel oor die meegaande gruwels wat daarmee saamgaan. Ons
skryf dus maar weer almal aan hierdie stuk geskiedenis ook. Let wel: ons
speel die bal, Gloudina is die toeskouer wat huil en jubel as die span
daaronder wen of verloor. Haar deelname: 'n paar vingers op 'n sleutelbord,
in die skaduwee van 'n baie verre land en 'n kruisie op 'n verkiesing vorm.

T.o.v die WENNERS en VERLOORDERS. Engel, jy is so ver verwyderd van die
S.A. realitieit, dat ons nie eers jou kos vir jou met 'n kettie kan inskiet
nie. 'n Bietjie binne inligting:
S.A. is stil-stil die enigste land ooit, in die geskiedenis van hierdie
heel-al , wat 'n rewolusie gestuit het, en dit boon-op met 'n vreedsame
verkiesing afgesluit het.

Nee, engeltjie, ek vertel jou nou 'n bietjie binne inligting. Dis nie Griet
se wensdenkery nie. In die geheim, is vele CIA-, Britse- en andere Westerse
lande se intelligensie amptenare vir opleiding Suid-Afrika toe gestuur.
Verskeie jare is dit gedoen. Die prestasie oortref die van Rusland en
Amerika kollektief.
( Gloudientjie, maak tog maar my ou spelfoutjies vir my reg, baie dankie
byvoorbaat.)

Die einddoel van die aksie was nie om die land Blank te hou nie, maar wel
om juis net dit te laat gebeur wat wel gebeur het, nl. 'n vreedsame oorgang
na 'n nuwe toekoms. Dit maak van ons WENNERS, skat. Maar om jou nou nie te
veel te ontstel nie, sal ons maar jou VERLOORDERS wees, hoor. Groetnis.
Re: Hongersnood, aan Gloudientjie met liefde [boodskap #12337 is 'n antwoord op boodskap #12336] Di, 27 Januarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
LLaubscher  is tans af-lyn  LLaubscher
Boodskappe: 18
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Junior Lid
> "griet" wrote

> Soos wat alle mense, bewustelik of onbewistelik, voordeel getrek het uit
> apartheid, so het alle ondersteuners van die vryheidsvegters bewustelik of
> onbewustelik, voordeel getrek uit hulle verlede: die bankrowe, moorde,
> "necklacing", verkragtings, gruwlike marteling, onmenslike hongersnood en
> lewensomstandighede van die opleidingskampe elders in Af

Ek staan verstom by die lees van hierdie paragraaf - en het twee response
daarop. Een, ek verstaan glad nie wat jy hiermee wil se nie. Twee, indien ek
dit wel verstaan, laat dit my vreesbevange vir jou logika en insig (oftewel
gebrek daaraan). Die aanname dat "alle mense" voordeel getrek het uit
Apartheid - watter voordeel was daar vir Swart Suid-Afrikaners? Voorts - jou
plasing van bankrowe en dies meer na die dubbelpunt impliseer dat hierdie
walglike dade "voordele" is vir vryheidsvegters en hul ondersteuners.
Verduidelik asseblief.

> Die nuwe regering is deur ons ingestem, en word daar weer eens van ons
> verwag om te jubel oor die meegaande gruwels wat daarmee saamgaan.

Ek skat dit staan ons vry om te jubel oor daardie regeringsinisiatiewe wat ons
as goed beoordeel en wat tot voordeel strek van die Suid-AFrikaner in die
algemeen en om dit wat nie goed is nie te kritiseer. Ons geniet immers, in jou
eie woorde, 'n "politieke vryheid" wat kritiek en pro-aktiewe aksie moontlik
maak - 'n situasie wat definitief nie die geval was onder die vorige
regeringsbeleid nie. 'n Blindelingse saamloop met "meegaande gruwels" van
hierdie en enige regering is destruktief en, na my oordeel, glad nie 'n
verwagting van die huidige regering nie.

> Die einddoel van die aksie was nie om die land Blank te hou nie, maar wel
> om juis net dit te laat gebeur wat wel gebeur het, nl. 'n vreedsame oorgang
> na 'n nuwe toekoms. Dit maak van ons WENNERS, skat.

Ek deel jou prys vir die wonder van 'n vreedsame bewindsoorname.
Terselfdertyd, egter, smaak dit my so asof jy wil maak asof hierdie prestasie
te wyte is aan die grasieuse goedhartigheid van "blanke verloorders". Indien
wel, negeer dit die bydraes van die vryheidsbeweging binne en buite Suid-Afrika
(wat in my opinie die hoof-impetus was vir verandering), asook die
bereidwilligheid van hoofsaaklik Swart Suid-Afrikaners om 'n vreedsame en
rekonsilierende hand uit te strek na Wit Suid-AFrikaners.

Leswin Laubscher
ISPP - Chicago
Re: Hongersnood, aan Gloudientjie met liefde [boodskap #12338 is 'n antwoord op boodskap #12336] Di, 27 Januarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wolfgang  is tans af-lyn  Wolfgang
Boodskappe: 16
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Junior Lid
Leswin, GEWELD is nooit die antwoord nie. NOOIT. Ek wil jou noop om diep te
besin oor wat jy hier se. Dit was nie Mandela se bom nie, maar sy
sagmoedigheid. Dit was nie F.W. se Verdediging nie, maar sy menslikheid. Dit
was nie MY RASSISME nie, maar MY BESEF van kwaad en goed, wat my gedwing het
om deel te wees van 'n vrye verkiesing. Dink asseblief mooi.

Wat sou of kon gebeur het, as dit nie vir al bogenoemde dinge was nie, kan
en wil ek my nie indink nie. Ek het lank (in my beroep) baie hulp aan
duisende Swartmense gegee. Min of GEEN van hulle wou 'n bloedbad he. Nee,
dit was NOG sg vryheidsvegters met AK's - NOG sg Afrikaners met hul .22
sluipwapens en Divide-And-Conquer-filosofie wat vrede gebring het.

Wolfgang
Re: Hongersnood, aan Gloudientjie met liefde [boodskap #12349 is 'n antwoord op boodskap #12336] Wo, 28 Januarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"griet" writes:

'n Bietjie binne inligting:
> S.A. is stil-stil die enigste land ooit, in die geskiedenis van hierdie
> heel-al , wat 'n rewolusie gestuit het, en dit boon-op met 'n vreedsame
> verkiesing afgesluit het.

He, he, he!!
>
> Nee, engeltjie, ek vertel jou nou 'n bietjie binne inligting. Dis nie Griet
> se wensdenkery nie. In die geheim, is vele CIA-, Britse- en andere Westerse
> lande se intelligensie amptenare vir opleiding Suid-Afrika toe gestuur.
> Verskeie jare is dit gedoen. Die prestasie oortref die van Rusland en
> Amerika kollektief.

He,he,he, Ha! Ha!

> Die einddoel van die aksie was nie om die land Blank te hou nie, maar wel
> om juis net dit te laat gebeur wat wel gebeur het, nl. 'n vreedsame oorgang
> na 'n nuwe toekoms.

Nou is ek uitasem van die lag. Gaan lê nou in
jou bad,en speel Enja. Jy sal dit blykbaar nooit
kry nie - die werklikheid.
Re: Hongersnood, aan Gloudientjie met liefde [boodskap #12350 is 'n antwoord op boodskap #12336] Wo, 28 Januarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
LLaubscher  is tans af-lyn  LLaubscher
Boodskappe: 18
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Junior Lid
Wolfgang, ek het nooit die dinge wat jy aan my naam koppel gese of geimpliseer
nie. Ek vermoed dat jy maar 'n natuurlike glips gemaak het en daardie deel wat
ek aangehaal het aan my toegeskryf het, of die nuusgroeponderwerpe so ietwat
deurmekaar het.

Groetnis

Leswin Laubscher
ISPP-Chicago
Re: Hongersnood, aan Gloudientjie met liefde [boodskap #12412 is 'n antwoord op boodskap #12336] So, 01 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskap
Wolfgang  is tans af-lyn  Wolfgang
Boodskappe: 16
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Junior Lid
Bly om dit te hoor :-) Jammer as dit my skuld is.

LLaubscher wrote in message
...
> Wolfgang, ek het nooit die dinge wat jy aan my naam koppel gese of geimpliseer
> nie. Ek vermoed dat jy maar 'n natuurlike glips gemaak het en daardie deel wat
> ek aangehaal het aan my toegeskryf het, of die nuusgroeponderwerpe so ietwat
> deurmekaar het.
>
> Groetnis
>
> Leswin Laubscher
> ISPP-Chicago
Vorige onderwerp: NUUSGROEP-SENSUUR?
Volgende onderwerp: Afrikaner Weerstands Beweging AWB Webblad
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 10 15:21:57 MGT 2024