Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Groete uit Amerika
Groete uit Amerika [boodskap #28588] Vr, 24 Desember 1999 00:00 na volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Vir almal op die nuusgroep, die wat ek kan lees en die wat deur my leser
ge-ignoreer word, baie Geseende Kersfees vir julle almal. Ek hoop
hierdie tyd en die afloop na die nuwe jaar toe sal vir julle almal
vreedsaam wees en veilig vir die ous in SA.

Johan

NS: Ons het gister, Donderdag, heeldag sneeu gehad bo-op die lagie wat
laas Sondag geval het en die wereld lyk te pragtig. Ek had verlof en
het amper die heel dag in die sneeu rondgery op soek na mammie se
geskenke. Dit was te lekker vir woorde om weer die gekraak van die
sneeu onder die wiele te hoor en so gly-gly hier in ons straat in te
draai en te weet jy sal nou met 'n heerlike beker warm sjokolade voor
die kaggel kan sit en ontspan!

Ons gesin steek vanaand kerse aan in die kerk en die jongste knaap sing
ook in die kleintjies se koor. More spandeer ons saam met goeie SA
vriende op 'n maaltyd van skaapboud, kalkoen, soetpattats, rys,
aartappels en Nasionale poeding met vla!
More aand sal ons almal saam in 'n bussie of twee klim en in die strate
gaan rondry op soek na die mooi liggies wat al die huise versier.

J
Re: Groete uit Amerika [boodskap #28589 is 'n antwoord op boodskap #28588] Vr, 24 Desember 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Johan wrote:

Ek hoop

> hierdie tyd en die afloop na die nuwe jaar toe sal vir julle almal
> vreedsaam wees en veilig vir die ous in SA.

Ja, ons voel so vreedsaam hier. Veral nadat die troepe van Osamabin Laden
die VSA begin inval (deels vanuit Kanada).

Minnehaha
Re: Groete uit Amerika [boodskap #28590 is 'n antwoord op boodskap #28588] Vr, 24 Desember 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Johan wrote:

> Vir almal op die nuusgroep, die wat ek kan lees en die wat deur my leser
> ge-ignoreer word, baie Geseende Kersfees
>

Hoe's daai nou vir 'n hart wat verklaar hy is skoongewas,
maar hy kan darem nie help om die egotjie bietjie te verhoog
en die stekie bietjie in te kry nie.

Die Tannie met die trane in haar oge
Re: Groete uit Amerika [boodskap #28599 is 'n antwoord op boodskap #28588] Ma, 27 Desember 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Tobie de Villiers  is tans af-lyn  Tobie de Villiers
Boodskappe: 50
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Volle Lid
Hello Johan
Wens ek was daar net om 'n slag koud te kry. Hier in die Suid Kaap vrek ons
van die hitte (28°C - 35°C) en 'n baie hoë humiditeit. Wat ek graag wil weet
is waar jy groot geword het want ek sien jy praat van 'had' in plaas van
het. Die ouer garde hier sê ook 'had'
Voorspoedige nuwe jaar aan jou en joune.
Tobie
--
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
BirdPersons visit these sites:
http://www.mjvn.co.za/ringneck/2_ml10.htm
http://www.parrotline.org/articles.html
http://www.upatsix.com/liz/ (birdbehavior)
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
My free flying parrots:
http://albums.photopoint.com/j/AlbumList?u=66404&Auth=fa lse
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Johan wrote in message ...

-----------------knip----------------------

Ek had verlof en
> het amper die heel dag in die sneeu rondgery op soek na mammie se
> geskenke.

----------------knip-----------------------
Re: Groete uit Amerika [boodskap #28615 is 'n antwoord op boodskap #28588] Do, 30 Desember 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Tobie,
Waar ek "had" opgetel het, weet ek nie. Ek het in Kaapstad en Pretoria
grootgeword (my pa was verbonde aan die ministerie van vervoer en moes saam met
die parliament trek elke ses maande). Teen hoërskooltyd het ons drie jaar in
Kimberley spandeer en daarna het ons ons aan die Wesrand gevestig.

In my studentejare het ek vir ses maande ook daar in julle konterei by
Stormsrivier Brug gaan werk toe dit nog deel van die Nasionale Parkeraad was.
Ek wens so ek het 'n rekord gehou van al die sêgoed wat die mense wat saam met
my gewerk het, gebruik het.

Die enigste een wat ek kon onthou, is wanneer hulle jou gevang het lyk of jy nog
vaak was in die oggend of lui, dan sou hulle sê "Jy's wee lekki hanne agterie
rug vandag...!"

Dit was van die beste ses maande in my lewe daardie. Ons het baie sports gehad
en dit alles in een van die mooiste dele van SA. Van die winkel kompleks af
moes ek so halfmyl loop in die woud in na my hout huis toe. Daar was die hele
ses maande verskillende veldblomme langs die pad, mooier as enige gemaakte
tuin. So een of twee keer het ek 'n luiperd gehoor langs die pad, maar nooit
gesien nie - ook nou nie juis stil gestaan om te kyk nie!

Soos ek gesê het was die mense wonderlik. Meeste van hulle het aan die oorkant
van die Stormsrivier gewoon - omtrent helfte op die plaas Thornham. Dié het aan
die Thorn en Cunningham families behoort en net hulle eie mense kon op die plaas
bly. Een van die vrouens wat vir ons gewerk het, was die Cunningham patriarg se
dogter. Hy het in Port Elizabeth bebly en nou en dan kom kuier.

Tobie wrote:

> Wens ek was daar net om 'n slag koud te kry. Hier in die Suid Kaap vrek ons
> van die hitte (28°C - 35°C) en 'n baie hoë humiditeit. Wat ek graag wil weet
> is waar jy groot geword het want ek sien jy praat van 'had' in plaas van
> het. Die ouer garde hier sê ook 'had'
Re: Groete uit Amerika [boodskap #28644 is 'n antwoord op boodskap #28588] So, 02 Januarie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Maarten Jansonius  is tans af-lyn  Maarten Jansonius
Boodskappe: 29
Geregistreer: Desember 1999
Karma: 0
Junior Lid
Tobie schreef:
>
> Hello Johan
> Wens ek was daar net om 'n slag koud te kry. Hier in die Suid Kaap vrek ons
> van die hitte (28°C - 35°C) en 'n baie hoë humiditeit. Wat ek graag wil weet
> is waar jy groot geword het want ek sien jy praat van 'had' in plaas van
> het. Die ouer garde hier sê ook 'had'
> Voorspoedige nuwe jaar aan jou en joune.
> Tobie

>> Ek had verlof en
>> het amper die heel dag in die sneeu rondgery op soek na mammie se
>> geskenke.

Is er niet een verschil tussen 'het' en 'had' (vgl. Engels 'has'/'have'
en 'had') ?
In het Nederlands is 'had' verleden tijd en 'heeft' (of 'heb')
(informeel: 'het') tegenwoordige tijd.
Is er in het Afrikaans ook een aparte vorm voor de verleden tijd ?

In het Nederlands zou bovenstaande zin worden:
> "Ik had verlof en heb bijna de hele dag in de sneeuw rondgereden op zoek naar mammie's geschenken."

Ook ik wil iedereen die dit leest graag een heel gelukkig nieuw jaar
toewensen!
Maarten.
Re: Groete uit Amerika [boodskap #28742 is 'n antwoord op boodskap #28588] Sa, 15 Januarie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan van Zyl  is tans af-lyn  Johan van Zyl
Boodskappe: 14
Geregistreer: Desember 1999
Karma: 0
Junior Lid
Maarten Jansonius wrote in message
news:386E92C2.F9E29A0C@sci.kun.nl...
|
|
| Tobie schreef:
| >
| > Hello Johan
| > Wens ek was daar net om 'n slag koud te kry. Hier in die Suid Kaap vrek ons
| > van die hitte (28°C - 35°C) en 'n baie hoë humiditeit. Wat ek graag wil weet
| > is waar jy groot geword het want ek sien jy praat van 'had' in plaas van
| > het. Die ouer garde hier sê ook 'had'
| > Voorspoedige nuwe jaar aan jou en joune.
| > Tobie
|
| > >Ek had verlof en
| > >het amper die heel dag in die sneeu rondgery op soek na mammie se
| > >geskenke.
|
| Is er niet een verschil tussen 'het' en 'had' (vgl. Engels 'has'/'have'
| en 'had') ?
| In het Nederlands is 'had' verleden tijd en 'heeft' (of 'heb')
| (informeel: 'het') tegenwoordige tijd.
| Is er in het Afrikaans ook een aparte vorm voor de verleden tijd ?
|
| In het Nederlands zou bovenstaande zin worden:
| > "Ik had verlof en heb bijna de hele dag in de sneeuw rondgereden op zoek naar mammie's geschenken."
|
| Ook ik wil iedereen die dit leest graag een heel gelukkig nieuw jaar
| toewensen!
| Maarten.

Algemene Afrikaans:

Ek het verlof gehad en het amper die hele dag.....ens.

--
Johan
Down
Under
Re: Groete uit Amerika [boodskap #28757 is 'n antwoord op boodskap #28588] Ma, 17 Januarie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Samuel Murray  is tans af-lyn  Samuel Murray
Boodskappe: 66
Geregistreer: September 1999
Karma: 0
Volle Lid
ek weet nie watter "had" julle van praat nie... maar dis nie so onalgemeen
nie, hoor. ek gebruik dit self nogals... maar 'n mens sal meer geneig wees
om dit in skrif te kry.

samuel murray

Johan skryf in boodskap news:386B7445.77FD868A@dot.com...
> Tobie,
> Waar ek "had" opgetel het, weet ek nie. Ek het in Kaapstad en Pretoria
> grootgeword (my pa was verbonde aan die ministerie van vervoer en moes saam met
> die parliament trek elke ses maande). Teen hoërskooltyd het ons drie jaar in
> Kimberley spandeer en daarna het ons ons aan die Wesrand gevestig.

[snip]
Re: Groete uit Amerika [boodskap #120295 is 'n antwoord op boodskap #28588] Ma, 11 Julie 2016 12:46 Na vorige boodskap
sibus...  is tans af-lyn  sibus...
Boodskappe: 1
Geregistreer: Julie 2016
Karma: 0
Junior Lid
Hello Johan

ek het nou per ongeluk op die 'site' van jou afgekom.
Ek is een van die afstamelinge van die Cunninghams en Thorns.

My ma was 'Auntie Mien'

My naam is Minty en ek is bly om te hoor dat jy dink Thornham is een van die
mooiste dele van Suid Afrika.

maar ek bly nie op die plaas nie. Ek Woon in Johannesburg.
my e-pos address is minty....@gmail.com.
sal in kontak bly.

groete en hoop dis nou lekker warm in Amerika want dis winter by ons

LOL
Vorige onderwerp: Spoke, of nie spoke nie.
Volgende onderwerp: Op soek na die volgende persone ....
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 14:18:24 MGT 2024