Tuis » Taal » Ensiklopedie » Bunting, Brian
Bunting, Brian [boodskap #121354] |
Tue, 27 November 2018 16:28 |
 |
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Brian Bunting was 'n politikus en joernalis. In 1920 in Johannesburg gebore as die seun van S.P. Bunting, 'n stigter van die Kommuniste-Party in Suid-Afrika. Studeer aan die Hoërskool Jeppe en aan die Universiteit Witwatersrand. Hy beëindig sy joernalistieke loopbaan aan die Rand Daily Mail deur aan te sluit by die Inligtingsafdeling van die Suid-Afrikaanse Lugmag tydens die Tweede Wêreldoorlog. Ná die oorlog werk hy vir die Springboklegioen en in 1946 sluit hy aan by die personeel van die Guardian, orgaan van die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party, en in 1948 word hy redakteur. In 1952 word hy gekies as Naturelleverteenwoordiger vir Wes-Kaapland in die Parlement, maar verloor sy setel weens wetgewing teen Kommunisme. In 1963 vertrek hy na Engeland.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Wed Feb 19 08:58:11 UTC 2025
|