Tuis » Taal » Ensiklopedie » Maasdorp, Christian George
Maasdorp, Christian George [boodskap #122800] |
Wed, 26 December 2018 09:27 |
 |
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Christian George Maasdorp was Regter-president van die Kaap. Op Malmesbury, Kaapland, gebore; broer van sir Andries Ferdinand Stockenstroom Maasdorp en ontvang opleiding in Graaff-Reinet en Londen. Hy word in 1871 toegelaat tot die Inner Temple en keer na die Kaap terug om daar in dieselfde jaar toegelaat te word. Nadat hy in Griekwaland-Wes en 3 jaar lank in die Oostelike Distrikte-hof gepraktiseer het, word hy in 1877 aangestel as Prokureur-generaal van Transvaal, maar bedank in 1880 en verhuis na Kaapstad. In 1885 word hy 'n regter van die Oostelike Distrikte-hof en in 1896 word hy verplaas na die Kaapse regbank. Na Unie-wording word hy aangestel as Regter-president van die Kaap en Appèlregter. In 1922 tree hy af en is in Mei 1926 oorlede.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Wed Feb 19 08:58:13 UTC 2025
|