Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Reën in die voorwinter
| Reën in die voorwinter [boodskap #1148] |
Do., 10 Julie 2003 19:35  |
Penkop van Swellendam
Boodskappe: 1 Geregistreer: Julie 2003
|
Junior Lid |
|
|
Reën in die voorwinter
Vier mure teen die Suidewind -
my swartoogvrou, my blondhaarkind.
Kareehoutstompe in die vuur,
ketel en kaggel brons geskuur.
My bont koei lê op koringstrooi,
my swart haan roep die dagbreek rooi.
Soet deur die lang nag sing die reën;
moflammers sal ek vroeg-Mei speen.
Die wendam stoot sy uitloop oor -
blink breek my ploeg die middelvoor ...
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Reën in die voorwinter [boodskap #1195 is 'n antwoord op boodskap #1148] |
Sa., 12 Julie 2003 19:34   |
Speedy Gonzales
Boodskappe: 197 Geregistreer: Julie 2003
|
Senior Lid |
|
|
On Fri, 11 Jul 2003 16:08:50 -0400, Katryn wrote:
> Elkgeval, so het ek maar saamgespeel om die legkaart se stukkies
> bymekaar te pas. Dit was ongelooflik onaangenaam, maar ek was
> vasberade om my Afrikaans te verbeter, en was gelukkig om wonderlike
> mense soos DD en ander daar raak te geloop het. Al verskil ons
> politiek- en geloofs sienswyses drasties, kon ons nogsteeds
> vriendelik met mekaar wees.
Dankie vir dié (é) kompliment, Danielle:-)
Ek verdien dit nie werklik nie, en jy het my natuurlik nou
twee hempsknope gekos...
> En soos jy natuurlik ook kon agterkom was arme Speedy/DD gereeld in
> die sop met haar, en was elke nuwe persoon wat daar probeer deelneem
> het, onmiddellik 'n "du plessis" genoem. Waar hy die geduld vandaan
> gehaal het om homself nie te probeer verdedig het nie, sal ek ook
> nooit kan verstaan nie. :-)
>
Vroeg in my lewe geleer om nie deur 'n muur te probeer loop nie,
maar eerder om dit:-)
ns.
Ook is dit die rede waarom DD nou spaans geword het,
maar as jy oplet sal jy sien dat ek na my eie nasionaliteit
verlang:-)))
DD
|
|
|
|
|
|
| Re: Reën in die voorwinter [boodskap #1198 is 'n antwoord op boodskap #1195] |
So., 13 Julie 2003 15:08   |
Lorinda[2]
Boodskappe: 531 Geregistreer: Mei 2003
|
Senior Lid |
|
|
Katryn wrote:
> My fout, jammer. Ek het jou heeltemal verkeerd verstaan. Maar nou
> giggel ek nog harder, want ek wens ek kon 'n vlieg op die muur wees om
> jou reaksies te kon sien toe jy haar boodskappe aan jou lees. Ek
> onthou hoe ek gevoel het, en hoe totaal uit die veld geslaan ek was,
> en dis seker net logies om te dink dat jy dieselfde sou gevoel het.
> Dit het my 'n hele ruk geneem om te probeer uitvind wie ek dan nou
> eintlik veronderstel was om te wees. Daar was 'n hele paar kandidate,
> van 'n Ierse crossdresser (haai, nou wonder ek of dit dalk JY was wat
> die Ierse crossdresser op die groep was, wat haar/hulle so opgestook
> het? )
LOL. Nee, dit was nie ek nie (is dit deesdae nog moontlik vir 'n vrou
om 'n cross dresser te wees?). Maar vertel asseblief, dit klink
interessant. Van my reaksie gepraat, dit het my tyd geneem om agter te
kom dat sy dit nie werklik glo nie, en dit maar net 'n taktiek is om
almal van wie sy nie hou nie du plessis te noem. Dis nog meer snaaks
omdat sy eintlik van du plessis hou:-))Wel meer as van ons in elk
geval.
> Elkgeval, so het ek maar saamgespeel om die legkaart se stukkies
> bymekaar te pas. Dit was ongelooflik onaangenaam, maar ek was
> vasberade om my Afrikaans te verbeter, en was gelukkig om wonderlike
> mense soos DD en ander daar raak te geloop het. Al verskil ons
> politiek- en geloofs sienswyses drasties, kon ons nogsteeds
> vriendelik met mekaar wees.
Dit was dieselfde met my. Dat DD met my kon vriende wees het my baie
hoop gegee vir die samelewing:-). Definitief sy persoonlikheid...:-)
Lorinda
|
|
|
|
|
|
| Re: Reën in die voorwinter [boodskap #1205 is 'n antwoord op boodskap #1198] |
So., 13 Julie 2003 18:25  |
Speedy Gonzales
Boodskappe: 197 Geregistreer: Julie 2003
|
Senior Lid |
|
|
On 13 Jul 2003 08:08:09 -0700, lor...@freint.fsnet.co.uk (Lorinda) wrote:
> Katryn wrote:
>> My fout, jammer. Ek het jou heeltemal verkeerd verstaan. Maar nou
>> giggel ek nog harder, want ek wens ek kon 'n vlieg op die muur wees om
>> jou reaksies te kon sien toe jy haar boodskappe aan jou lees. Ek
>> onthou hoe ek gevoel het, en hoe totaal uit die veld geslaan ek was,
>> en dis seker net logies om te dink dat jy dieselfde sou gevoel het.
>> Dit het my 'n hele ruk geneem om te probeer uitvind wie ek dan nou
>> eintlik veronderstel was om te wees. Daar was 'n hele paar kandidate,
>> van 'n Ierse crossdresser (haai, nou wonder ek of dit dalk JY was wat
>> die Ierse crossdresser op die groep was, wat haar/hulle so opgestook
>> het? )
>
> LOL. Nee, dit was nie ek nie (is dit deesdae nog moontlik vir 'n vrou
> om 'n cross dresser te wees?). Maar vertel asseblief, dit klink
> interessant. Van my reaksie gepraat, dit het my tyd geneem om agter te
> kom dat sy dit nie werklik glo nie, en dit maar net 'n taktiek is om
> almal van wie sy nie hou nie du plessis te noem. Dis nog meer snaaks
> omdat sy eintlik van du plessis hou:-))Wel meer as van ons in elk
> geval.
>
>
>> Elkgeval, so het ek maar saamgespeel om die legkaart se stukkies
>> bymekaar te pas. Dit was ongelooflik onaangenaam, maar ek was
>> vasberade om my Afrikaans te verbeter, en was gelukkig om wonderlike
>> mense soos DD en ander daar raak te geloop het. Al verskil ons
>> politiek- en geloofs sienswyses drasties, kon ons nogsteeds
>> vriendelik met mekaar wees.
>
> Dit was dieselfde met my. Dat DD met my kon vriende wees het my baie
> hoop gegee vir die samelewing:-). Definitief sy persoonlikheid...:-)
>
> Lorinda
Kan ek hierdie skrywe raam en
teen my kantoormuur hang?
Sjoe, skielik laaik ek myself!
Ek's eintlik orraait hé! Dink
julle nie ook so nie!!!
(Dink ek moet my 'n merc gaan skaak!)
|
|
|
|
| |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Do. Jul. 30 01:11:32 UTC 2026
|