Tuis » Taal » Ensiklopedie » Muir, Sir Thomas
Muir, Sir Thomas [boodskap #123068] |
Sat, 29 December 2018 16:14 |
 |
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Sir Thomas Muir was 'n wiskundige en Superintendent-generaal van Onderwys in Kaapland. In 1845 in Skotland gebore en ontvang opleiding aan die Universiteit van Glasgow en in Duitsland. Hy word in 1892 aangestel as Superintendent-generaal van Onderwys in die Kaap die Goeie Hoop. Die Keith-medalje van die Royal Society of Edinburgh vir Wiskundige Navorsing is twee keer aan hom toegeken. Vise-kanselier van die Universiteit van die Kaap die Goeie Hoop en in 1910 president van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir die Bevordering van Wetenskap. Hy het verskeie boeke geskryf oor wiskunde, veral oor die Teorie van Viertalle waarop hy 'n wêreld-deskundige was. Muir is in 1934 oorlede en het sy wiskunde-biblioteek, een van die beste wat daar bestaan, aan die Suid-Afrikaanse Openbare Biblioteek in Kaapstad nagelaat.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Thu Feb 27 16:24:50 UTC 2025
|