Tuis » Taal » Ensiklopedie » Castle-redery
Castle-redery [boodskap #121416] |
Fri, 30 November 2018 06:14 |
 |
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Castle-redery was 'n stoomboot-redery gestig in 1872 toe sir Donald Currie die gehuurde "Iceland" na Kaapstad gestuur het. Die naam is in 1876 amptelik aanvaar toe die poskontrak verdeel is tussen die Castle- en Union-rederye. Wedywering tussen die twee ondernemings is in 1900 beëindig met hulle samesmelting in die Union-Castle-redery. In daardie stadium het die Castle-redery oor 20 skepe beskik, met 'n totale tonnemaat van 108,886.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Thu Feb 20 21:38:11 UTC 2025
|