Tuis » Lekker » Sport & ontspanning » Roger slaan 'n bal ver, maar Kevin slaan hom "federer"
Roger slaan 'n bal ver, maar Kevin slaan hom "federer" [boodskap #120666] |
Thu, 12 July 2018 15:42 ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
![](/images/custom_avatars/6.gif) |
Jan die Man
Boodskappe: 529 Geregistreer: May 2018
Karma: 22
|
Senior Lid |
|
|
Kevin Anderson het gister die wedstryd van sy lewe gespeel deur Roger Federer te klop, die eerste Suid-Afrikaner in 35 jaar om die halfeindronde van Wimbledon te haal. Federer het al agt Wimbledon-titels agter sy naam en het beslis nie verwag om teen Anderson vas te val nie. Die wedstryd het 4 uur en 15 minute geduur en die finale telling was 2-6, 6-7(5), 7-5, 6-4 en 13-11.
Suid-Afrika se Kevin Curren het laas in 1983 na die halfeindstryd deurgedring. Curren het in 1985 die eindstryd gehaal, maar was toe reeds 'n Amerikaanse burger.
Anderson kom Vrydag in die halfeindstryd teen John Isner van Amerika te staan. As hy wen sal hy teen Novak Djokovic of Rafael Nadal in die eindstryd speel.
Veels geluk ou Kevin, jy hou Suid-Afrika se naam hoog! Roger slaan 'n bal ver, maar Keven, jy slaan hom verder "federer". ![Nod](/images/smiley_icons/icon_nod.gif)
Ons hou duim vas dat hy die eindstryd sal haal...
|
|
|
|
|
|
![Stuur antwoord](/theme/default/images/post_reply.gif) |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [ ![XML-voer RSS](/theme/default/images/rss.gif) ]
Tyd nou: Mon Feb 17 17:18:00 UTC 2025
|