Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » ANC Sucks - Dronk regter kry R4 676 336 vir by die huis sit
ANC Sucks - Dronk regter kry R4 676 336 vir by die huis sit [boodskap #119955] Di, 24 Mei 2011 09:52
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
Dronk regter kry R5 milj. vir by die huis sit
2011-05-24 09:53

Johannesburg – R4 676 336. Dít is hoeveel die veroordeelde regter
Nkola Motata oor die afgelope vier jaar betaal is ten spyte van die
feit dat hy nie by die werk is nie, het The Star Dinsdag berig.

Jeff Radebe, minister van justisie, het in 'n geskrewe parlementêre
antwoord aan die Cope-LP Dirk Feldman gesê hy is van mening dat Motata
op spesiale verlof moet bly met volle vergoeding tot die Regterlike
Dienskommissie (RDK) sy ondersoek na bewerings van wangedrag teen hom
afgehandel het.

Indien die RDK nie sy ondersoek teen Februarie aanstaande jaar,
wanneer Motata aftree, afhandel nie, kan hy op die volle salaris van
'n regter aftree.

Motata het in Januarie 2007 sy Jaguar deur die muur van Richard Baird,
'n sakeman, se huis in Hurlingham, Randburg geploeg.

Hy is in 2009 in die Johannesburgse hooggeregshof skuldig bevind op
aanklag van dronkbestuur en 'n boete van R20 000 of 12 maande
tronkstraf opgelê.

In 2007 het 'n regter jaarliks R739 497 verdien en teen 2010 het dié
bedrag tot R1 385 013 gestyg.

Feldman het geëis dat Motata bedank en gesê hy is "diep bekommerd" dat
sy verlof verleng is. Hy het gevra dat die RDK "'n voorbeeld stel" en
"die lyn trek".

"Dit is verkeerd. Een van my grootste bekommernisse is dat die
belastingbetaler sy salaris betaal, terwyl hy by die huis is en niks
doen nie."

Athol Trollip, die DA se parlementêre leier, het gesê hoewel die reg
sy gang moet gaan, is dit 'n "kommerwekkende fenomeen" dat beamptes
wat uit die publieke beursie betaal word, toegelaat word om vir 'n
onbepaalde tydperk 'n maandelikse salaris te ontvang.

http://afrikaans.news24.com/Suid-Afrika/Nuus/Dronk-regter-kr y-R5-milj-vir-by-die-huis-sit-20110524
Vorige onderwerp: Skiet die Boer is Haatspraak
Volgende onderwerp: Man sterf in soveelste huisrooftog
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 11:55:33 MGT 2024