Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Bobbejaan klim die berg.....
Bobbejaan klim die berg..... [boodskap #95789] |
Sat, 31 July 2004 08:18  |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: July 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Darme snaaks hoe dinge saam-saam gebeur. Net gisteroggend sit ek in my
kantoor en tjol praat met een van Namibië se legendariese storievertellers
en die onderwerp was hoofsaaklik bobbejane. Hoe slim 'n bobbejaan is, hoe
hy jou kan laat lag en hoeveel skade die bliksems op 'n plaas kan aanrig.
Bobbejane is mos nou eenmaal intelligent genoeg om uit te vind waar's
geleenthede vir kos en hy sal dit tot die maksimum benut. Jy flous hom ook
nie maklik nie. Jy sal bv een keer op hom skiet en hy sal dit nooit
vergeet nie. Hul oë is ongelooflik skerp en jy kan maar gaan sit en wag
vir hulle om te kom lemoene, of iets, te steel, as jy 'n geweer by jou het,
dan sien jy hulle nie maklik nie. Baie mense het al brndewyn in lemoene
ingespuit en dit vir die bobbejane gelos en dan word hulle dronk en vermaak
die mense iets vreeslik want hulle is maar net soos mense [dalk bietjie
slimmer!] want jy vang hom net een keer en nie weer nie. Maar, die kern
van my storie is dat die boer wat naby bobbejane bly, het al sy dae met die
slim diere.
Gisteraand sit en kyk ek op KykNET na 'n program oor Afrikaanse
tradisionele liedjies.........spesifiek 'Bobbejaan klim die berg!' Dit
gaan mos oor 'bobbejaan klim die berg om die boere te vererg....' Presies
wat ek hierbo probeer sê het.
Maar toe kom Amanda Strydom op en lewer haar kommentaar daarop en sê
dat sy vir 'n lang tyd 'n probleem met die liedjie gehad het want dis
polities aanstootlik want die blankes sing dit en die bobbejane is mos swart
en hierdie ding ruik van apartheid! Donner......so alles kan aanstootlik
gemaak word deur dit net van die regte hoek af te bekyk. Suiwer Gloudina
in goud!
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Bobbejaan klim die berg..... [boodskap #120350 is 'n antwoord op boodskap #95789] |
Sat, 21 April 2018 18:36  |
delphine.dutoit
Boodskappe: 1 Geregistreer: April 2018
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Ja, mens kan die bobbejaan daar agter die berg gaan haal as jy so wil maak (loosely translated: you can go fetch the baboon behind the mountain if that's what you want to do. i.e. you can create meaning out of something that is innocuous if that's what you want to do, but it won't have any meaning.)
I grew up with that song. There was never any insinuation or hidden meaning that the baboon meant anything other than a baboon, in its full mischievous nature. It causes trouble; it is funny; it is intelligent; it is unpredictable. It reminds us that we too, are members of the primate family. Maybe not hominoids, but certainly cousins. We sang it as a happy celebration of the fact that we share space on this earth with baboons. Race simply didn't come into it. Don't go looking for sinister meaning where it doesn't exist, ma'am.
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sat Mar 08 15:46:50 UTC 2025
|