Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » AWB PERSVERKLARING
AWB PERSVERKLARING [boodskap #12317] So, 25 Januarie 1998 00:00 na volgende boodskap
Fred  is tans af-lyn  Fred
Boodskappe: 19
Geregistreer: November 1997
Karma: 0
Junior Lid
AWB PERSVERKLARING

Na aanleiding van die verwarring en onwaarhede rondom die Regses se
Amnestie
Aansoeke het die AWB se Generale Staf en Senior Offisiere landswyd, 'n
spesiale vergadering gehou op Saterdag 24 Januarie 1998.

BESLUITE:

Albei die voorleggings wat deur die Kriel groep en die sogenaamde Belange
Groep van Vyf by die WVK gepoog is om ingehandig te word, is bestudeer.

Die Generale Staf en die totale vergadering verwerp genoemde voorleggings
in
geheel. Die voorleggings is as lasterlik en skandalig bevind. Die
vergadering vind dit ironies dat die blatante leuens juis by die WVK
ingehandig sou word.

Die General Staf het met dank en waardering die voorlegging wat deur
Generaal Japie Oelofse ingehandig is goedgekeur.

Die patetiese leuen en bedrieg dokument wat deur Kriel en sogenaamde
Belange
Groep van Vyf ingehandig is, vind die vergadering jammerlik.

Die Generale Staf en vergadering van Senior Offisiere het hulle volle steun
en lojaliteit aan die AWB Leier en Generaal Oelofse, wat namens die
Gevangenes met die WVK onderhandel toegesê.

Geen Generaal of Oud Generaal van die AWB is gevind wat deel sou vorm van
die sogenaamde Junta, wat weereens 'n drogversinsel van Kriel is.

Die vergadering spreek sy hoop uit dat die Media op hierdie stadium die
peil
van Joernalistiek nie verder moet laat daal deur prominensie aan die
versinsels van Kriel, wat die volgende môre self nie eens daarvan weet nie,
te gee nie.

Die vergadering se besluit is verder dat die Regse Aangehoudenes dieselfde
voordeel moet kry as die 37 ANC's wat reeds vrywaring gekry het.

Die AWB Leiding is steeds bereid om met die WVK te onderhandel oor die
spoedige vrylating van die betrokke Regse Gevangenes.

VAN: AWB GENERALE STAF
AWB HOOFKANTOOR VENTERSDORP
TEL: (018) 264-2516/ 264-2501

Boere Groete
Frikkie

Kommunikasie/Skakeloffisier Oos Kaap.
Re: AWB PERSVERKLARING [boodskap #12372 is 'n antwoord op boodskap #12317] Wo, 28 Januarie 1998 00:00 Na vorige boodskap
Wolfgang  is tans af-lyn  Wolfgang
Boodskappe: 16
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Junior Lid
Eekhoring, jy verstaan nie, daarom kritiseer jy so maklik. As jy se "die
Swartes kom" dan openbaar jy, jou eie onnoselheid. Ek ken jou soort ... in
1979 uit die Republiek ge-kuiken, waarskynlik omdat jy self vir Afrika
pisbang was.

Nou is jy 'n KENNER terwyl jy in die buiteland vergeet het (of nooit geweet
het nie) wat Afrika is. As vreemdes jou vra, vertel jy hulle jy "kon net nie
meer die vreeslike "APARTHATE" opvreet nie, jy moes daar weg omdat jy so 'n
goeie mens was en is.

BULLSHIT. Of liewer ... BEESKAK.
ns: Ek stem glad nie saam met AWB-ers nie. Terloops.
Vorige onderwerp: Ratte se vrylating
Volgende onderwerp: Afrikaanse nuusdiens
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 09:10:40 MGT 2024