Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » NUUSGROEP-SENSUUR?
NUUSGROEP-SENSUUR? [boodskap #12287] Vr, 23 Januarie 1998 00:00 na volgende boodskap
jopie  is tans af-lyn  jopie
Boodskappe: 35
Geregistreer: Augustus 1997
Karma: 0
Volle Lid
Ek vind dit hoogs interessant dat sekere gesprekke en boodskappe op
hierdie nuusgroepe, veral as die inhoud daarvan krities teenoor die
Afrikaner of die nuusgroep self staan, binne 'n dag of twee verdwyn,
terwyl ander vir 'n week of langer daar bly.

Erens ruik iets nie lekker nie, of is dit maar net weer ou Afrikaner
onverdraagsaamheid wat weer kop uitsteek?

Jopie
Re: NUUSGROEP-SENSUUR? [boodskap #12288 is 'n antwoord op boodskap #12287] Vr, 23 Januarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Alwyn Nel  is tans af-lyn  Alwyn Nel
Boodskappe: 174
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
jopie wrote in article
...
> Ek vind dit hoogs interessant dat sekere gesprekke en boodskappe op
> hierdie nuusgroepe, veral as die inhoud daarvan krities teenoor die
> Afrikaner of die nuusgroep self staan, binne 'n dag of twee verdwyn,
> terwyl ander vir 'n week of langer daar bly.
>
> Erens ruik iets nie lekker nie, of is dit maar net weer ou Afrikaner
> onverdraagsaamheid wat weer kop uitsteek?
>
> Jopie

Jopie,

Die punt is sekerlik debateerbaar. Maar ek het al boodskappe na die
nuusgroep gestuur wat ek self nooit teruggekry het nie. En dae later sien
ek in 'n antwoord op 'n antwoord 'n aanhaling van my oorspronklike posstuk.

My nuusleser is opgestel om pos na vyf dae te verwyder, gelees of de not.
Maar selfs hier dink ek die teorie oortref steeds die praktyk.

Ek dink jou derde mag sal altyd bestaan... Of hy nou Bill Gates genoem word
of *.*

Alwyn
Re: NUUSGROEP-SENSUUR? [boodskap #12289 is 'n antwoord op boodskap #12287] Vr, 23 Januarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wolfgang  is tans af-lyn  Wolfgang
Boodskappe: 16
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Junior Lid
Dis onmoontlik om 'n pos te verwyder. Slegs die sender kan dit doen.
Re: NUUSGROEP-SENSUUR? [boodskap #12307 is 'n antwoord op boodskap #12287] Sa, 24 Januarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Atlas`  is tans af-lyn  Atlas`
Boodskappe: 25
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Junior Lid
On 23 Jan 1998 22:32:01 GMT, "Alwyn Nel" wrote:

>
> My nuusleser is opgestel om pos na vyf dae te verwyder, gelees of de not.
> Maar selfs hier dink ek die teorie oortref steeds die praktyk.

> Alwyn

Nee. Jou nuusleser verwyder slegs die artikels wat op JOU hardeskyf
afgelaai is omdat dit 'n manier is om bloot die spasie op jou
hardeskyf te help reguleer. Jopie verwys na die boodskappe wat op sy
News server by sy ISP gestoor word. Juis dit wat aan almal beskikbaar
is. Slegs stelsel administrateurs het toegang tot daardie artikels.
Gewoonlik word sagteware spesifiek geskryf wat "optel" dat 'n artikel
byvoorbeeld 30 dae "oud" is, en dan word dit outomaties uitgevee. Dis
maar net sodat die Nuus server van daardie spesifieke ISP(Internet
Service Provider) nie oorvol raak met ou artikels nie. Spasie.

Die feit dat Jopie vind dat ou artikels oor anti-Afrikaanse stellings
GOUER verdwyn is egter baie interessant, want indien dit waar sou
wees, sou dit moes beteken dat 'n spesifieke persoon toegang het tot
die Nuus Server(bediener?) om juis dié artikels vroegtydig af te vee.
Miskien 'n verregse rekenaar administrateur by sy ISP? :o)

Groete

Atlas`
============================================
Please remove NOSPAM in front of @ to reply
Homepage: http://home.global.co.za/~brynie
Re: NUUSGROEP-SENSUUR? [boodskap #12308 is 'n antwoord op boodskap #12287] Sa, 24 Januarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 23 Jan 1998 21:36:05 GMT, jo...@fourie.com (jopie) wrote:

hierdie nuusgroepe, veral as die inhoud daarvan krities teenoor die[/color]
> Afrikaner of die nuusgroep self staan, binne 'n dag of twee verdwyn,
> terwyl ander vir 'n week of langer daar bly.
>
> Erens ruik iets nie lekker nie, of is dit maar net weer ou Afrikaner
> onverdraagsaamheid wat weer kop uitsteek?>>

Ek dink nie dis eintlik moontlik om dit te doen nie, behalwe as iemand
dit by jou ISP gaan sit en doen.
Die vloei van die boodskappe om die wereld is egter soms kompleks en
chaoties.
Die kere dat van myne weggeraak het (bitter min) was dit op sport
nuusgroepe en toe my ISP probleme met sy "news server" gehad het.

Ek dink van die probleme kom wanneer ISP's nie nuusgroepe as baie
belangrik beskou nie.

Een soort oplossing is egter om n nuusleser te kry wat boodskappe in
sy eie directory op jou PC stoor. Jy bepaal dan wanneer dit afgevee
word (as jy dit eers afgelaai het).
As jy n hele thread vir n jaar wil hou, stel jy dit net so.
n Nuusleser wat dit doen en ook n baie lekker "off line" nuusleser is
(konnekteer, laai boodskappe af, diskonnekteer en lees op jou tyd.
Komponeer antwoorde op jou tyd, konnekteer en laai al die antwoorde
vinnig op en diskonnekteer weer) in Free Agent.

Dit is ook gratis. Die meer komplekse weergawe moet jy koop, maar as
jy sonder spell checkers, komplekse "kill files" en so meer kan leef,
is die gratis weergawe baie goed.

Dit kan afgelaai word by www.forteinc.com
Re: NUUSGROEP-SENSUUR? [boodskap #12309 is 'n antwoord op boodskap #12287] Sa, 24 Januarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Atlas`  is tans af-lyn  Atlas`
Boodskappe: 25
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Junior Lid
On Sat, 24 Jan 1998 10:53:51 GMT, ferd...@icon.co.za (Ferdi ) wrote:

> vinnig op en diskonnekteer weer) in Free Agent.
>
> Dit is ook gratis. Die meer komplekse weergawe moet jy koop, maar as
> jy sonder spell checkers, komplekse "kill files" en so meer kan leef,
> is die gratis weergawe baie goed.
>
> Dit kan afgelaai word by www.forteinc.com
>
Jip, ek gebruik dit ook. Baie goed.
Atlas`
============================================
Please remove NOSPAM in front of @ to reply
Homepage: http://home.global.co.za/~brynie
Re: NUUSGROEP-SENSUUR? [boodskap #12310 is 'n antwoord op boodskap #12287] Sa, 24 Januarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"griet" writes:


Gloudina behoort ook maar 'n slag na hierdie
> skokkende kritiek op die
> redders van vryheid te kyk en vir ons se waar sy inpas. Jy lees 'n bietjie
> vinnig. Die Afrikaner word hier vanuit eie geledere taamlik skerp
> veroordeel.
>

Wie, mag ek vra, is die redders van die vryheid?
En: die Afrikaner word nie uit sy eie geledere
skerp beoordeel nie. Nee. Afrikaners is besig om
huis skoon te maak. Hulle sê skoert aan al die
skorriemorries wat die Afrikaner se goeie naam vir
hulself toegeeien het die afgelope dekades. Hulle
wil hulle goeie naam terugh^e.

Gloudina
Re: NUUSGROEP-SENSUUR? [boodskap #12311 is 'n antwoord op boodskap #12287] Sa, 24 Januarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
M.Kruger  is tans af-lyn  M.Kruger
Boodskappe: 91
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Volle Lid
Beste Jopie,

Dit werk na baie kante toe. Die artikel deur Will Williams The Wages of
Liberalism
lok sover geen kommentaar uit nie, so ook het die artikels oor Wild Swans
Three daughters of China, en vele meer beskaafde kritiek op die sogenaamge
liberalisme
ook die eensame pad na die NG graf geloop. Hier is beslis sensuur.
Interessant is ook dat kritiek teen die NP, VF, en DP uitgeskree word, maar
antwoord mense uit die geledere, word hulle beskaafd daaraan herinner dat
hierdie nie 'n politieke forum is nie.

Bespreek die bogenoemde artikel, i.v.m. liberalisme met ons, en kyk of jy
vir ons kan se waar jy inpas. Gloudina behoort ook maar 'n slag na hierdie
skokkende kritiek op die
redders van vryheid te kyk en vir ons se waar sy inpas. Jy lees 'n bietjie
vinnig. Die Afrikaner word hier vanuit eie geledere taamlik skerp
veroordeel.
Re: NUUSGROEP-SENSUUR? [boodskap #12319 is 'n antwoord op boodskap #12287] So, 25 Januarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Key Bored  is tans af-lyn  Key Bored
Boodskappe: 84
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Volle Lid
brynie...@mindless.com (Atlas`) wrote:

>>
> Jip, ek gebruik dit ook. Baie goed.

Beter as die een op Netscape, in elk geval.

Hoe vergelyk dit met Venstertjies se internet explorer?

Andries

Andries du Toit

Remove capital "spam" from:

SaPnA...@aztec.co.za
Re: NUUSGROEP-SENSUUR? [boodskap #12320 is 'n antwoord op boodskap #12287] So, 25 Januarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wolfgang  is tans af-lyn  Wolfgang
Boodskappe: 16
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Junior Lid
hahahahahaha!!! Nou lag ek lekker. Die Net is net wat jy hom wil maak.
Niemand kan jou stop nie. As Politiek jou gelukkigmaak, nou-ja.............
DIS DIE PUNT VAN DIE NET.
Re: NUUSGROEP-SENSUUR? [boodskap #12321 is 'n antwoord op boodskap #12287] So, 25 Januarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Key Bored  is tans af-lyn  Key Bored
Boodskappe: 84
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Volle Lid
jo...@fourie.com (jopie) wrote:

> Ek vind dit hoogs interessant dat sekere gesprekke en boodskappe op
> hierdie nuusgroepe, veral as die inhoud daarvan krities teenoor die
> Afrikaner of die nuusgroep self staan, binne 'n dag of twee verdwyn,
> terwyl ander vir 'n week of langer daar bly.

Hmm, ek dink jy is bietjie paranoid. Wat is die settings op jjou
nuusleser?

Andries

Andries du Toit

Remove capital "spam" from:

SaPnA...@aztec.co.za
Re: NUUSGROEP-SENSUUR? [boodskap #12334 is 'n antwoord op boodskap #12287] Ma, 26 Januarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Atlas` wrote:
>
> On 23 Jan 1998 22:32:01 GMT, "Alwyn Nel" wrote:
>
>>
>> My nuusleser is opgestel om pos na vyf dae te verwyder, gelees of de not.
>> Maar selfs hier dink ek die teorie oortref steeds die praktyk.
>
>> Alwyn
>
> Nee. Jou nuusleser verwyder slegs die artikels wat op JOU hardeskyf
> afgelaai is omdat dit 'n manier is om bloot die spasie op jou
> hardeskyf te help reguleer. Jopie verwys na die boodskappe wat op sy
> News server by sy ISP gestoor word. Juis dit wat aan almal beskikbaar
> is. Slegs stelsel administrateurs het toegang tot daardie artikels.
> Gewoonlik word sagteware spesifiek geskryf wat "optel" dat 'n artikel
> byvoorbeeld 30 dae "oud" is, en dan word dit outomaties uitgevee. Dis
> maar net sodat die Nuus server van daardie spesifieke ISP(Internet
> Service Provider) nie oorvol raak met ou artikels nie. Spasie.
>
> Die feit dat Jopie vind dat ou artikels oor anti-Afrikaanse stellings
> GOUER verdwyn is egter baie interessant, want indien dit waar sou
> wees, sou dit moes beteken dat 'n spesifieke persoon toegang het tot
> die Nuus Server(bediener?) om juis dié artikels vroegtydig af te vee.
> Miskien 'n verregse rekenaar administrateur by sy ISP? :o)
>
Miskien moet Jopie
1) Statistieke bymekaar maak voor hy 'Derde mag' skreeu. (Dankie vir die
pos - is heel snaaks - het ons almal 'n agtervolgings kompleks in die
land?)
2) Sy ISP kontak en uitvind wat hulle standpunt ten opsigte van die
stoor van nuusberigte is i.e. en vir hoe lank.
3) Na Dejanews gaan en kyk hoe die samesteling van sy pro en anti pos
lyk.

... en dan kan hy kom met feite, en as dit so is sal dit heel interesant
wees om te sien wie berigte kanseleer en waarom. Dit sal heel maklik
wees om te kontroleer - kyk net hoeveel van Gloudina se berigte kom by
jou uit :). En as dit nie so is nie dan het Jopie net weer BullShit
gepraat soos meeste van ons op die nuusgroep.

Cheers
Lou
Re: NUUSGROEP-SENSUUR? [boodskap #12335 is 'n antwoord op boodskap #12287] Ma, 26 Januarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Atlas`  is tans af-lyn  Atlas`
Boodskappe: 25
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Junior Lid
On Sun, 25 Jan 1998 20:06:43 GMT, nos...@nospam.za (Key Bored) wrote:

> brynie...@mindless.com (Atlas`) wrote:
>
>>>
>> Jip, ek gebruik dit ook. Baie goed.
>
> Beter as die een op Netscape, in elk geval.
>
> Hoe vergelyk dit met Venstertjies se internet explorer?
>
> Andries
>

Free Agent is beter as IExplorer se nuusleser. Dit het baie meer
funksies maar die beste is die feit dat jy Free Agent kan opstel
spesifiek as 'n "offline" nuusleser. Een logiese rede tot hierdie
groot verskille tussen Agent en ander is die feit dat Free AGent
spesifiek 'n nuusleser program is. Dis 'n maatskappy wat hoofsaaklik
op sulke sagteware konsentreer. MIE en Netscape se hoofdoel in dié
geval is weer die "browser" self vir die Internet. Dit lyk my hul
nuusleser komponent het in albei gevalle bietjie in die slag gebly
t.o.v. ontwikkeling en gemak vir die gebruiker.

Cheerio

Atlas`
============================================
Please remove NOSPAM in front of @ to reply
Homepage: http://home.global.co.za/~brynie
Re: NUUSGROEP-SENSUUR? [boodskap #12371 is 'n antwoord op boodskap #12287] Wo, 28 Januarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
JAN!TOR  is tans af-lyn  JAN!TOR
Boodskappe: 5
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Junior Lid
Interressant, waar lê die nuusgroep, en wie hanteer /modereer dit. Is daar
'n FAQ of te wel Algemene Vrae (AV) vir die nuusgroep?

Francois
Re: NUUSGROEP-SENSUUR? [boodskap #12432 is 'n antwoord op boodskap #12287] So, 01 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 28 Jan 1998 20:44:55 GMT, "JAN!TOR" wrote:

>

So ver ek weet op al die servers wat dit oor die wereld uitruil as
deel van hul nuusgroep-pakkette.

>

Dit word nie gemodereer nie.

'n FAQ of te wel Algemene Vrae (AV) vir die nuusgroep?>>[/color]

Daar is ja. Weet nie waar jy dit gaan opspoor nie. Baie boring
leesstof as ek reg onthou. Dit se maar net die groep is vir die
bespreking van dinge in en om en rakende Afrikaanse of goed wat daarop
"impact" en dat bespreings actually in enige taal kan wees.
Vorige onderwerp: Dis altyd groen aan die anderkant van die draad
Volgende onderwerp: Re: Hongersnood, aan Gloudientjie met liefde
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 00:39:51 MGT 2024