Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Regstellende Aksie is onwettig
Regstellende Aksie is onwettig [boodskap #120762] Wo, 05 September 2018 06:38
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Solidariteit het die Suid-Afrikaanse regering by die Menseregtekommissie (MRK) en die Verenigde Nasies verkla, waarna die MRK bevind het dat die huidige toepassing van Regstellende Aksie onwettig is. Hulle het aanbeveel dat die wet op Diensbillikheid gewysig moet word. Die Departement van Arbeid is gevra om binne ses maande vanaf Julie 2018 aan die MRK terugvoer te gee oor watter stappe geneem is om dié wet "reg te stel".

Suid-Afrika se huidige regstel-maatstawwe in te rigied en is effektiewelik 'n kwotastelsel. Die huidige Wet op Diensbillikheid voldoen volgens die verslag nie aan die land se grondwet nie, en ook nie aan die vereistes van die Verenigde Nasies se Internasionale Konvensie oor die Uitskakeling van Alle Vorme van Rassediskriminasie (ICERD - "International Convention on the Elimination of All Forms of Racial Discrimination") nie.

Volgens die verslag moet regstelaksie sensitief vir konteks wees en dat streeksdemografie in ag geneem moet word. Die regering se rasseklassifikasie is nie aanvaarbaar nie en maatstawwe moet meer genuanseerd (beter bedag) wees. Daar is ook bevind dat behoefte in ag geneem moet word, en dat daar 'n einde aan regstel-maatstawwe moet wees.
Vorige onderwerp: Mandjies en "monkeys"
Volgende onderwerp: Onteiening sonder vergoeding: Die NDR het misluk
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 05:11:05 MGT 2024