Tuis » Taal » Ensiklopedie » Brown, Mev. John
Brown, Mev. John [boodskap #121330] |
Ma., 26 November 2018 19:04 |
 |
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Mev. John Brown was 'n Suid-Afrikaanse hervormer en propagandis vir vroueregte. Op 20 Julie 1847 gebore as Mary Solomon, dogter van Henry Solomon en niggie van die Kaapse parlementariër, Saul Solomon. Op 19 jarige ouderdom trou sy met dr. John Brown en begin met haar werk op Fraserburg. In 1876 vestig hulle hulle in Brittanje waar sy meer as 20 jaar lank onder die werkersklas van Lancashire werk. In 1905 keer sy terug na Suid-Afrika en bestee die meeste van haar tyd aan matigheidsbewegings, rasseprobleme, verligting van die ontberings van die Tweede Vryheidsoorlog en groter voorregte vir vroue. Oorlede in 1935.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Do. Apr. 24 06:30:02 UTC 2025
|