Van der Merwe en die Kamele [boodskap #120689] |
Fri, 27 July 2018 06:15 |
|
Jan die Man
Boodskappe: 529 Geregistreer: May 2018
Karma: 22
|
Senior Lid |
|
|
Van der Merwe is op toer deur die Midde-Ooste, en hy kom af op 'n skare mense wat saamdrom.
"Wat gaan hier aan?" vra hy aan een van die toeriste agteraan die menigte.
"In vyf minute kom hier 'n prosessie verby, 'n karavaan kamele met skamel geklede meisies op!" sê die man opgewonde.
"Wel, dan wag ek ook," sê Van der Merwe.
"Ek het jare laas 'n kameel gesien!"
|
|
|
Re: Van der Merwe en die Kamele [boodskap #122028 is 'n antwoord op boodskap #120689] |
Fri, 14 December 2018 18:36 |
|
Jan die Man
Boodskappe: 529 Geregistreer: May 2018
Karma: 22
|
Senior Lid |
|
|
'n Variasie van dieselfde grappie:
'n Dominee besoek Israel en kom op 'n skare af.
"Wat gaan hier aan?" vra hy.
"Nee", sê een ou, "hier kom nou-nou 'n trop kamele met kaal meisies op verby."
"O", sê die dominee, "Dan wag ek maar. Ek het nog nooit 'n regte kameel gesien nie!"
|
|
|