Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Zuma vlieg in peperduur straler na Amerika
Zuma vlieg in peperduur straler na Amerika [boodskap #120017] Wed, 21 September 2011 10:17
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: March 1997
Karma: 0
Senior Lid
Zuma vlieg in peperduur straler na Amerika

luukse straler, wat miljoene rande kos om te huur, na Amerika
gevlieg, berig Eyewitness News.

Dié straler behoort aan Ivor Ichikowitz, 'n prominente ANC-
ondersteuner, wapenhandelaar en oliemakelaar.

Zuma se Boeing 737 word drie maande lank in Basel, Switserland
gediens.

Die luukse Boeing 727 kos $14 000 (sowat R108 000) per uur om te huur
en Ichikowitz het gesê die president het nie afslag gekry nie.

Die straler behoort aan Ichikowitz, maar is as deel van 'n
regeringstender deur 'n maatskappy aan Zuma verhuur.

Ichikowitz het in 2008 dieselfde straler gratis aan Zuma verskaf toe
na Kazakhstan en Libanon moes reis.

Volgens 'n kwotasie op die maatskappy se webwerf kos dit R500 000 om
vanaf Johannesburg na Kaapstad te vlieg.

Die ministerie van verdediging het gesê hy het geen opsie as om
privaatstralers te huur terwyl die president se vliegtuig gediens word
nie.

http://afrikaans.news24.com/Suid-Afrika/Nuus/Zuma-vlieg-in-p eperduur-straler-na-Amerika-20110920
Vorige onderwerp: 'Skiet die Boer' ís haatspraak, beslis hof
Volgende onderwerp: ANC-jeugliga beplan massa-aksie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Thu Jan 23 21:45:45 UTC 2025