|
Re: laaste boek gelees? [boodskap #12052 is 'n antwoord op boodskap #12051] |
Fri, 09 January 1998 00:00 |
Dries Venter
Boodskappe: 299 Geregistreer: January 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ek het net na Geloftedag weer al my FA Venter boeke gelees, hulle verlede
week klaargemaak. Voor dit het ek Vertellers II gelees. Ek wag nou vir PH
Nortje se Ken op die Kierie om deur die pos te kom. Ek het OOK Lord of the
Rings weer 'n slag gelees, Le Carre se Secret Pilgrim, en Douglas Adams se
Hitchhikers Guide trilogie.
Dries Venter
Pretoria
piet wrote in article
...
> Ek sal graag wil weet wat is die laaste Afrikaanse boek wat julle
> gelees het. Of lees niemand meer Afrikaanse boeke nie?
|
|
|
Re: laaste boek gelees? [boodskap #12066 is 'n antwoord op boodskap #12052] |
Sat, 10 January 1998 00:00 |
Frikkie van Greunen
Boodskappe: 3 Geregistreer: January 1998
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
piet wrote in message ...
> Ek sal graag wil weet wat is die laaste Afrikaanse boek wat julle
> gelees het. Of lees niemand meer Afrikaanse boeke nie?
>
Ek het relatief min tyd vir 'n lekker lang Afrikaanse roman, dus lees ek nou
en dan kort kragtige romans oor weermag en polisie.
Probeer gerus:
Hans du Plessis - disse flippn stukkende wereld die', my ou
Pieter Stofberg - Die hart van 'n hond
Etienne van Heerden - Om te awol
Gawie Kellerman - Wie de hel het jou vertel?
John Miles - Kroniek uit die doofpot (polisieroman)
en natuurlik Eben Venter se Witblitz
As ek tyd het, sou ek graag 'Die donner in Boetiefanie se kop' uit Wit Blitz
van Eben Venter, wou oordra na elkeen op die geselsprogram wat dit wou lees.
Mag ek dit doen? Wat van kopiereg?
Afrikaansgroete
Frik
|
|
|
Re: laaste boek gelees? [boodskap #12067 is 'n antwoord op boodskap #12052] |
Sat, 10 January 1998 00:00 |
ferdinand
Boodskappe: 1462 Geregistreer: September 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Fri, 09 Jan 1998 22:58:37 GMT, ja...@jakeworld.com (piet) wrote:
<<>Ek sal graag wil weet wat is die laaste Afrikaanse boek wat julle
> gelees het. Of lees niemand meer Afrikaanse boeke nie?>>
"Wat het geword van Peter Blum" deur JC Kannemeyer.
Great boek.
|
|
|
Re: laaste boek gelees? [boodskap #12074 is 'n antwoord op boodskap #12052] |
Sun, 11 January 1998 00:00 |
Alwyn Nel
Boodskappe: 174 Geregistreer: March 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
piet wrote in article
...
> Ek sal graag wil weet wat is die laaste Afrikaanse boek wat julle
> gelees het. Of lees niemand meer Afrikaanse boeke nie?
>
Piet, ek dink die laaste een wat ek gelees het was Bart Nel, in standerd
agt. Oeps nee wag, dan was daar Die Son Struikel in matriek.
Alwyn
|
|
|
Re: laaste boek gelees? [boodskap #12075 is 'n antwoord op boodskap #12052] |
Sun, 11 January 1998 00:00 |
Knormoer[1]
Boodskappe: 16 Geregistreer: July 1997
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
piet wrote in article
...
| Ek sal graag wil weet wat is die laaste Afrikaanse boek wat julle
| gelees het. Of lees niemand meer Afrikaanse boeke nie?
|
|
Triomf deur Marlene van Niekerk
|
|
|
Re: laaste boek gelees? [boodskap #12086 is 'n antwoord op boodskap #12052] |
Mon, 12 January 1998 00:00 |
Jan Grootenhuis
Boodskappe: 16 Geregistreer: May 1996
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
"Alwyn Nel" wrote:
> piet wrote in article
> ...
>> Ek sal graag wil weet wat is die laaste Afrikaanse boek wat julle
>> gelees het. Of lees niemand meer Afrikaanse boeke nie?
>>
> Piet, ek dink die laaste een wat ek gelees het was Bart Nel, in standerd
> agt. Oeps nee wag, dan was daar Die Son Struikel in matriek.
> Alwyn
Nee, magtag man, dis darem pateties. Daar het 'n hele wereld van boeke
intussen verskyn.
|
|
|
Re: laaste boek gelees? [boodskap #12099 is 'n antwoord op boodskap #12052] |
Tue, 13 January 1998 00:00 |
Wolfgang
Boodskappe: 16 Geregistreer: January 1998
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Skryf iemand nog Afrikaanse boeke? Dit het - laast toe ek gekyk het - mode
geword om boheems en Ingelse woorde te gebruik. Dankie Breyten, Ou Buddie
;-) Dank Vader vir my Langenhovens ... wens ek het 'n FAK hier in die
vreemde gehad.
> piet ............. Of lees niemand meer Afrikaanse
boeke nie?
|
|
|
Re: laaste boek gelees? [boodskap #12130 is 'n antwoord op boodskap #12052] |
Thu, 15 January 1998 00:00 |
FanTim[2]
Boodskappe: 14 Geregistreer: December 1997
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
piet wrote in message ...
|>Piet, ek dink die laaste een wat ek gelees het was Bart Nel, in standerd
|>agt. Oeps nee wag, dan was daar Die Son Struikel in matriek.
Die Son struikel het my omtrent vir ewig van afrikaanse boeke afgesit.
Die laaste een wat ek gelees het was so 6 maande gelede, 'n
versameling van C.J. Langenhoven, ou sagmoedige Neelsie.
FanTim
|
|
|
Re: laaste boek gelees? [boodskap #12145 is 'n antwoord op boodskap #12052] |
Fri, 16 January 1998 00:00 |
Marie Pieterse
Boodskappe: 1 Geregistreer: January 1998
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
piet wrote:
>
> Ek sal graag wil weet wat is die laaste Afrikaanse boek wat julle
> gelees het. Of lees niemand meer Afrikaanse boeke nie?
Ons is te vlak om te lees!
|
|
|
Re: laaste boek gelees? [boodskap #12180 is 'n antwoord op boodskap #12052] |
Sun, 18 January 1998 00:00 |
Johan N Potgieter
Boodskappe: 421 Geregistreer: December 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Klink so of Bart Nel en Son Struikel gelees is deur iemand wat in 1975 in
Matriek was ??
> |>Piet, ek dink die laaste een wat ek gelees het was Bart Nel, in standerd
> |>agt. Oeps nee wag, dan was daar Die Son Struikel in matriek.
>
> Die Son struikel het my omtrent vir ewig van afrikaanse boeke afgesit.
> Die laaste een wat ek gelees het was so 6 maande gelede, 'n
|
|
|
Re: laaste boek gelees? [boodskap #12203 is 'n antwoord op boodskap #12052] |
Mon, 19 January 1998 00:00 |
andr...
Boodskappe: 62 Geregistreer: September 1997
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Of miskien in 1986?
Johan wrote in message ...
> Klink so of Bart Nel en Son Struikel gelees is deur iemand wat in 1975 in
> Matriek was ??
>
>> |>Piet, ek dink die laaste een wat ek gelees het was Bart Nel, in standerd
>> |>agt. Oeps nee wag, dan was daar Die Son Struikel in matriek.
>>
>> Die Son struikel het my omtrent vir ewig van afrikaanse boeke afgesit.
>> Die laaste een wat ek gelees het was so 6 maande gelede, 'n
>
|
|
|
Re: laaste boek gelees? [boodskap #12225 is 'n antwoord op boodskap #12052] |
Tue, 20 January 1998 00:00 |
Gideon
Boodskappe: 194 Geregistreer: January 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Wolfgang wrote in message ...
> Skryf iemand nog Afrikaanse boeke? Dit het - laast toe ek gekyk het - mode
> geword om boheems en Ingelse woorde te gebruik. Dankie Breyten, Ou Buddie
> ;-) Dank Vader vir my Langenhovens ... wens ek het 'n FAK hier in die
> vreemde gehad.
Hmmm... wel. Ek gee nie om vir die Engels tussen die Afrikaans nie. Ek hou
van lekkerlees Afrikaans wat nie aanstellerig probeer wees nie. Die
lekkerste boeke vir my is dié wat Afrikaans het wat nog leef in die
volksmand en nie net geuiter word in die gange van Akademie nie.
-Gideon-
|
|
|
Re: laaste boek gelees? [boodskap #12260 is 'n antwoord op boodskap #12052] |
Thu, 22 January 1998 00:00 |
Nico Smith
Boodskappe: 2 Geregistreer: January 1998
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Ek was in 1978 in matriek en moes ook my pad deur die twee geskrifte
martel.
Johan wrote in article
...
> Klink so of Bart Nel en Son Struikel gelees is deur iemand wat in 1975 in
> Matriek was ??
|
|
|
Re: laaste boek gelees? [boodskap #12261 is 'n antwoord op boodskap #12052] |
Thu, 22 January 1998 00:00 |
Alwyn Nel
Boodskappe: 174 Geregistreer: March 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
André wrote in article ...
> Of miskien in 1986?
>
1977 om presies te wees :-)
Alwyn
> Johan wrote in message ...
>> Klink so of Bart Nel en Son Struikel gelees is deur iemand wat in 1975 in
>> Matriek was ??
>>
>
|
|
|