Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die realiteite van hongersnood
Die realiteite van hongersnood [boodskap #12070] Sa, 10 Januarie 1998 00:00 na volgende boodskap
M.Kruger  is tans af-lyn  M.Kruger
Boodskappe: 91
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Volle Lid
Die Oos-Kaap se bevryding se eerste openbare baba is toe gebore, met 800
000 mense wat die rekening daarvoor moet betaal. Op grondvlak is dit 'n
aandoenlike gesig.
Verslaentheid, skok, duisende gesinne wat verdwaas omdraai by betaalpunte
en dreigemente aan winkeliers dat die winkels oopgebreek en geplunder sal
word, indien die winkeliers nie die mense wil help nie.

Internasionale organisasies betreur die tragedie, maar weens 'n
tussen-lande ooreenkoms, kan geen verantwoordelikheid aanvaar word vir 'n
regering van 'n land se foute nie. Slegs natuurrampe kwalifiseer vir
voedsel hulp.

Die tragedie kring ver en wyd uit. Totale Oos-Kaap dorpe se ekonomiese
lewe is besig om in duie te stort; ouetehuise moet sluit; Gestremdes, wat
versorging van familie ontvang het, weens die ongeskiktheidspensioen wat
hulle ontvang het, word verwerp met geen heenkome nie; Kinders wat
aangeneem was omdat 'n kindertoelaag vir so 'n kind betaal is, word
uitgeskop; Nee, moenie intellektueel probeer om die menslike tragedie wat
hier beskryf word, weg te praat nie. Hier op grondvlak is die ergste skande
in hierdie land se geskiedenis besig om te gebeur: met of sonder die
media-dekking. Die pyn is onbeskryflik - die ellende ken geen naam nie.

Winkeliers in dorpe word gedreig met inbrake en plundering deur ANC
optoggangers met luidsprekers, indien die mense nie gehelp word nie. Die
regering word nie blameer nie en die sakemanne word met die dood gedreig
omdat die blaps van die regering nie deur die winkeliers oorgeneem word
nie. Kan enige iemand op hierdie nuusgroep hulp aanbied, of gaan almal
hierdie skrywe ignoreer, omdat die verleentheid te groot is, en ellende nie
intellektueel verskoon kan word nie?
Waar is die slimmes op die nuusgroep, asseblief.
Re: Die realiteite van hongersnood [boodskap #12092 is 'n antwoord op boodskap #12070] Ma, 12 Januarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 12 Jan 1998 08:37:31 +0100, "Leendert van Oostrum"
wrote:

Uniegebou in Pretoria en na die SABC in Johannesburg.>>[/color]

Reel dit Leendert en stap. Jy kort waarskynlik die oefening.
En vat Griet tog saam. Dan kan julle mekaar oppomp op pad soontoe.
Onthou om toebroodjies te vat ook.
Vat die hond ook saam.

By the way, ek dog jy kyk nie TV nie. Ek dag jy het nie eers n TV nie!
Re: Die realiteite van hongersnood [boodskap #12093 is 'n antwoord op boodskap #12070] Ma, 12 Januarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 10 Jan 1998 09:40:57 GMT, "griet" wrote:

hier beskryf word, weg te praat nie. Hier op grondvlak is die ergste skande[/color]
> in hierdie land se geskiedenis besig om te gebeur: met of sonder die
> media-dekking. Die pyn is onbeskryflik - die ellende ken geen naam nie.>>

Ook nie die bullshit nie.

Ek kom nou net van die Oos-Kaap af en het niks daarvan gesien nie.

(Maar dalk praat jy van Dimbaza en die talle soortgelyke gevalle van
die laat jare sestig en daarna? Of van die honderde plaaswerkers wat
dorp toe getrek het nadat hulle deur blanke boere van hul grond
afgegooi was voor die wetgewing in werking getree het wat hulle
verblyfreg na dekades op die plase probeer formaliseer het?
Maar dis n ou storie. Dit gebeur as die afgelope twee jaar al.)

By the way, waarvandaam kom die geweldige propaganda-aanslae van mense
soos jy deesdae? Glo julle mense gaan opstand kom ook ou PW tronk toe
kan gaan? Wil julle de gevoelend daaromheen opsweep?
Laat was daar Bop vir julle om in te val.
Nou is daar .uh.... ...wel.... Leendert se optog Parlement toe?
Re: Die realiteite van hongersnood [boodskap #12094 is 'n antwoord op boodskap #12070] Ma, 12 Januarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
griet wrote in message ...
> Die Oos-Kaap se bevryding se eerste openbare baba is toe gebore, met 800
> 000 mense wat die rekening daarvoor moet betaal. Op grondvlak is dit 'n
> aandoenlike gesig.
> Verslaentheid, skok, duisende gesinne wat verdwaas omdraai by betaalpunte
> en dreigemente aan winkeliers dat die winkels oopgebreek en geplunder sal
> word, indien die winkeliers nie die mense wil help nie.

>
> Internasionale organisasies betreur die tragedie, maar weens 'n
> tussen-lande ooreenkoms, kan geen verantwoordelikheid aanvaar word vir 'n
> regering van 'n land se foute nie. Slegs natuurrampe kwalifiseer vir
> voedsel hulp.

Die impak van hierdie ding is groter as die aardbewing in China.

>
> Die tragedie kring ver en wyd uit. Totale Oos-Kaap dorpe se ekonomiese
> lewe is besig om in duie te stort; ouetehuise moet sluit; Gestremdes, wat
> versorging van familie ontvang het, weens die ongeskiktheidspensioen wat
> hulle ontvang het, word verwerp met geen heenkome nie; Kinders wat
> aangeneem was omdat 'n kindertoelaag vir so 'n kind betaal is, word
> uitgeskop; Nee, moenie intellektueel probeer om die menslike tragedie wat
> hier beskryf word, weg te praat nie. Hier op grondvlak is die ergste skande
> in hierdie land se geskiedenis besig om te gebeur: met of sonder die
> media-dekking. Die pyn is onbeskryflik - die ellende ken geen naam nie.
>
> Winkeliers in dorpe word gedreig met inbrake en plundering deur ANC
> optoggangers met luidsprekers, indien die mense nie gehelp word nie. Die
> regering word nie blameer nie

Natuurlik nie. Dis 'n legacy of apartheid!

Wat my bekommer oor die ding is dat dit so goed geloop het asof dit beplan
was. Die oumense, gestremdes, ens. is nie eens gewaarsku dat hul pensioene
nie uitbetaal gaan word nie. Baie van daardie mense bêre die laaste sente
van die toelaag vir die taxigeld na die poskantoor om die pensioen te gaan
haal. Hulle kan nie eens by die huis kom nie. Iemand moes tog voor die tyd
geweet het wat gaan gebeur? Maar nie _een_ amptenaar of politikus het alarm
gemaak nie.

Die eerste tenatiewe waarskuwing het eers oor die laatnuus die aand tevore
gekom.

> en die sakemanne word met die dood gedreig
> omdat die blaps van die regering nie deur die winkeliers oorgeneem word
> nie.

Dis nie 'n blaps nie. Dis massa-eutanasie. Soos jy uitwys, dis die
noodwendige verloop van die struggle. Ek het eendag in 'n saal sit en
luister hoe Harold Wolpe (van Rivonia, onthou? Maar hierdie was 1992. Hy was
toe professor by UWK) verduidelik dat die nuwe SA nie gebou kan word voordat
al die ou strukture nie tot in die fondament afgebreek is nie.

> Kan enige iemand op hierdie nuusgroep hulp aanbied, of gaan almal
> hierdie skrywe ignoreer, omdat die verleentheid te groot is, en ellende nie
> intellektueel verskoon kan word nie?

Dit gaan nie help om iets te pos nie. Die poskantoor sal dit nie kan hanteer
nie, en die posdiefstalle sal fenomenaal wees. (Selfs leserskring en
Readers' Digest het nou hul eie verspreidingsnetwerke op die been gebring,
eerder as om die posdiens te gebruik - en hulle lewer nog by jou huis af.)

Al waaraan ek kan dink is optogte na die parlement in Kaapstad, na die
Uniegebou in Pretoria en na die SABC in Johannesburg.

1) Die SABC moet ophou om die regering te loof en begin rapporteer wat
werklik gebeur.

2) Geraldine Fraser-Moleketi moet gaan sit en begin tjeks teken

3) Dit wat oor is van die lugmag en die leër moet gaan aflewer - as die
misrabele Modise dit in hom het om 'n opdrag te gee.

> Waar is die slimmes op die nuusgroep, asseblief.

In Ontario. En hulle wag dat seuns in tronke papgeslaan word.

En watch mooi. Voor ons weet sal ons uit daardie rigting ook verneem dat
"Ontario se sosiale dienste verval ook maar".

Ek is game vir 'n optog in Pretoria - as Beeld die nuus sal versprei.

Voorstelle?

Leendert
Re: Die realiteite van hongersnood [boodskap #12102 is 'n antwoord op boodskap #12070] Di, 13 Januarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote:
>
> On 10 Jan 1998 09:40:57 GMT, "griet" wrote:
>
> > hier beskryf word, weg te praat nie. Hier op grondvlak is die ergste skande
>> in hierdie land se geskiedenis besig om te gebeur: met of sonder die
>> media-dekking. Die pyn is onbeskryflik - die ellende ken geen naam nie.>>
>
> Ook nie die bullshit nie.

So jy sê dus hulle kan maar die pensioen uitbetalings stop? Dat daar
nie 'n klomp mense sonder kos sit omdat een of ander fat cat op die
gravy train opgefok het terwyl miljoene rande elke maand aan spook
wernemers van die staat uitbetaal word nie? OK

>
> Ek kom nou net van die Oos-Kaap af en het niks daarvan gesien nie.

Dit sê baie van hoeveel jy sien, ne Koos? Of sal ek sê mense soos jy
sien.(Sien ek kan ook allerhande vae nikssegende 'mense soos jy'
aanhalings maak)

>
> (Maar dalk praat jy van Dimbaza en die talle soortgelyke gevalle van
> die laat jare sestig en daarna? Of van die honderde plaaswerkers wat
> dorp toe getrek het nadat hulle deur blanke boere van hul grond
> afgegooi was voor die wetgewing in werking getree het wat hulle
> verblyfreg na dekades op die plase probeer formaliseer het?
> Maar dis n ou storie. Dit gebeur as die afgelope twee jaar al.)
>

Goeie taktiek - verander die onderwerp.

Cheers
Lou
Re: Die realiteite van hongersnood [boodskap #12103 is 'n antwoord op boodskap #12070] Di, 13 Januarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
ferd...@icon.co.za (Ferdi ) writes: > On 10 Jan 1998 09:40:57 GMT, "griet" wrote:
>
> > hier beskryf word, weg te praat nie. Hier op grondvlak is die ergste skande
>> in hierdie land se geskiedenis besig om te gebeur: met of sonder die
>> media-dekking. Die pyn is onbeskryflik - die ellende ken geen naam nie.>>
>
> Ook nie die bullshit nie.
>
> Ek kom nou net van die Oos-Kaap af en het niks daarvan gesien nie.

My seun is nou terug in Kanada, na hy 'n hele
jaar in Kaapstad studeer het, en taamlik rondgery
het, onder andere op 'n plaas in die Vrystaat
gaan kuier het. Wanneer ek hom ondervra, vertel
hy van die een insident van hy op die hawefront
in Kaapstad gesien het - 'n ou met 'n meswond op
'n Vrydagaand. Dis die enigste gewelddaad wat
hy gesien het. Nou ek twyfel nie aan die realiteit
van die geweld in SA nie. Maar ek dink 'n hele
klomp van die trompetter van 'n sekere soort mens
in SA is om politieke gewin, en ek is moeg daarvan.
As Griet van die "menslike tragedie" wat nou in
SA afspeel praat as die ergste in SA geskiedenis,
dan praat sy net eenvoudig onsin. Nie alleen was
die misdade van die apartheidsregime erger nie,
Ook die lyding in die konsentrasiekampe van die
Boere-oorlog was erger.

Gloudina
Re: Die realiteite van hongersnood [boodskap #12104 is 'n antwoord op boodskap #12070] Di, 13 Januarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 13 Jan 1998 08:36:26 +0200, Lou wrote:

Ook nie die bullshit nie.
>
> So jy sê dus hulle kan maar die pensioen uitbetalings stop? Dat daar
> nie 'n klomp mense sonder kos sit omdat een of ander fat cat op die
> gravy train opgefok het terwyl miljoene rande elke maand aan spook
> wernemers van die staat uitbetaal word nie? OK>>

Hou jou by die onderwerp. Jy is dan so n stickler daarvoor.
Dis nogal snaaks om jou laaste opmerking te lees na jou reaksie
hierbo.

Dit sê baie van hoeveel jy sien, ne Koos? Of sal ek sê mense soos jy[/color]
> sien.(Sien ek kan ook allerhande vae nikssegende 'mense soos jy'
> aanhalings maak) >>

En jou reaksie, ou Flou, is nogal pikant seeing dat jy nie eers naby
die provinsie was nie, ne?
Reageer jy dus maar net na n besoek aan die ideologiese landskap in
jou kop of wat?
Re: Die realiteite van hongersnood [boodskap #12110 is 'n antwoord op boodskap #12070] Wo, 14 Januarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote:
>
> ferd...@icon.co.za (Ferdi ) writes: > On 10 Jan 1998 09:40:57 GMT, "griet" wrote:
>>
>> >> hier beskryf word, weg te praat nie. Hier op grondvlak is die ergste skande
>>> in hierdie land se geskiedenis besig om te gebeur: met of sonder die
>>> media-dekking. Die pyn is onbeskryflik - die ellende ken geen naam nie.>>
>>
>> Ook nie die bullshit nie.
>>
>> Ek kom nou net van die Oos-Kaap af en het niks daarvan gesien nie.
>
> My seun is nou terug in Kanada, na hy 'n hele
> jaar in Kaapstad studeer het, en taamlik rondgery
> het, onder andere op 'n plaas in die Vrystaat
> gaan kuier het. Wanneer ek hom ondervra, vertel
> hy van die een insident van hy op die hawefront
> in Kaapstad gesien het - 'n ou met 'n meswond op
> 'n Vrydagaand. Dis die enigste gewelddaad wat
> hy gesien het. Nou ek twyfel nie aan die realiteit
> van die geweld in SA nie. Maar ek dink 'n hele
> klomp van die trompetter van 'n sekere soort mens
> in SA is om politieke gewin, en ek is moeg daarvan.
> As Griet van die "menslike tragedie" wat nou in
> SA afspeel praat as die ergste in SA geskiedenis,
> dan praat sy net eenvoudig onsin. Nie alleen was
> die misdade van die apartheidsregime erger nie,
> Ook die lyding in die konsentrasiekampe van die
> Boere-oorlog was erger.
>
> Gloudina

Reg genoeg - as jy in die regte areas bly sien jy nie te veel misdaad
nie. Die feit dat jou seun hier kon bly sonder om 'enige' misdaad te
sien wys maar net dat hy in die 'regte' plekke beweeg het. Dit se
bokkerol van hoeveel misdaad of hoe erg dit is. Die misdaad is in die
areas waar ons ryker mense uitbly, middestad, tradisioneel swart
gebiede, highjack hotspots ens.

Griet se menslike tragedie is oor die oos Kaapse provinsiale regering
dit reg gekry het om niks - soos in R0,00 - geld beskikbaar te he om
maatskaplike pensioene te betaal. Ek dink nie dis nodig om te
verduidelik in hoe 'n penarie meeste van die mense is nie. As jy nie kos
het nie, wat doen jy. Steel want jy moet eet of doodgaan. Die groot
tragedie is dat die regering in die gebied kon toelaat dat so iets
gebeur? Waar is die beplanning - prioriteite. En ek wed jou nou hier -
nie 'n kop sal rol nie!

Cheers
Lou

PS: En watch maar - hulle gaan dit op apartheid blameer!
Re: Die realiteite van hongersnood [boodskap #12131 is 'n antwoord op boodskap #12070] Do, 15 Januarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
andr...  is tans af-lyn  andr...
Boodskappe: 62
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Volle Lid
Siestog! Hoveel het jy die laaste tyd in Kanada gesien? Is jy werklik so
naief om te dink die geweld statistieke word uit een of ander koerant man se
duim gesuig? Ek het gelukkig nie enige voorvalle self gesien nie maar gaan
maak gerus 'n draai in die hospitaal ek kyk hoe lê die gewondes daar.

Word wakker. Moet nie aan die anderkant van die wereld sit en ons wat hier
bly probeer inlig oor jou fantasië nie. Kom bly hier en sê my na 'n jaar of
veilig voel as jy die oggend werk toe ry.

Andre

>
> My seun is nou terug in Kanada, na hy 'n hele
> jaar in Kaapstad studeer het, en taamlik rondgery
> het, onder andere op 'n plaas in die Vrystaat
> gaan kuier het. Wanneer ek hom ondervra, vertel
> hy van die een insident van hy op die hawefront
> in Kaapstad gesien het - 'n ou met 'n meswond op
> 'n Vrydagaand. Dis die enigste gewelddaad wat
> hy gesien het. Nou ek twyfel nie aan die realiteit
> van die geweld in SA nie. Maar ek dink 'n hele
> klomp van die trompetter van 'n sekere soort mens
> in SA is om politieke gewin, en ek is moeg daarvan.
> As Griet van die "menslike tragedie" wat nou in
> SA afspeel praat as die ergste in SA geskiedenis,
> dan praat sy net eenvoudig onsin. Nie alleen was
> die misdade van die apartheidsregime erger nie,
> Ook die lyding in die konsentrasiekampe van die
> Boere-oorlog was erger.
>
> Gloudina
Re: Die realiteite van hongersnood [boodskap #12132 is 'n antwoord op boodskap #12070] Do, 15 Januarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Key Bored  is tans af-lyn  Key Bored
Boodskappe: 84
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Volle Lid
Lou wrote:

> Griet se menslike tragedie is oor die oos Kaapse provinsiale regering
> dit reg gekry het om niks - soos in R0,00 - geld beskikbaar te he om
> maatskaplike pensioene te betaal. Ek dink nie dis nodig om te
> verduidelik in hoe 'n penarie meeste van die mense is nie. As jy nie kos
> het nie, wat doen jy. Steel want jy moet eet of doodgaan. Die groot
> tragedie is dat die regering in die gebied kon toelaat dat so iets
> gebeur? Waar is die beplanning - prioriteite. En ek wed jou nou hier -
> nie 'n kop sal rol nie!

Die vraag is wie se kop moet rol? Is dit Oos K provinsie, of hoe"r
op? Soos ons van Terror gereel het is provinsiale koppe nogal
expendable.

Ek weet nie of hulle apartheid hoef te blameer nie. Ek raai wild dat
dit die herstrukturering van die Dept in die provinsie is wat
geblameer gaan word. Die herstrukturering is natuurlik 'n nalatenskap
van Apartheid - onthou vir Kaiser en Lennox - wat beteken die
burokrasie kan nie onveranderd gelaat word nie. Hulle kap nou budgets
dat dit so goed gaan daar in die ooskaap. Probleem is die manier
waarop die hervorming geskied (van hier af lyk dit baie onbepland en
chaoties). Die tipe transformasie kan nie ordentlik gedoen word as
dit vinnig gedoen word nie. M.i. is die probleem op die ou end
onrealistiese timelines vir die veranderingsproses. Trevor-hulle se
begrotingsverandering wil alles binne die volgende jaar of wat
uitgesort he, mense moet zero-lined budgets binne belaglik kort tye
opstel, en die resultaat is noggal worrying by tye.

So miskien sal hulle 'n lekker konsultant kry om die sondebok te wees
8-)

Geraldine Fraser-Moleketi het gister/eergister in 'n persverklaring
gese die dept sal sorg dat mense werl hul Januarie geld kry. Sy wou
egter nie beloftes oor deadlines maak nie. No flies on geraldine 8-)

Dit is 'n groot fokop, juis omdat in die OK, nes in KZN, dit nie net
die pensioenarisse is nie, maar hul hele families wat van die geld
afhang. Steel is natuurlik nie die enigste uitweg nie; mense kan
darem goed plant en so aan ook.

Ek stem saam mens kan nie se dis die ergste in SA geskiedenis nie.
Ten minste is daai pensioene, wanneer mense hulle kry (wat darem
redelik gereeld is - dis waarom die glips nuus is ) baie meer as in
die verlede vir swart mense.

Andries
Re: Die realiteite van hongersnood [boodskap #12149 is 'n antwoord op boodskap #12070] Vr, 16 Januarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Lou wrote in message ...
> @igs.net wrote:
>>

> En ek wed jou nou hier -
> nie 'n kop sal rol nie!
>
> Cheers
> Lou
>
> PS: En watch maar - hulle gaan dit op apartheid blameer!

Hulle het al. Ook op hierdie nuusgroep.

Groete, Leendert
Re: Die realiteite van hongersnood [boodskap #12150 is 'n antwoord op boodskap #12070] Vr, 16 Januarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Key Bored wrote in message ...

> Ten minste is daai pensioene, wanneer mense hulle kry (wat darem
> redelik gereeld is - dis waarom die glips nuus is ) baie meer as in
> die verlede vir swart mense.

Hmmm..... As hulle dit kry.

In die vroeë tagtigerjare was daar verskillende ouderdomspensioene vir
"swartes", "kleurlinge", "indiërs" en "wittes".

Ek is erg aangeval hieroor in Griekeland, waar ek toe gebly het. 'n Mens het
nie eens probeer om dit te verdedig nie. Die aanvalle het egter gestaak toe
ek agterkom dat die ouderdomspensioen vir _"swartes"_ in SA was beduidend
hoër as die ouderdomspensioen in Griekeland.

Vriendelike groete, Leendert
Re: Die realiteite van hongersnood [boodskap #12151 is 'n antwoord op boodskap #12070] Vr, 16 Januarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Key Bored wrote:
>
> Lou wrote:
>
>> Griet se menslike tragedie is oor die oos Kaapse provinsiale regering
>> dit reg gekry het om niks - soos in R0,00 - geld beskikbaar te he om
>> maatskaplike pensioene te betaal. Ek dink nie dis nodig om te
>> verduidelik in hoe 'n penarie meeste van die mense is nie. As jy nie kos
>> het nie, wat doen jy. Steel want jy moet eet of doodgaan. Die groot
>> tragedie is dat die regering in die gebied kon toelaat dat so iets
>> gebeur? Waar is die beplanning - prioriteite. En ek wed jou nou hier -
>> nie 'n kop sal rol nie!
>
> Die vraag is wie se kop moet rol? Is dit Oos K provinsie, of hoe"r
> op? Soos ons van Terror gereel het is provinsiale koppe nogal
> expendable.

Wie was verantwoordelik vir 1) die begroting 2) wie moes gesien het dat
die geld dit nie gaan maak tot einde van die finasie"le jaar nie 3) wie
het die geld wat wel begroot was vir die pensioene op iets anders
uitgegee. Hulle laat natuurlik hulle self wyd oop vir oorname deur die
sentrale regering en daarmee is die federalisme wat nog oor in ons
regeringstelsel in sy maai. Een van die oggend koerante
>
> Ek weet nie of hulle apartheid hoef te blameer nie. Ek raai wild dat
> dit die herstrukturering van die Dept in die provinsie is wat
> geblameer gaan word. Die herstrukturering is natuurlik 'n nalatenskap
> van Apartheid - onthou vir Kaiser en Lennox - wat beteken die
> burokrasie kan nie onveranderd gelaat word nie. Hulle kap nou budgets
> dat dit so goed gaan daar in die ooskaap. Probleem is die manier
> waarop die hervorming geskied (van hier af lyk dit baie onbepland en
> chaoties). Die tipe transformasie kan nie ordentlik gedoen word as
> dit vinnig gedoen word nie. M.i. is die probleem op die ou end
> onrealistiese timelines vir die veranderingsproses. Trevor-hulle se
> begrotingsverandering wil alles binne die volgende jaar of wat
> uitgesort he, mense moet zero-lined budgets binne belaglik kort tye
> opstel, en die resultaat is noggal worrying by tye.

Reg genoeg - maar die prioriteite moet reg wees - pensioene, medies,
onderwys moet heel voor in die ry staan - nie die aanbrandsels uit die
pot kry nie.

>
> So miskien sal hulle 'n lekker konsultant kry om die sondebok te wees
> 8-)

Ek dink al die konsultante daar rond is vinnig besig om hulle
dokumentasie reg te kry vir net so 'n geval.

>
> Geraldine Fraser-Moleketi het gister/eergister in 'n persverklaring
> gese die dept sal sorg dat mense werl hul Januarie geld kry. Sy wou
> egter nie beloftes oor deadlines maak nie. No flies on geraldine 8-)

Blykbaar so teen middel Januarie. oos Kaap gaan die R800 mil rand uit
volgende jaar se begroting moet finansier. So die probleem sal net
aangeskuif word.
>
> Dit is 'n groot fokop, juis omdat in die OK, nes in KZN, dit nie net
> die pensioenarisse is nie, maar hul hele families wat van die geld
> afhang. Steel is natuurlik nie die enigste uitweg nie; mense kan
> darem goed plant en so aan ook.

Ja ja - mielies vat so 'n rukkie om te groei - wat moet jy intussen doen
- bubbels hap? Grappies op 'n stokkie - jy is reg, dit is dalk ook so
dat te veel mense afhanklik is van die pensioene.

>
> Ek stem saam mens kan nie se dis die ergste in SA geskiedenis nie.
> Ten minste is daai pensioene, wanneer mense hulle kry (wat darem
> redelik gereeld is - dis waarom die glips nuus is ) baie meer as in
> die verlede vir swart mense.
>
> Andries

Daar is 500 000 tot 600 000 mense wat pensioene kry in die oos kaap -
(afhangend van jou bron) so ek wonder wie werk daar?

Lou
Re: Die realiteite van hongersnood [boodskap #12152 is 'n antwoord op boodskap #12070] Vr, 16 Januarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...
> ferd...@icon.co.za (Ferdi ) writes: > On 10 Jan 1998 09:40:57 GMT,
"griet" wrote:
>>
>> >> hier beskryf word, weg te praat nie. Hier op grondvlak is die ergste
skande
>>> in hierdie land se geskiedenis besig om te gebeur: met of sonder die
>>> media-dekking. Die pyn is onbeskryflik - die ellende ken geen naam
nie.>>
>>
>> Ook nie die bullshit nie.
>>
>> Ek kom nou net van die Oos-Kaap af en het niks daarvan gesien nie.

O ja, Ferdi? Op watter datum het jy van die Oos-Kaap af teruggekom, en op
watter datum het die oumense vergeefs by die poskantore opgedaag?

>
>
> My seun is nou terug in Kanada, na hy 'n hele
> jaar in Kaapstad studeer het, en taamlik rondgery
> het, onder andere op 'n plaas in die Vrystaat
> gaan kuier het. Wanneer ek hom ondervra, vertel
> hy van die een insident van hy op die hawefront
> in Kaapstad gesien het - 'n ou met 'n meswond op
> 'n Vrydagaand. Dis die enigste gewelddaad wat
> hy gesien het.

Vra bietjie vir hom:

a) Was dit die soort ding wat in Ontario in die koerant gerapporteer sou
word?

b) Het hy opgelet of dit hier in die koerant gerapporteer is?

c) Het hy wel enige koerante gelees?

> Nou ek twyfel nie aan die realiteit
> van die geweld in SA nie. Maar ek dink 'n hele
> klomp van die trompetter van 'n sekere soort mens
> in SA is om politieke gewin, en ek is moeg daarvan.
> As Griet van die "menslike tragedie" wat nou in
> SA afspeel praat as die ergste in SA geskiedenis,
> dan praat sy net eenvoudig onsin.

Sê net gou: waar presies het Griet hierdie stelling gemaak?

Indien sy nie het nie - wat is dit wat jou beweeg om so 'n stelling aan haar
toe te skryf (of te suggereer dat sy dit gemaak het)?

> Nie alleen was
> die misdade van die apartheidsregime erger nie,

Wat gebruik jy as jou basis van vergelyking, Gloudina? Die etniese bande van
die misdadigers soos jy tevore al gedoen het?

Of trompetter jy bloot vir politieke gewin?

Vriendelike groete, Leendert
Re: Die realiteite van hongersnood [boodskap #12153 is 'n antwoord op boodskap #12070] Vr, 16 Januarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote:
>
> On Tue, 13 Jan 1998 08:36:26 +0200, Lou wrote:
>
> Ook nie die bullshit nie.
>>
>> So jy sê dus hulle kan maar die pensioen uitbetalings stop? Dat daar
>> nie 'n klomp mense sonder kos sit omdat een of ander fat cat op die
>> gravy train opgefok het terwyl miljoene rande elke maand aan spook
>> wernemers van die staat uitbetaal word nie? OK>>
>
> Hou jou by die onderwerp. Jy is dan so n stickler daarvoor.
> Dis nogal snaaks om jou laaste opmerking te lees na jou reaksie
> hierbo.

Huh? Hou my by die onderwerp? Jy was die een wat na die pensioen storie
as bullshit verwys het.

>
>
>> Dit sê baie van hoeveel jy sien, ne Koos? Of sal ek sê mense soos jy
>> sien.(Sien ek kan ook allerhande vae nikssegende 'mense soos jy'
>> aanhalings maak) >>
>
> En jou reaksie, ou Flou, is nogal pikant seeing dat jy nie eers naby
> die provinsie was nie, ne?

Nee ou Kosie die ... of laat dit maar. Interesante manier van debateer -
begin die ander persoon se naam aan te val. Lei die aandag van die
onderwerp af.

Dit is baie meer interesant dat jy - wat wel daar was, van niks weet nie
ne. Wys maar net hoeveel jy raaksien? Jy leef maar nog, soos ons almal,
aan die middelklas kant van die spoor. So wat jy nie sien, nie kon nie
gebeur het nie, want jy was daar.

> Reageer jy dus maar net na n besoek aan die ideologiese landskap in
> jou kop of wat?

Diep woorde - diep. Maar dit is soos jy voorheen gesê het, maar net
soveel Bullshit!

Cheers
Lou
Re: Die realiteite van hongersnood [boodskap #12154 is 'n antwoord op boodskap #12070] Vr, 16 Januarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote in message ...
> On Mon, 12 Jan 1998 08:37:31 +0100, "Leendert van Oostrum"
> wrote:
>
> die
>> Uniegebou in Pretoria en na die SABC in Johannesburg.>>
>
> Reel dit Leendert en stap. Jy kort waarskynlik die oefening.
> En vat Griet tog saam. Dan kan julle mekaar oppomp op pad soontoe.
> Onthou om toebroodjies te vat ook.
> Vat die hond ook saam.
>
> By the way, ek dog jy kyk nie TV nie. Ek dag jy het nie eers n TV nie!

Jy dog en dag reg.

Wat jy oënskynlik nie weet nie, is dat die SABC nie net 'n TV-stasie is nie.

Gaan kyk bietjie op hulle webblad. Dit sal jou verbaas hoeveel verskillende
media hulle gebruik om die ANC in die beste lig moontlik te stel. Onder
andere ook radio (iets wat ons gehad het voordat TV gekom het, onthou jy?)

Vriendelike Groete, Leendert
Re: Die realiteite van hongersnood [boodskap #12155 is 'n antwoord op boodskap #12070] Vr, 16 Januarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Leendert van Oostrum" writes: >

>
> Nou verneem ons van Koos (wat nou net van die Oos-Kaap kom, en wat niks
> gesien het nie) dat 'n beskrywing van die gevolge van amper een miljoen
> mense wie se pensioene nie uitbetaal is nie ook tel as "geweldige
> propaganda-aanslae". (Gloudina se seun, verneem ons, het ook "niks gesien
> nie" - dis nou van geweld in die strate. Interessant.)
>

> Vriendelike groete, Leendert
>
>

Ja, Leendert, skreeusnaaks dat my seun baie min
geweld gesien het - en hy was op die Breakwater
Campus van UCT - dus naby die hawefront. En my
suster in Pretoria waarsku my om CNN se berig dat
SA op die rand van anargie is, met 'n knippie sout
te neem. Snaaks, skreeu-snaaks.

Gloudina
Re: Die realiteite van hongersnood [boodskap #12156 is 'n antwoord op boodskap #12070] Vr, 16 Januarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote in message ...
> On 10 Jan 1998 09:40:57 GMT, "griet" wrote:
>
> > hier beskryf word, weg te praat nie. Hier op grondvlak is die ergste
skande
>> in hierdie land se geskiedenis besig om te gebeur: met of sonder die
>> media-dekking. Die pyn is onbeskryflik - die ellende ken geen naam nie.>>
>
> Ook nie die bullshit nie.
>
> Ek kom nou net van die Oos-Kaap af en het niks daarvan gesien nie.
>
> (Maar dalk praat jy van Dimbaza en die talle soortgelyke gevalle van
> die laat jare sestig en daarna? Of van die honderde plaaswerkers wat
> dorp toe getrek het nadat hulle deur blanke boere van hul grond
> afgegooi was voor die wetgewing in werking getree het wat hulle
> verblyfreg na dekades op die plase probeer formaliseer het?
> Maar dis n ou storie. Dit gebeur as die afgelope twee jaar al.)
>
>
> By the way, waarvandaam kom die geweldige propaganda-aanslae van mense
> soos jy deesdae?

Ag, dis kostelik!

Ek herinner my hoe regeringondersteuners berigte oor "Dimaza en die talle
soortgelyke gevalle van die laat jare sestig en daarna" afgemaak het as
"geweldige propaganda-aanslae".

Nou verneem ons van Koos (wat nou net van die Oos-Kaap kom, en wat niks
gesien het nie) dat 'n beskrywing van die gevolge van amper een miljoen
mense wie se pensioene nie uitbetaal is nie ook tel as "geweldige
propaganda-aanslae". (Gloudina se seun, verneem ons, het ook "niks gesien
nie" - dis nou van geweld in die strate. Interessant.)

Op watter datum het jy uit die Oos-Kaap vertek, Koos? En op watter datum
moes die pensioene uitbetaal gewees het?

En, terwyl ons op die inderwerp is van "propaganda-aanslae". Watter soort
mens bedoel jy as jy na Griet verwys as "mense soos jy"?

Vriendelike groete, Leendert
Re: Die realiteite van hongersnood [boodskap #12169 is 'n antwoord op boodskap #12070] Sa, 17 Januarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 15 Jan 1998 14:07:13 +0200, "André" wrote:

naief om te dink die geweld statistieke word uit een of ander koerant man se[/color]
> duim gesuig? Ek het gelukkig nie enige voorvalle self gesien nie ...>>

he,he,he...
Re: Die realiteite van hongersnood [boodskap #12170 is 'n antwoord op boodskap #12070] Sa, 17 Januarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 16 Jan 1998 13:12:42 +0100, "Leendert van Oostrum"
wrote:

>

Wel, Leundert, laat ons dit so stel: Jy was glad nie daar nie.

Dit keer jou natuurlik nie om jou gebruiklike gal te braak so tussen
jou dagtake deur nie, ne?

Of om jouself (soos gewoonlik) as n outoriteit op te stel oor die
onderwerp nie, nie?

By your own logic, jou gek, kan jy geen mening he oor die kwessie nie.
Re: Die realiteite van hongersnood [boodskap #12171 is 'n antwoord op boodskap #12070] Sa, 17 Januarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 16 Jan 1998 13:13:18 +0100, "Leendert van Oostrum"
wrote:

watter datum het die oumense vergeefs by die poskantore opgedaag?>>[/color]

Wanneer was jy daar?
Re: Die realiteite van hongersnood [boodskap #12186 is 'n antwoord op boodskap #12070] So, 18 Januarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net heeft geschreven in bericht
...

> Ja, Leendert, skreeusnaaks dat my seun baie min
> geweld gesien het - en hy was op die Breakwater
> Campus van UCT - dus naby die hawefront.

O ja. Gehuisves in die ou Groepunt tronk. UK se sakeskool. (Lekker cheap MBA
gewees? Nog bietjie geskep uit die vleispotte terwyl ons nog kan?)

Reg in die middel van die grootste trippelplusposh ontwikkeling vir Yuppies
in die land. Die ou Victoriakom wat omskep is in die kultuurlose sentrum van
postmoderne
kitchkultuur in die NSA.

Twee honderd meter van die hotel waar internasionaal beknede
veiligheidsmaniakke soos Michael Jackson veilig voel. En ten minste vyf
kilometer van die naaste ding wat nog regtig as 'n "hawe" kan deurgaan.

En boonop - in hierdie abnormale samelewing, wat by die dag meer abnormaal
word, is die hawens op die oomblik van die veiligste plekke wat daar in die
land is. En dis nie omdat hulle veiliger is as enige anderhawens in die
wêreld nie.

Nee wat Gloudina, as jou telgie jou onder die indruk probeer bring het van
sy avontuurlike lewe in die dokke dan het hy vir mammie om die bos gelei.
Maar ons weet natuurlik nou al van wie hy sulke neigings tot oneerlikheid
sou kon erf, nie waar nie?

> En my
> suster in Pretoria waarsku my om CNN se berig dat
> SA op die rand van anargie is, met 'n knippie sout
> te neem.

O ja. Is dit die een wat blykbaar geen behoefte het om elders as op plekke
soos Menlyn Sentrum te kom nie - so 'n mall-snol soort? Die een wat blykbaar
niks
het wat haar na die stadsbiblioteek of die Staatsteater lok nie?

> Snaaks, skreeu-snaaks.
>
> Gloudina

Ja, Gloudina. Maar eerder snaaks in die sin van "vreemd".

As jy nou bygevoeg het "Whê - p� - keriekstieks - t�", dan was jou
speelgrondretoriek in elke opsig op die vlak van onse Koos s'n.

Vriendelike groete, Leendert
Re: Die realiteite van hongersnood [boodskap #12187 is 'n antwoord op boodskap #12070] So, 18 Januarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Leendert, mooi gesê - jou woordgebruik en die inhoud verdien 'n pluimpie!
Johan

> O ja. Gehuisves in die ou Groepunt tronk. UK se sakeskool. (Lekker cheap MBA
> gewees? Nog bietjie geskep uit die vleispotte terwyl ons nog kan?)
>
> Reg in die middel van die grootste trippelplusposh ontwikkeling vir Yuppies
> in die land. Die ou Victoriakom wat omskep is in die kultuurlose sentrum van
> postmoderne
> kitchkultuur in die NSA.
>
Re: Die realiteite van hongersnood [boodskap #12188 is 'n antwoord op boodskap #12070] So, 18 Januarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 18 Jan 1998 09:10:55 +0200, "Leendert van Oostrum"
wrote:

spesiale kennis "omdat ek daar was" nie. Maar dit blyk nou jy was reeds weg[/color]
> toe die tragedie begin het, nie waar nie? _Dit_ sou darem gek wees, ne!>>

So, wanneer is ek weg daar?

Watter tragedie?



Jou leuns raak bietjie afgesaag, ja.

By the away, het jy nou al uitgevind watter velkleur Derek Hanekon
het?
En n hele klomp ander ministers en adjunkte ens? hmmmm?
Re: Die realiteite van hongersnood [boodskap #12189 is 'n antwoord op boodskap #12070] So, 18 Januarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Ek stem saam, Andre, Ek is nog net 4 maande in die VSA, maar ek onthou nog
hou verlig ek was dat ek nie meer in JHB se strate hoef te gery het na ek
daar ophou werk het nie! En ons het eerterangs mense geken wat met wapens
aangehou en beroof is, van motors gekaap en beroof is - gelukkig niemand
wat dood is nie!

Johan Potgieter
Eagan, Minnesota, VSA

André wrote in article ...
> Siestog! Hoveel het jy die laaste tyd in Kanada gesien? Is jy werklik so
> naief om te dink die geweld statistieke word uit een of ander koerant man se
> duim gesuig? Ek het gelukkig nie enige voorvalle self gesien nie maar gaan
> maak gerus 'n draai in die hospitaal ek kyk hoe lê die gewondes daar.
>
> Word wakker. Moet nie aan die anderkant van die wereld sit en ons wat hier
> bly probeer inlig oor jou fantasië nie. Kom bly hier en sê my na 'n jaar of
> veilig voel as jy die oggend werk toe ry.
Re: Die realiteite van hongersnood [boodskap #12190 is 'n antwoord op boodskap #12070] So, 18 Januarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi heeft geschreven in bericht ...
> On Fri, 16 Jan 1998 13:13:18 +0100, "Leendert van Oostrum"
> wrote:
>
> en op
>> watter datum het die oumense vergeefs by die poskantore opgedaag?>>
>
> Wanneer was jy daar?

Gladnie. Ek het ook nie uitsprake gelewer op grond van oënskynlik valse
bewerings van "ek was daar" nie.

Ek het bloot gereageer op die produkte van daardie sektor van die ekonomie
waar jy werksaam is.

Anders as jy het ek nie (soos dit nou voorkom) valse aansprake gemaak op
ooggetuie-status nie.

Nou leun ek bietjie op jou, want dit lyk my jy was miskien bietjie
spaarsamig met
die waarheid, nie waar nie?

Vriendelike groete, Leundert
Re: Die realiteite van hongersnood [boodskap #12191 is 'n antwoord op boodskap #12070] So, 18 Januarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 18 Jan 1998 10:46:24 +0200, "Leendert van Oostrum"
wrote:

word, is die hawens op die oomblik van die veiligste plekke wat daar in die[/color]
> land is. En dis nie omdat hulle veiliger is as enige anderhawens in die
> wêreld nie.>>

Baie beter soort plekke vandad jy nie meer in die hawens rondhang nie.

Leendert, hoekom enigreer jy nie?

Is jy te swak gekwalifiseerd?

Het jy n "verlede" wat jou verhinder om aansoek te doen?

Het jy maar net eenvoudig daardie tipe persoonlikheid wat daarvan hou
om in n plek te sit wat hy haat en te kerm en gal te braak?
Re: Die realiteite van hongersnood [boodskap #12192 is 'n antwoord op boodskap #12070] So, 18 Januarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Leendert van Oostrum" writes: >

>
> Twee honderd meter van die hotel waar internasionaal beknede
> veiligheidsmaniakke soos Michael Jackson veilig voel. En ten minste vyf
> kilometer van die naaste ding wat nog regtig as 'n "hawe" kan deurgaan.
>
> En boonop - in hierdie abnormale samelewing, wat by die dag meer abnormaal
> word, is die hawens op die oomblik van die veiligste plekke wat daar in die
> land is. En dis nie omdat hulle veiliger is as enige anderhawens in die
> wêreld nie.
>
> Nee wat Gloudina, as jou telgie jou onder die indruk probeer bring het van
> sy avontuurlike lewe in die dokke dan het hy vir mammie om die bos gelei.

Dit neem natuurlik nie in ag dat hy ook oral
oor in SA getoer het nie, die Aughrabiese Valle
en my geboorteplek Marchand besoek het nie, orals
teen die Kaapse berge opgeklim het en bo-op geslaap
het nie. En o vader tog, op 'n plaas in Ficksburg
in die Vrystaat gekuier het sonder enige geweld te
sien. Selfs my suster in Pretoria was bekommerd toe
sy sien waar hy oral in SA gaan.

>> En my
>> suster in Pretoria waarsku my om CNN se berig dat
>> SA op die rand van anargie is, met 'n knippie sout
>> te neem.
>
> O ja. Is dit die een wat blykbaar geen behoefte het om elders as op plekke
> soos Menlyn Sentrum te kom nie - so 'n mall-snol soort? Die een wat blykbaar
> niks
> het wat haar na die stadsbiblioteek of die Staatsteater lok nie?

>
> Vriendelike groete, Leendert

Sien Leendert, hier sien 'n mens nou die
ware Leendert. Iemand wat sonder aarsel
iemand wie hy nie ken nie, 'n mall-snol
noem. As jy tog maar geweet het watter
soort persoon my suster is. Selfs ons was
bekommer toe ons uitvind dat sy, wanneer
sy die heuwel na UNISA uitry (waar sy tot
kort gelede nog gewerk het) kort kort stilhou
om swart vrouens wat ook by UNISA werk en wat
die heuwel moet uitstap van die bus of trein
af op te laai. Ek kan jou ook verseker dat
my suster gereeld by die Staatsteater uitkom.
Kom jy?

Gloudina

Terloops, kyk na Christina Landman se laaste
publikasie, en jy sal my suster se naam ook
daar vind. Iets oor inheemse kerke van Suider-
Afrika.
Re: Die realiteite van hongersnood [boodskap #12193 is 'n antwoord op boodskap #12070] So, 18 Januarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi heeft geschreven in bericht ...
> On Fri, 16 Jan 1998 13:12:42 +0100, "Leendert van Oostrum"
> wrote:
>
>
> datum moes die pensioene uitbetaal gewees het?>>
>
> Wel, Leundert, laat ons dit so stel: Jy was glad nie daar nie.

>
> Dit keer jou natuurlik nie om jou gebruiklike gal te braak so tussen
> jou dagtake deur nie, ne?
>
> Of om jouself (soos gewoonlik) as n outoriteit op te stel oor die
> onderwerp nie, nie?
>
> By your own logic, jou gek, kan jy geen mening he oor die kwessie nie.

Moet mens uit hierdie sketterende geskel aflei dat jy wel uit die
Oos-Kaap vertrek het voordat die pesnioentrekkers daar tevergreefs by die
betaalpunte opgedaag het? Soos Kosie wat die aandag probeer aflei as hy met
sy vingertjies in die konfyt betrap is?

By any own logic, maatjie, is ek nie die een wat aanspraak gemaak het op
spesiale kennis "omdat ek daar was" nie. Maar dit blyk nou jy was reeds weg
toe die tragedie begin het, nie waar nie? _Dit_ sou darem gek wees, ne!

Lyk my ek Leun te swaar op jou, hmmm.....?

Vriendelike groete, Leundert
Re: Die realiteite van hongersnood [boodskap #12194 is 'n antwoord op boodskap #12070] So, 18 Januarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 18 Jan 1998 09:09:10 +0200, "Leendert van Oostrum"
wrote:

bewerings van "ek was daar" nie.>>[/color]

Gedink jy gaan by die moee" een uitkom.

Natuurlik het jy baie duidelike menings daaroor laat blyk.
Re: Die realiteite van hongersnood [boodskap #12206 is 'n antwoord op boodskap #12070] Ma, 19 Januarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote:
>> Leendert het geskryf:
>> Nee wat Gloudina, as jou telgie jou onder die indruk probeer bring het van
>> sy avontuurlike lewe in die dokke dan het hy vir mammie om die bos gelei.
>
> Dit neem natuurlik nie in ag dat hy ook oral
> oor in SA getoer het nie, die Aughrabiese Valle
> en my geboorteplek Marchand besoek het nie, orals
> teen die Kaapse berge opgeklim het en bo-op geslaap
> het nie. En o vader tog, op 'n plaas in Ficksburg
> in die Vrystaat gekuier het sonder enige geweld te
> sien. Selfs my suster in Pretoria was bekommerd toe
> sy sien waar hy oral in SA gaan.
>

Gloudina - vra bietjie jou man oor syfers. 'n Hengse spul mense gaan
dood, word aangerand, verkrag en beroof in SA en jy wil vir ons vertel
dat omdat jou seun en jou suster nie voorbeelde van mense wat vermoor,
verkrag of aangerand word is gesien het nie, bestaan dit nie.

Miskien het jou seun 'n groot kans gemis ten spyte van al sy omswerwinge
- hy het nie Suid Afrika gesien nie - hy het die middelklas gesig van SA
gesien en beleef. Hy moes een van die begeleide toere deur Soweto geneem
het, baie gewild, dan kon hy werklik gesien het hoe die ander kant lyk.
Of as hy rerig wou gesien het - 'n onbegeleide toer deur Alex geneem het
:). Of 'n dag in die trauma eenheid van die Chris Hani (Baragwanath)
Hospitaal gaan deurbring het. Dan sal hy gesien het waaroor dit werklik
gaan.

Jou suster vertel jou dat daar bitter min geweld is - maar sy was
bekommerd oor waar hy(jou seun) oral gaan? Hello?

> As jy tog maar geweet het watter
> soort persoon my suster is.Selfs ons was
> bekommer toe ons uitvind dat sy, wanneer
> sy die heuwel na UNISA uitry (waar sy tot
> kort gelede nog gewerk het) kort kort stilhou
> om swart vrouens wat ook by UNISA werk en wat
> die heuwel moet uitstap van die bus of trein
> af op te laai.

Die laaste is rassisties. Hoekom maak dit haar so spesiaal? Gelukkig
het jy dit gesê - en jy is mos glad nie rassisties nie, net vasgehaak
in 1966. Maar daar is mos bittermin geweld, so hoekom is julle
bekommerd? As sy wit mense opgelaai het sou jy nog bekommerd gewees het,
en waarom (nie)?

LW: Ek bevraagteken nie die feit dat jou suster 'n baie goeie mens is
nie, net leef sy in bietjie in 'n wolk.

Cheers
Lou
Re: Die realiteite van hongersnood [boodskap #12207 is 'n antwoord op boodskap #12070] Ma, 19 Januarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Lou writes:
>>
>
> Gloudina - vra bietjie jou man oor syfers. 'n Hengse spul mense gaan
> dood, word aangerand, verkrag en beroof in SA en jy wil vir ons vertel
> dat omdat jou seun en jou suster nie voorbeelde van mense wat vermoor,
> verkrag of aangerand word is gesien het nie, bestaan dit nie.
>
> Miskien het jou seun 'n groot kans gemis ten spyte van al sy omswerwinge
> - hy het nie Suid Afrika gesien nie - hy het die middelklas gesig van SA
> gesien en beleef. Hy moes een van die begeleide toere deur Soweto geneem
> het, baie gewild, dan kon hy werklik gesien het hoe die ander kant lyk.
> Of as hy rerig wou gesien het - 'n onbegeleide toer deur Alex geneem het
> :). Of 'n dag in die trauma eenheid van die Chris Hani (Baragwanath)
> Hospitaal gaan deurbring het. Dan sal hy gesien het waaroor dit werklik
> gaan.

Ja, ou Lou, hier kom jy weer, die groot leermeester.
Nou stel jy voor toere in Soweto in om die miserabiliteit
te sien. Maar ek is BAIE SEKER dat jy in jou wit laertjie
gesit het gedurende die tyd toe Soweto NOG BAIE MEER
MISERABEL gewees het gedurende die sewentigs - toe hulle
behalwe die gewonde misdaad ook nog moes sien hoe soldate,
gewoonlik Afrikaners soos jy ek ek, met kaspers rondry
en op hulle kinders skiet. Ek dink jy vergeet daardie
dae.
>
> Jou suster vertel jou dat daar bitter min geweld is - maar sy was
> bekommerd oor waar hy(jou seun) oral gaan? Hello?

>
> Die laaste is rassisties. Hoekom maak dit haar so spesiaal?

Ongelukkig, Lou, ongelukkig ry al die witmense
met karre en meeste van die swart werkers by
UNISA is vroumense wat al voor dagbreek van ver
uit Pretoria op busse klim en dan nog die heuwel
moet oploop na hulle (gewoonlik fisiese) werk
by Unisa. En ons was nie bekommerd oor die soort
mense wat sy opgetel het nie, maar oor die feit
dat sy telkens stop en haar kar oopmaak, in 'n
stad waar ons vertel word alles so gevaarlik is.
Maar my suster, goeie Afrikaner en goeie Christen
wat sy is, het daardie kans gevat om 'n paar
vroue 'n rukkie te laat sit voordat hulle begin
vloere skrop terwyl my suster voor 'n rekenaar
gaan sit.
My suster vertel ons nie dat daar nie geweld
is nie. Maar my suster het nie 'n agenda soos jy
om alles nou so swart as moontlik te skilder en
die ou dae voor te doen as so wonderlik nie.Omdat
sy nie in 'n glashuis gebly het nie, was sy bewus
van sommige van die skandes en sondes wat deur
witmense teenoor anderskleuriges gepleeg is in
die apartheidsjare, en sien sy die nuwe SA deels
as 'n antwoord op die gebede van 'n hele klomp
Christene. Ek kan jou verseker dat dieselfde
Christene ook nog intens bid dat die huidige toestand
sal verbeter.
Ek vra jou nou net weer. Waar was jy, en jou gladde
mond, toe hulle in die strate van Soweto met Kaspers
rondgery en kinders geskiet het? Het jy toe ook so
gekla oor die moord en die doodslag? Wie het vir jou
belowe dat SA net nadat 'n ander regering oorneem in
SA, alles maneskyn en rose sal wees? Nee ou Lou, jy
lê nou in die ou bedjie wat jou eie mense vir hulself
gemaak het deur die oorsaak te wees van 'n burgeroorlog
WAT HULLE UITEINDELIK VERLOOR het.

Gloudina

Gloudina
Re: Die realiteite van hongersnood [boodskap #12228 is 'n antwoord op boodskap #12070] Di, 20 Januarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Lou writes: > @igs.net wrote:
>>
>
>>> Miskien het jou seun 'n groot kans gemis ten spyte van al sy omswerwinge
>>> - hy het nie Suid Afrika gesien nie - hy het die middelklas gesig van SA
>>> gesien en beleef.

Dit amuseer my, ou Lou, dat oral waar my seun
gegaan het, dit nou nie die regte Suid-Afrika
gewees het wat hy moes gesien het nie. Uiteindelik
lyk dit vir my daar is net sekere kolle, waar dit
50 jaar gelede ook maar baie gevaarlik was.

En nou vra jy my weer hoekom ons uit
SA is. Jy behoort die ou storie mos
al uit jou kop uit te ken, ou Lou.
Dis oor wat die apartheidsvarke gedoen
het, ou Lou.

Gloudina
Re: Die realiteite van hongersnood [boodskap #12229 is 'n antwoord op boodskap #12070] Di, 20 Januarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote:
>
> Lou writes:
>>>
>>
>> Gloudina - vra bietjie jou man oor syfers. 'n Hengse spul mense gaan
>> dood, word aangerand, verkrag en beroof in SA en jy wil vir ons vertel
>> dat omdat jou seun en jou suster nie voorbeelde van mense wat vermoor,
>> verkrag of aangerand word is gesien het nie, bestaan dit nie.
>>
>> Miskien het jou seun 'n groot kans gemis ten spyte van al sy omswerwinge
>> - hy het nie Suid Afrika gesien nie - hy het die middelklas gesig van SA
>> gesien en beleef. Hy moes een van die begeleide toere deur Soweto geneem
>> het, baie gewild, dan kon hy werklik gesien het hoe die ander kant lyk.
>> Of as hy rerig wou gesien het - 'n onbegeleide toer deur Alex geneem het
>> :). Of 'n dag in die trauma eenheid van die Chris Hani (Baragwanath)
>> Hospitaal gaan deurbring het. Dan sal hy gesien het waaroor dit werklik
>> gaan.
>
> Ja, ou Lou, hier kom jy weer, die groot leermeester.
> Nou stel jy voor toere in Soweto in om die miserabiliteit
> te sien.

Nee Gloudina - om die ander kant van Suid Afrika te sien - soos dit
werklik is. Nie soos jou seun en jou suster dit uit hulle 'wit laertjie'
beleef nie. Die toere wys beide kante van Soweto - van Beverley Hills
tot die ry op ry selfde lykende rooi baksteen huisies.

> Maar ek is BAIE SEKER dat jy in jou wit laertjie
> gesit het gedurende die tyd toe Soweto NOG BAIE MEER
> MISERABEL gewees het gedurende die sewentigs - toe hulle
> behalwe die gewonde misdaad ook nog moes sien hoe soldate,
> gewoonlik Afrikaners soos jy ek ek, met kaspers rondry
> en op hulle kinders skiet. Ek dink jy vergeet daardie
> dae.

Miskien moet jy lees voor jy begin vuurspoeg - ek het niks gesê van hoe
misrabel Soweto is nie - ek het bloot voorgestel dat jou seun miskien
meer van SA moes gesien het as staptogte in pragtige kaapse berge,
lekker Vrystaatse plase, en behoede ons tog die Kaapse Waterfront.

>>
>> Jou suster vertel jou dat daar bitter min geweld is - maar sy was
>> bekommerd oor waar hy(jou seun) oral gaan? Hello?
>
>>
>> Die laaste is rassisties. Hoekom maak dit haar so spesiaal?
>
> Ongelukkig, Lou, ongelukkig ry al die witmense
> met karre en meeste van die swart werkers by
> UNISA is vroumense wat al voor dagbreek van ver
> uit Pretoria op busse klim en dan nog die heuwel
> moet oploop na hulle (gewoonlik fisiese) werk
> by Unisa. En ons was nie bekommerd oor die soort
> mense wat sy opgetel het nie, maar oor die feit
> dat sy telkens stop en haar kar oopmaak, in 'n
> stad waar ons vertel word alles so gevaarlik is.

Wat jy al voorheen gesê het nie so is nie, en volgens jou suster ook
nie so is nie en volgens 'n laat berig volgens jou seun ook nie so is
nie!

Al die witmense ry met karre - dit wys net hoe oningelig jy werklik is.

> Maar my suster, goeie Afrikaner en goeie Christen
> wat sy is, het daardie kans gevat om 'n paar
> vroue 'n rukkie te laat sit voordat hulle begin
> vloere skrop terwyl my suster voor 'n rekenaar
> gaan sit.

Baie edel - ek het bloot gewys op die verskille van jou stellings.
Miskien kan jy nie meer so mooi afrikaans verstaan nie?

> My suster vertel ons nie dat daar nie geweld
> is nie. Maar my suster het nie 'n agenda soos jy
> om alles nou so swart as moontlik te skilder en
> die ou dae voor te doen as so wonderlik nie.Omdat
> sy nie in 'n glashuis gebly het nie, was sy bewus
> van sommige van die skandes en sondes wat deur
> witmense teenoor anderskleuriges gepleeg is in
> die apartheidsjare, en sien sy die nuwe SA deels
> as 'n antwoord op die gebede van 'n hele klomp
> Christene. Ek kan jou verseker dat dieselfde
> Christene ook nog intens bid dat die huidige toestand
> sal verbeter.

Ja, dis nou mooi - so 'n regte afrikaanse respons - sodra dinge nou nie
te warm gaan word godsdiens voorgestoot. Goed - darem nog nie heeltemal
verKanadiseer nie. Jy was die een wat voorheen gesê het dat jou suster
reken dis so veilig hier. Jou more en aand praatjies klop nie.

> Ek vra jou nou net weer. Waar was jy, en jou gladde
> mond, toe hulle in die strate van Soweto met Kaspers
> rondgery en kinders geskiet het? Het jy toe ook so
> gekla oor die moord en die doodslag? Wie het vir jou
> belowe dat SA net nadat 'n ander regering oorneem in
> SA, alles maneskyn en rose sal wees? Nee ou Lou, jy
> lê nou in die ou bedjie wat jou eie mense vir hulself
> gemaak het deur die oorsaak te wees van 'n burgeroorlog
> WAT HULLE UITEINDELIK VERLOOR het.
>

Waar was jy Gloudina? Lekker in Kanada - klaar die room afgeskep en toe
'n lyn gesny. En toe stuur jy jou seun om nog vir oulaas 'n yuppie
graadjie te kom skep. Net vir jou inligting en ander nie-SA burgers -
Universiteite en Tegnikons sal in die toekoms nie-SA burgers meer laat
betaal vir hulle grade en diplomas. Hoogtyd ok sal ek sê.

Bly jy praat van my mense en nie van 'ONS' mense nie Gloudina, ek bly
hier ek kan praat oor wat hier aangaan, ek praat nie op derdeparty
hoorsê nie. Ek moet die perdjie ry tot die einde toe of afval soos jy.
Dis my kind se skool opvoeding wat afgewater is. Dis my vrou, my kind en
my lewe wat op die spel is. Ek mag en ek sal kla as ek wil dis my reg.
En elke keer as jy nonsens praat sal ek jou daarop wys :D.

Hoekom vertel jy ons nie bietjie hoekom jy geloop het inplaas van iets
te doen aan al die moorde en onderdrukking nie? En moenie jou man
oorstoot nie - Hoekom het JY geloop Gloudina?

Cheers
Lou
Re: Die realiteite van hongersnood [boodskap #12230 is 'n antwoord op boodskap #12229] Di, 20 Januarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 20 Jan 1998 09:48:41 +0200, Lou wrote:

misrabel Soweto is nie - ek het bloot voorgestel dat jou seun miskien[/color]
> meer van SA moes gesien het as staptogte in pragtige kaapse berge,
> lekker Vrystaatse plase, en behoede ons tog die Kaapse Waterfront.>>

Lou, ek aanvaar hier dat jy Soweto van binne sien.
Re: Die realiteite van hongersnood [boodskap #12245 is 'n antwoord op boodskap #12070] Wo, 21 Januarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 21 Jan 1998 13:47:16 +0200, Lou wrote:

hele SA en dit is heel veilig nie. DIT help om te verstaan wat iemand in[/color]
> 'n thread sê as jy weet wat sy beginpunt is.>>

OK. Maar sien jy Soweto van binne?
Re: Die realiteite van hongersnood [boodskap #12246 is 'n antwoord op boodskap #12070] Wo, 21 Januarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Lou writes:

Maar die punt was dat jou seun gesê het dit is nie
> gevaarlik in die huidige SA nie omdat hy niks daarvan gesien het nie. So
> die misdaad syfers beteken niks en sien is glo.

My seun het nooit gesê daar is nie geweld nie.
Maar sy deurtog deur SA was heel normaal, en dus
moet ek aanneem dat al julle gekerm oor die
algemene en voortdurende vreeslike bedreigings
in die strate 'n bietjie van 'n oordrywing is.

> Kom ons gaan terug na die punt my ou liewe Gloudina. Jy het gevra waar
> was ek toe al die moorde en onderdrukking aangegaan het en wat het ek
> gedoen. (so alla Mary Metcalfe) Waar was jy, wat het JY gedoen en hoekom
> het jy gewaai het ek gevra.

Ek, my liewe Lou, het die land verlaat omdat
ek gevoel het die duiwel is los, en dat die
duiwel se handlangers in vreeslik baie gevalle
dieselfde taal as ek gepraat het. Ek het geen
teenstand gebied toe my man besluit het dat ons
gaan trek nie, omdat ek nie my kinders in so 'n
maatskappy wou sien grootword nie. As ek alleen
en ongetroud was, neem ek aan dat ek nie sou
weggegaan het nie, maar voortgegaan het om tussen
my swart landgenote te werk. Ek was in alle geval
baie ongemaklik tussen my wit landgenote, wat
meer en meer nie sake wou bespreek, hulle Christelike
opinies wou uitspreek oor wat in SA aangaan nie. Ek
is bly daardie nagmerrie is nou verby.

Gloudina
Re: Die realiteite van hongersnood [boodskap #12247 is 'n antwoord op boodskap #12070] Wo, 21 Januarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote:
>
> Lou writes: > @igs.net wrote:
>>>
>>
>>>> Miskien het jou seun 'n groot kans gemis ten spyte van al sy omswerwinge
>>>> - hy het nie Suid Afrika gesien nie - hy het die middelklas gesig van SA
>>>> gesien en beleef.
>
> Dit amuseer my, ou Lou, dat oral waar my seun
> gegaan het, dit nou nie die regte Suid-Afrika
> gewees het wat hy moes gesien het nie. Uiteindelik
> lyk dit vir my daar is net sekere kolle, waar dit
> 50 jaar gelede ook maar baie gevaarlik was.

Onthou van die syfers waarna ek voorheen verwys het? Nou as jy daarna
kyk is dit baie, sommer ^%() baie gevaarliker in die huidige SA as 50
jaar gelede. Maar die punt was dat jou seun gesê het dit is nie
gevaarlik in die huidige SA nie omdat hy niks daarvan gesien het nie. So
die misdaad syfers beteken niks en sien is glo. Bly dat ek jou kon
amuseer.

>
> En nou vra jy my weer hoekom ons uit
> SA is. Jy behoort die ou storie mos
> al uit jou kop uit te ken, ou Lou.
> Dis oor wat die apartheidsvarke gedoen
> het, ou Lou.
>
> Gloudina

Kom ons gaan terug na die punt my ou liewe Gloudina. Jy het gevra waar
was ek toe al die moorde en onderdrukking aangegaan het en wat het ek
gedoen. (so alla Mary Metcalfe) Waar was jy, wat het JY gedoen en hoekom
het jy gewaai het ek gevra.
Re: Die realiteite van hongersnood [boodskap #12248 is 'n antwoord op boodskap #12070] Wo, 21 Januarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 21 Jan 1998 09:42:00 +0200, Lou wrote:

kyk is dit baie, sommer ^%() baie gevaarliker in die huidige SA as 50[/color]
> jaar gelede. Maar die punt was dat jou seun gesê het dit is nie
> gevaarlik in die huidige SA nie omdat hy niks daarvan gesien het nie. So
> die misdaad syfers beteken niks en sien is glo. Bly dat ek jou kon
> amuseer.>>

Dit illustreer seker hoe verkillend mense goed lees want dit is beslis
nie hoe ek dit gelees het nie.
Re: Die realiteite van hongersnood [boodskap #12249 is 'n antwoord op boodskap #12070] Wo, 21 Januarie 1998 00:00 Na vorige boodskapNa vorige boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 21 Jan 1998 09:03:47 +0200, Lou wrote:

Lou, ek aanvaar hier dat jy Soweto van binne sien.
>
> Aanvaar wat jy wil. Jy sal in elk geval jou nie steur aan wat ek sê
> nie.>>

Is dit nou n ja of is dit nou n nee?

Dit kan nogal "impact" op die kritiek wat jy uitgespreek het, of hoe?
Vorige onderwerp: Liewe Ferdi
Volgende onderwerp: "Die Klippe Praat" deur P.J. PHILANDER
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 12:27:27 MGT 2024