Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » '90% van die plase oorgedra was onsuksesvol'
'90% van die plase oorgedra was onsuksesvol' [boodskap #119942] Ma, 09 Mei 2011 07:45
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
'90% van die plase oorgedra was onsuksesvol'
2011-05-09 08:45

Alet Rademeyer

Johannesburg – Grondhervorming is nie suksesvol as nuwe plaaseienaars
hul grond verlaat om weer in townships gaan bly en die plase nie
produktief bewerk word om voedselsekerheid te verseker nie.

Só het Gugile Nkwinti, minister van landelike ontwikkeling en
grondhervorming, Sondag op ’n mediakonferensie buite Pretoria gesê.

Hy het gepraat ná ’n restitusie-werksessie wat die naweek deur meer as
1 200 afgevaardigdes bygewoon is.

Hiertydens is na die bekommernisse van begunstigdes van grondeise
geluister en na tekortkominge van die restitusie-program gekyk.

Nkwinti het op ’n vraag oor grondhervormingsuksesse gesê tot 90% van
plase wat in die boekjaar 2009-’10 oorgedra is, het nie presteer nie.

Volgens hom is grondrestitusie ’n ingewikkelde en emosionele kwessie.

Die doel is om te verseker dat grondoordrag met ontwikkeling gepaard
gaan. Daarom is dit belangrik om na mense te luister wat grondeise
ingedien het, meen hy. “Ons moet hul ervarings verstaan, pleks van in
kantore sit en besluite neem oor wat vir hulle goed is.”

Op ’n vraag oor die departement se kommentaar op uitlatings van Julius
Malema, ANC-jeugleier, dat grond sonder vergoeding onteien moet word,
het Nkwinti gesê grondhervorming moet binne die grondwetlike raamwerk
van die land plaasvind.

Volgens hom is die huidige mandaat om 30% van grond teen 2014 oor te
dra en boere daarvoor te vergoed.

“Die mandaat het sy eie beperkings en daar is pleidooie dat wysigings
gemaak moet word om die verkryging van grond makliker te maak.”

Nkwinti het gesê daar is ’n groot behoefte dat Suid-Afrikaners van
grondeise bewus gemaak word omdat mense grond wil koop waarop daar
reeds eise is.

Volgens Nkwinti is daar nie meer so baie grondeise agterstallig nie.
Dié wat wel uitstaande is, is ingewikkeld en baie geld is daarby ter
sprake.

Met verwysing na grondpryse wat deur sommige eienaars opgeblaas word,
het Nkwinti gesê die gedagte is dat ’n komitee gestig word wat na
standaardpryse kan kyk.

Van die probleme met die restitusie-program wat uitgewys is, is:

Die toestaan van prospekteer- en mynregte aan derde partye deur die
departement van minerale bronne op grond wat reeds geëis word of aan
mense teruggegee is;
Die afhandeling van eise sonder die versekering van deeltitelaktes vir
die begunstigdes;
Beweerde korrupsie en onbevoegdheid van amptenare in die departement;
Swak begrip van die restitusie- en grondregtewet by amptenare; en
Geen regsverteenwoordiging vir grondeisers in geskille wat in die hof
eindig nie.

Nkwinti het gesê sy departement se hoogste prioriteit is om die
geldelike vergoeding vir grondeise af te handel.
Vorige onderwerp: 'Moordenaars, verkragters apartheid se skuld'
Volgende onderwerp: Skiet die Boer is Haatspraak
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 07:41:46 MGT 2024