Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Beskaafde Mandela
Re: Beskaafde Mandela [boodskap #12353] Wo, 28 Januarie 1998 00:00 na volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
> Prys eerder al die Stamhoofde en Konings soos Mandela, dat hulle nie doen
> wat ENIGE ander koning met sy vyand sou gedoen het nie. DIT is beskaafdheid.
> DIT hou die kiem van hoop vir ons Geliefde, Suid-Afrika.
>
Wolfie, jy gooi jou net te wyd, vrees ek. Dis NET Mandela wat die
beskaafdheid dra wat jy van skryf en hy gaan nie meer te lank aan bewind
wees nie. As ons hom tog maar kon kloon ... !

Johan
Re: Beskaafde Mandela [boodskap #12357 is 'n antwoord op boodskap #12353] Wo, 28 Januarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Key Bored  is tans af-lyn  Key Bored
Boodskappe: 84
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Volle Lid
pi...@pietseplek.com (piet) wrote:

> Moenie van my president praat asof hy 'n skaap is wat gekloon kan word
> vir jou plesier soos 'n skaap nie. Implisiet in jou stelling is dat
> swart mense barbare is en eintlik 'beskaafd' gemaak moet word deur ons
> wittes. Selfde redenasie wat geslagte koloniste, slawehandelaars,
> sendelinge en die Voortrekkers gehad het.

Netso. Die vreedsame oordrag van mag in Suid Afrika is moontlik
gemaak, nie deur FW of Mandela of een of ander messiasfiguur op hul
eie nie, maar deur die feit dat die meerderheid van Suid-Afrikaners,
en hier spesifiek ook swart SA'ners, vredeliewend, verdraagsaam en
vergewensgesind genoeg was. Sonder die vredeliewende menigte sou ons
nie vandag so lekker hier sit en op die internet kla oor hoe kak dit
gaan noudat die regering swart is nie

Andries

>> Johan

Andries du Toit

Remove capital "spam" from:

SaPnA...@aztec.co.za
Re: Beskaafde Mandela [boodskap #12375 is 'n antwoord op boodskap #12353] Do, 29 Januarie 1998 00:00 Na vorige boodskap
pi...  is tans af-lyn  pi...
Boodskappe: 17
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Junior Lid
Moenie van my president praat asof hy 'n skaap is wat gekloon kan word
vir jou plesier soos 'n skaap nie. Implisiet in jou stelling is dat
swart mense barbare is en eintlik 'beskaafd' gemaak moet word deur ons
wittes. Selfde redenasie wat geslagte koloniste, slawehandelaars,
sendelinge en die Voortrekkers gehad het.
> Wolfie, jy gooi jou net te wyd, vrees ek. Dis NET Mandela wat die
> beskaafdheid dra wat jy van skryf en hy gaan nie meer te lank aan bewind
> wees nie. As ons hom tog maar kon kloon ... !

> Johan
Re: Beskaafde Mandela [boodskap #12376 is 'n antwoord op boodskap #12353] Do, 29 Januarie 1998 00:00 Na vorige boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Alweer Piet ...

piet wrote in article
...
> Moenie van my president praat asof hy 'n skaap is wat gekloon kan word
> vir jou plesier soos 'n skaap nie.

Asof hy 'n skaap is wat soos 'n skaap gekloon kan word nie - jy klink meer
na 'n skaap, Pieter, met so swak redenasie. Gelukkig is hy nie meer my
president nie.

Implisiet in jou stelling is dat
> swart mense barbare is en eintlik 'beskaafd' gemaak moet word deur ons
> wittes.

Dit was nou nie die intensie van my stelling nie, maar jy sê nogal 'n waar
ding - so bietjie wensdenkery aan jou kant. Vanuit die wit perspektief sal
swart mense altyd minder beskaaf vertoon - dis waar ons wittes en swartes
die fout maak: plaas dat ons meer die verskille in mense aanvaar en daarmee
saamleef as om op mekaar se vlakke te probeer kom.

Selfde redenasie wat geslagte koloniste, slawehandelaars,
> sendelinge en die Voortrekkers gehad het.

Selfs hulle kon dit nie regkry nie! en jou nageslag gaan dit ook nie
regkry nie, want ons beskawings norme verskil net - een is nie bo die ander
nie.
Re: Beskaafde Mandela [boodskap #12377 is 'n antwoord op boodskap #12353] Do, 29 Januarie 1998 00:00 Na vorige boodskap
Key Bored  is tans af-lyn  Key Bored
Boodskappe: 84
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Volle Lid
"Johan" wrote:

> Alweer Piet ...
> Dit was nou nie die intensie van my stelling nie, maar jy sê nogal 'n waar
> ding - so bietjie wensdenkery aan jou kant. Vanuit die wit perspektief sal
> swart mense altyd minder beskaaf vertoon - dis waar ons wittes en swartes
> die fout maak: plaas dat ons meer die verskille in mense aanvaar en daarmee
> saamleef as om op mekaar se vlakke te probeer kom.

Wel, ek weet nie wat hierdie ding is wat jy 'n "wit perspektief" noem
nie. En as militariestiese onderdrukking volgens jou beskaaf is -
haai, dan kan omtrent enigiets waar wees. As beskawing eerder
saamhang met morele waardes, verdraagsaamheid en volwassenheid,
wragtag, dan's meeste van die swart mense met wie ek elke dag
saamwerk meer "beskaafd" as die helfte van diegene (no names no pack
drill) wat op a.c.s-a en a.c.s-a.a rondspeel

Andries

Andries du Toit

Remove capital "spam" from:

SaPnA...@aztec.co.za
Vorige onderwerp: Re: One Lie too many from the White House...
Volgende onderwerp: Verw: 309 Boodskappe, almal gelees se hulle
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 10:29:30 MGT 2024