Tuis » Taal » Ensiklopedie » Randfontein
Randfontein [boodskap #123477] |
Sat, 05 January 2019 06:58 |
 |
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Randfontein is 'n dorp aan die Wesrand, deel van Krugersdorp maar sedert 1929 'n eie munisipaliteit. Dit is 27 myl van Johannesburg en het rondom die beroemde Randfontein Estates-goudmyn gegroei. Dit is in die vroegste dae van die goudveld deur sir J.B. Robinson gestig. Randfontein Estates het die grootste stampbattery in die wêreld — met 600 stampers. Die Homestead-meer is een van die dorp se aantreklikhede. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 45,912 (15,000 Blankes, 852 Kleurlinge, 60 Asiate, 30,000 Bantoes).
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Fri Feb 21 06:00:47 UTC 2025
|