Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Dis altyd groen aan die anderkant van die draad
Dis altyd groen aan die anderkant van die draad [boodskap #12172] |
Sat, 17 January 1998 00:00  |
G.B.
Boodskappe: 2172 Geregistreer: May 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"André" writes:
> Word wakker. Moet nie aan die anderkant van die wêreld sit en ons wat hier
> bly probeer inlig oor jou fantasieë nie. Kom bly hier en sê my na 'n jaar of
> veilig voel as jy die oggend werk toe ry.
>
> Andre
>
Jy dink seker daar is net geweld in SA,
En jy dink die geweld begin nou eers in
SA. Jy het maar net eertyds in die ou
beskermde wit laertjie gesit. Nou sien jy
die wêreld soos hy is. Kom kuier maar hier
in Kanada en sien hoe hulle ook hier roof
en steel. En moor.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
Re: Dis altyd groen aan die anderkant van die draad [boodskap #12209 is 'n antwoord op boodskap #12172] |
Mon, 19 January 1998 00:00   |
ro...
Boodskappe: 59 Geregistreer: February 1997
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
In , writes:
> "Johan" writes: > Kom kuier hier in die VSA, Gloudina, hier is die gras heelwat groener.
>> Ons metropool het in 1996 net 70 moorde gehad, meesal gesinsverwand en nie
>> sinnelose moorde soos in SA nie. (Geen moord is seker ooit sinvol nie!)
>> Dis die derde jaar wat moorde en verkragtings afneem.
>
> Nouja, Johan, dit is darem nou 'n uiterse
> geval van appels en lemoene vergelyk. Jy
> trek uit Johannesburg uit en gaan na Minnesota.
> Moenie laat ek lag nie. Hoe gaan dit in die
> agterbuurtes van Chicago? In New York, in Los
> Angeles? Dis waarmee jy Johannesburg moet
> vergelyk. Hoeveel is die bevolking van Minnesota?
> Ek sweer minder as in die stad Johannesburg en sy
> onmiddellike voorstede. Ek neem ook aan jy lewe
> in een van die wit enklaves in die VSA. Ek weet,
> ook hier in Kanada is die wittes geneig om in
> die wit enklaves te leef. Die minder gegoedes
> is diegene wat ly onder die aanvalle van die onder-
> wereld se bendes, wat in baie gevalle uit die Ooste
> en Rusland en verskillende ander lande hierheen
> kom. Moenie maak of die hele VSA is soos dit in
> Minnesota is nie.
>
> Gloudina
Wel Gloudina, kom ons gebruik dan statistieke van Toronto,
wat nou die 5de grootste stad in Noord Amerika is. Hier is
daar gemiddeld so 60 moorde per jaar. En Toronto is seker
die mees heterogene stad in Kanada wat kulture aan betref
- nie so 'n "wit enklaaf" soos wat Kanata (die dorpie daar
langs Ottawa en waar jy skynbaar bly) is nie.
Stef
|
|
|
Re: Dis altyd groen aan die anderkant van die draad [boodskap #12210 is 'n antwoord op boodskap #12172] |
Mon, 19 January 1998 00:00   |
Knormoer[1]
Boodskappe: 16 Geregistreer: July 1997
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
| > Jy dink seker daar is net geweld in SA,
| > En jy dink die geweld begin nou eers in
| > SA. Jy het maar net eertyds in die ou
| > beskermde wit laertjie gesit. Nou sien jy
| > die wereld soos hy is. Kom kuier maar hier
| > in Kanada en sien hoe hulle ook hier roof
| > en steel. En moor.
| >
| > Gloudina
|
Gloudina,
Hier's vir jou 'n uitreksel uit 'n artikel deur Jeff Builta van die Office
of International Criminal Justice.
The statistics cannot be brushed away, however, and reveal a sinister
picture of South Africa as the
world's crime capital. A report from South Africa's own government dubbed
it "the most violent
country outside a war-zone."
In first six months of 1995, 948,064 serious crimes were reported to
police, up by almost 6 percent
from the same, then record-breaking, period in 1994. The Nedcor Project on
Crime and
Investment in South Africa calculates there were 45 murders per 100,000
people in 1994. This
compares with a United States rate of 9, and an international average of
5.5.
Ja, jy is reg - alle lande het geweld - ons het net oor die 8 keer meer as
die gemiddeld. Latere statistieke plaas daai syfer op 54.9 per 100 000.
As for jou suster in Pretoria:
A week prior to the elections, eight policemen were killed, in the
Johannesburg-area alone. Through
late October, 57 police had been murdered in Gauteng, South Africa's most
crime-ridden province,
which includes both Johannesburg and Pretoria.
Dis nou November 1996 verkiesings, omtrent die tyd toe die artikel geskryf
is. As jou suster dan se sy sien nie die geweld nie, se tog sy moet so af
en toe die koerant koop.
Ek het al in die vroee oggondure alleen deur Harlem en Central Park in NY
geloop. Kan jou seun dieselfde van Hillbrow se?
Knormoer
|
|
|
|
|
Re: Dis altyd groen aan die anderkant van die draad [boodskap #12232 is 'n antwoord op boodskap #12172] |
Tue, 20 January 1998 00:00   |
ro...
Boodskappe: 59 Geregistreer: February 1997
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
In , writes:
> ro...@physics.utoronto.ca writes: >
>>
>>
>> Wel Gloudina, kom ons gebruik dan statistieke van Toronto,
>> wat nou die 5de grootste stad in Noord Amerika is. Hier is
>> daar gemiddeld so 60 moorde per jaar. En Toronto is seker
>> die mees heterogene stad in Kanada wat kulture aan betref
>> - nie so 'n "wit enklaaf" soos wat Kanata (die dorpie daar
>> langs Ottawa en waar jy skynbaar bly) is nie.
>>
>> Stef
>>
>
> O, nou is Toronto die mees heterogene stad
> in Kanada. 'n Paar maande gelede wou jy vir
> ons wysmaak dat meeste van die mense in Kanada
> van die twee "founding nations" afstam. Het
> ondertussen in die onderdorp loop rondloop?
Gloudina, die twee aspekte wat jy hier noem is nie
teenstrydig nie. Kanada het 30 miljoen mense waarvan
+- 4% ander tale as Engels en Frans praat. Dit beteken
dat (as my hoofrekene reg is) 1.2 miljoen mense ander
tale praat. Die meeste van hierdie mense bly in Toronto.
Tornto het so om en by 2 en 'n half miljoen mense. Dit
beteken dat 'n buidende persentasie van Toronto se
inwoners van ander kulture is.
> Ons praat van Toronto, waar bendes tweekeer
> huweliksonthale bestorm het en alles gesteel
> het - geld, presente, alles. Ons praat van
> Toronto waar 'n bom 'n huis in 'n baie upscale
> buurt ( ek dink dit was Rosedale) opblaas -
> die inwoner daarvan was lid van die Russiese
> mafia.
Jy het nou 3 van die 60 gevalle opgenoem. Wat is jou
punt?
> En terloops, ek bly NIE in Kanata nie. Ek sou
> nie in Kanata wou bly nie. Daar is die misdaad
> deur addolessente gepleeg te hoog (weens die
> feit dat hulle niks anders het om te doen nie
> daar op die kaal haai vlakte. (Ten spyte dat
> Kanata nou bekend is as Silicon Valley North.)
Ek kry lag as ek hierdie lees. Jy moet jouself hoor. Jy
het hoegenaamd geen perspektief op die onderwerp wat
onder bespreking is nie. Jy kan nie hierdie verveelde
jeug se dade vergelyk met dit wat in Suid Afrika gebeur
nie.
Stef
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Dis altyd groen aan die anderkant van die draad [boodskap #12275 is 'n antwoord op boodskap #12172] |
Thu, 22 January 1998 00:00   |
Johan N Potgieter
Boodskappe: 421 Geregistreer: December 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ek leef met min of meer dieselfde inkomste in dieselfde omstandighede
waarin ek tuis voel - dus kan ek vergelyk! Hier is net onder die drie
miljoen mense in die Twin Cities metropool. Moenie lag nie - word wakker -
hier is 'n ander demografiese samestelling en minder geweld en misdaad:
dit laat 'n mens dink, né. Misdaad word nie hier geduld nie, maar in my
wit enklawe in Suid Afrika (Roodepoort) kon ek nie eers my voordeur laat
oopstaan nie!
O ja, die VSA is 'n wit enklawe, behalwe miskien vir die staat van Georgia
- en dis lekker om in so 'n plek te bly ! Stry, jy geniet dit ook maar!
Johan
> Nouja, Johan, dit is darem nou 'n uiterse
> geval van appels en lemoene vergelyk. Jy
> trek uit Johannesburg uit en gaan na Minnesota.
> Moenie laat ek lag nie. Hoe gaan dit in die
> agterbuurtes van Chicago? In New York, in Los
> Angeles? Dis waarmee jy Johannesburg moet
> vergelyk. Hoeveel is die bevolking van Minnesota?
> Ek sweer minder as in die stad Johannesburg en sy
> onmiddellike voorstede. Ek neem ook aan jy lewe
> in een van die wit enklaves in die VSA. Ek weet,
> ook hier in Kanada is die wittes geneig om in
> die wit enklaves te leef. Die minder gegoedes
> is diegene wat ly onder die aanvalle van die onder-
> wereld se bendes, wat in baie gevalle uit die Ooste
> en Rusland en verskillende ander lande hierheen
> kom. Moenie maak of die hele VSA is soos dit in
> Minnesota is nie.
|
|
|
|
|
Re: Dis altyd groen aan die anderkant van die draad [boodskap #12286 is 'n antwoord op boodskap #12172] |
Fri, 23 January 1998 00:00   |
Johan N Potgieter
Boodskappe: 421 Geregistreer: December 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Veels geluk, Gloudina!
Nee, ek kruip nie orals in waar dit stink en vuil is nie. Ek sorg dat ek
dit om myself skoon hou en omring my met mense wat die selfde
waardestelsels handhaaf. Eerder as om op die lelike in die lewe te fokus,
verkies ek om positief te bly. Ek vermy sover ek kan die vuil in die lewe,
maar ek sluit nie my oë daarvoor nie en behou belangstelling genoeg om te
weet wat in die wereld aangaan.
Was jy al hier in Eagan , Gloudina, waar alles skoon is, alles werk, die
mense vriendelik en ontspanne is, misdaad so laag is dat motors aangeskakel
voor Byerly's staan en wag terwyl die bestuurders binne gaan koffie koop,
waar takbokke in groot oop stukke veld tussen ons townhomes loop ...?
Kom kyk hier Gloudina, na hoe dit is om beskaaf te leef ...
> Johan, ek woon al vir baie lank in Kanada,
> altesaam, in twee sarsies, oor die dertig
> jaar. Ek neem aan dat ek meer van die VSA
> gesien het as jy. Was jy al in downtown
> Detroit, die minder gegoede buurtes van
> Chicago, die Lower East Side van Manhattan?
>
> Gloudina
>
|
|
|
|
|
Re: Dis altyd groen aan die anderkant van die draad [boodskap #12306 is 'n antwoord op boodskap #12172] |
Sat, 24 January 1998 00:00   |
ferdinand
Boodskappe: 1462 Geregistreer: September 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On 23 Jan 1998 18:19:50 GMT, "Knormoer" wrote:
[/color]
> Is dieselfde as die SAPD s'n.>>
Wat beteken dit? Is dit die Polisie s'n of is dit "soos die Polisie
s'n"? Indien die tweede geval, wie s'n is dit?
[/color]
> Lees die thread.>>>>
Ek het. Dis hoekom ek geantwoord het.
Die vraag staan steeds. Plaas dit is die groter konteks. Dis nou die
een van n verlede van beskermde enklaves, swart gebiede wat erg
afgeskeep en swak gepolisieer word (en later selfs aspris in geweld
gedompel word), werkloosheid, armoede en n traumatiese sosiale
omwenteling wat in effek n revolusie uitmaak.
En ook in die konteks van toenemende misdaad in die laaste dekade van
die apartheidstydperk.
En somme ook die polisie wat in die 80's toenemend gedomoraliseer,
onderbetaal (ja, die 80's) en gepolitiseer was.
| ooreenkom nie?[/color]
>
> Of die SAPD lieg en maak die misdaad om een of ander weird rede erger as
> wat dit is of jy's maar net lucky. Syfers vir JHB ingesluit.>>>
Probeer jy se jy verwerp ondervinding ten gunste van syfers saamgevat
in iemand ander se artikel wat vir reg klink?
[/color]
> Ek is nie 'n statistikus nie, so ek weet nie die kriteria nie>>>
Dis nie n statistieke vraag nie. Eerder n geografiese een.
Ek sou dink siende dat jy so goed ingelig is presies oor hoe kak SA is
en siende dat jy met soveer gesag vergelykings met ander lande inspan,
dat jy darem die name van n paar van daai lande sal ken.
Lyk my ek was verkeerd.
| eenvoudig sonder vrae?[/color]
>
> Die syfers kom nogal goed ooreen met die SAPD se syfers of hoe? Hou in
> gedagte dat dit die aantal aangemelde moorde is. Op daai site skat hulle
> die onaangemelde moorde op so 22%, wat dit nog erger sal maak. >>>
Ek het oor die ander lande se syfers gevra. Dis nou die lande met wie
jy SA met soveel insig vergelyk.
|
|
|
|
Re: Dis altyd groen aan die anderkant van die draad [boodskap #12333 is 'n antwoord op boodskap #12172] |
Mon, 26 January 1998 00:00   |
G.B.
Boodskappe: 2172 Geregistreer: May 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Lou writes:
>> (2) In die burgeroorlog wat in SA gewoed het
>> voor 1990, was ek aan die wenkant. Aan
>> watter kant was jy.
>
> Jy het gewaai ou sus. Jy was aan geen kant nie.
Ou Lou, dit wys net hoe dom mense soos jy
is. Die stryd teen die apartheidsvarke is
binne en buite SA geveg, en is deur mense
binne en buite SA gewen. Een rede hoekom
die apartheidsvarke verloor het, was omdat
hulle nie verstaan het hoe dinge werk nie.
Domheid. Dit is wat hulle tot 'n val gebring
het. Domheid.
>> (3) Jy gebruik 'n taal anders as Afrikaans om
>> jou opinie uit te spreek op die Afrikaanse
>> nuusgroep. Is jou taal nie goed genoeg vir
>> jou nie.
>
> Se^ iemand wat se huistaal nie afrikaans is nie?
Daar is baie goeie Afrikaners in SA wie se
huistaal nie Afrikaans is nie, omdat hulle
onder andere met mense getroud is wat nie
Afrikaans is nie. Een van die mense in SA
wat van die suiwerste Afrikaans gebruik in
sy korrespondensie met my, het nie Afrikaans
as sy huistaal nie.
As iemand op die AFRIKAANSE nuusgroep egter
knaend Engelse idiome gebruik, begin 'n mens
wonder. Mens wonder veral, as die persoon regse
opinies verkondig. Wat gaan aan? Is ek onder
'n verkeerde indruk dat reaksionere regses in
SA nie veel kan omgee vir Afrikaans nie? Ek weet
daar is reaksionere Engelse en Duitse en Poolse
en wie weet wat se regses in SA. Maar as hulle
klink asof hulle Afrikaners is, gee hulle nie om
vir die voortbestaan en die suiwerheid van hulle
taal nie?
Gloudina
|
|
|
Re: Dis altyd groen aan die anderkant van die draad [boodskap #12348 is 'n antwoord op boodskap #12172] |
Tue, 27 January 1998 00:00   |
Ding!
Boodskappe: 320 Geregistreer: December 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
@igs.net wrote:
>
> Lou writes:
>>> (2) In die burgeroorlog wat in SA gewoed het
>>> voor 1990, was ek aan die wenkant. Aan
>>> watter kant was jy.
>>
>> Jy het gewaai ou sus. Jy was aan geen kant nie.
>
> Ou Lou, dit wys net hoe dom mense soos jy
> is. Die stryd teen die apartheidsvarke is
> binne en buite SA geveg, en is deur mense
> binne en buite SA gewen. Een rede hoekom
> die apartheidsvarke verloor het, was omdat
> hulle nie verstaan het hoe dinge werk nie.
> Domheid. Dit is wat hulle tot 'n val gebring
> het. Domheid.
Ek herhaal jy het gewaai - jy was nie aan enige kant nie, jy het jy kop
onder die sneeu gaan begrawe in Kanada. Jy was te banggat om te staan by
jou "beginsels" en nou staan jy ver weg en klippe gooi en toi-toi en
slaan op jou bors so asof jy 'n bydrae tot jou "Burgeroorlog" :D
gelewer het. Jy het jou taal versaak, jy het dit waarvoor jy "staan"
versaak. Maar diep binne voel jy soos 'n vark daaroor. Geniet dit.
Vertel jy ons dan ook sommer hoe dinge nou eintlik werk? En wat jy sou
gedoen het as jy 'n apartheids vark was?
>
>>> (3) Jy gebruik 'n taal anders as Afrikaans om
>>> jou opinie uit te spreek op die Afrikaanse
>>> nuusgroep. Is jou taal nie goed genoeg vir
>>> jou nie.
>>
>> Se^ iemand wat se huistaal nie afrikaans is nie?
>
> Daar is baie goeie Afrikaners in SA wie se
> huistaal nie Afrikaans is nie, omdat hulle
> onder andere met mense getroud is wat nie
> Afrikaans is nie. Een van die mense in SA
> wat van die suiwerste Afrikaans gebruik in
> sy korrespondensie met my, het nie Afrikaans
> as sy huistaal nie.
Ok hier gaan ons weer - wat is die definisie van afrikaner - iemand wat
ten minste Afrikaans as huistaal het. Net omdat ek hoofsaaklik engels op
kantoor praat maak dit my nie Engels nie. Maar jy glip weer van die punt
af - jy waag om mense te kritiseer wat as Afrikaans sprekendes Engels
praat?
> As iemand op die AFRIKAANSE nuusgroep egter
> knaend Engelse idiome gebruik, begin 'n mens
> wonder. Mens wonder veral, as die persoon regse
> opinies verkondig. Wat gaan aan? Is ek onder
> 'n verkeerde indruk dat reaksionere regses in
> SA nie veel kan omgee vir Afrikaans nie? Ek weet
> daar is reaksionere Engelse en Duitse en Poolse
> en wie weet wat se regses in SA. Maar as hulle
> klink asof hulle Afrikaners is, gee hulle nie om
> vir die voortbestaan en die suiwerheid van hulle
> taal nie?
>
> Gloudina
>
Weer jou definisie van Afrikaner. EN miskien bietjie dink Maar om terug
te keer na die punt - jy kritiseer mense oordat hulle engels gebruik
terwyl jy dit self nie aan huis praat nie.
Oor die verkeerde indruk - jy het meestal die kat aan die stert beet.
(Afrikaanse idioom net vir jou :D ). As iemand regs is, is hy nie
noodwendig 'n Afrikaner of afrikaans sprekend nie, verstaan jy dit of is
jy 'n bietjie dig vanmore?
Cheers
Lou
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Dis altyd groen aan die anderkant van die draad [boodskap #12428 is 'n antwoord op boodskap #12172] |
Sun, 01 February 1998 00:00  |
Johan N Potgieter
Boodskappe: 421 Geregistreer: December 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ferdie
Gee nie om waar ek bly nie - ek bly 'n Afrikaanssprekende wat dit geniet om
sieninge met ander Afrikaanssprekendes uit te ruil!
Is hierdie NG net vir mense IN SA ?
>
> Wat natuurlik dieselfde soort vraag is as: "as dit so sleg is en jy
> padgegee het, hoekom karring jy nog op die nuusgroep in Afrikaans
> rond?"
>
|
|
|
Re: Dis altyd groen aan die anderkant van die draad [boodskap #12429 is 'n antwoord op boodskap #12172] |
Sun, 01 February 1998 00:00  |
ferdinand
Boodskappe: 1462 Geregistreer: September 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On 1 Feb 1998 03:36:46 GMT, "Johan" wrote:
Gee nie om waar ek bly nie - ek bly 'n Afrikaanssprekende wat dit geniet om[/color]
> sieninge met ander Afrikaanssprekendes uit te ruil!
> Is hierdie NG net vir mense IN SA ?>>
Koel.
Dan is dit mos OK ook vir Gloudina om in Kanada te bly waar haar
kinders grootgeword het, waar hulle werk en waar haar huis nou is
maar steeds n belang in SA het?
En as dit OK is dat jou belang in SA jou gal laat braak teen die land,
is dit mos OK dat haar belangstelling haar die hoopvolle dinge raak
raaksien, of hoe?
En dan is jou opmerking - wat eerste gekom het - mos stront?
|
|
|
Re: Dis altyd groen aan die anderkant van die draad [boodskap #12430 is 'n antwoord op boodskap #12172] |
Sun, 01 February 1998 00:00  |
Johan N Potgieter
Boodskappe: 421 Geregistreer: December 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
B, ek stem, ek was net baie geintereseerd in die ou dierasie wat so baie te
se het! Maar nou sien ek dit het niks met ons te doen nie. Hoekom dink jy
sou sy dan so baie te sê hê as dit niks met on te doen het nie!?! Miskien
het ek maar daar 'n ou teer puntjie aangeraak ...
B wrote in article ...
> Ag, los nou die ou seniele Kanadese tannie uit ! Sy is per slot van sake
> 'n legende vasgevang in die draaikolk van haar vergete verlede.
>
|
|
|
Re: Dis altyd groen aan die anderkant van die draad [boodskap #12431 is 'n antwoord op boodskap #12172] |
Sun, 01 February 1998 00:00  |
ferdinand
Boodskappe: 1462 Geregistreer: September 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On 1 Feb 1998 03:13:57 GMT, "Johan" wrote:
se het! Maar nou sien ek dit het niks met ons te doen nie. Hoekom dink jy[/color]
> sou sy dan so baie te sê hê as dit niks met on te doen het nie!?! Miskien
> het ek maar daar 'n ou teer puntjie aangeraak ...>>
Jy sit mos in die VSA, ne?
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Fri Mar 07 05:53:19 UTC 2025
|