Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » AWB gereed om boere te beskerm
AWB gereed om boere te beskerm [boodskap #11948] So, 28 Desember 1997 00:00 na volgende boodskap
Frikkie  is tans af-lyn  Frikkie
Boodskappe: 15
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Junior Lid
AWB GEREED OM BOERE TE BESKERM:

Soos in Rapport op Sondag 28 Desember 1997:

Die Afrikaner- Weerstandsbeweging (AWB) sê hy is besig om met die hulp van
sy Wenkommando mense te ontplooi om boere op hul plase teen bendes te
beskerm.
Dit is egter nie net AWB-aksie nie, maar `n mobilisasie-operasie om die
wenkommando as instrument te gebruik om mense landwyd daarby te betrek. Die
stelsel word glo ook uitgebrei om weerlose blankes in dorpe en stede teen
aanvalle te beskerm en hulle is reeds besig om operasionele sentrums te
vestig.
In `n ongewone stap het vier lede van die beweging se "generale staf"
Rapport Vrydag na die Vrystaatse hoofstad genooi en die sluier oor hul
mobilisasieplanne iewat gelig.
"Ons is nie hier om soos genl. Constant Viljoen van die Vryheidsfront en
dr. Piet Gous van die Vrystaatse Landbou-Unie gedurig te praat en belofte
te maak nie," het die onderleier van die AWB, mnr. Alec Cruiwagen, gesê.
"Die tyd van ydel beloftes is verby, want wat tans op die plase gebeur, is
`n oorlogsituasie en die mense is in `n oorlewingstryd gewikkel."
Die vorige bevelvoerder van die Wenkommando, mnr. Dirk Ackerman, het gesê
as die aanvalle voortduur, sal strukture in werking kom om daarteen te
begin optree.
Hy het gewaarsku dat alles tans beplan is om pro-aktief op te tree. As
toestande egter verder versleg, sal daar geen ander uitweg wees nie as om
offensief te begin terugslaan.
Die opleiding is reeds in die stilligheid voltooi en alle strukture is
gereed, het die ékommandant generaalê van die Wenkommando, mnr. Steyn van
Wronge, gesê.

Genl. Viljoen bly glo aan Beloftes van Mandella en die hoop op `n Volkstaat
vanaf voor die verkiesing en nog steeds. Hy wag nog steeds vir die ANC en
sal nog lank wag.

Die Voortrekkers het alreeds vir ons getrek en in Dorpe en Stede gevestig
en ons trek nie weer nie.

Frikkie Potgieter
Kommunikasie/Skakeloffisier
Oos Kaap

journ...@mail.com
Re: AWB gereed om boere te beskerm [boodskap #11952 is 'n antwoord op boodskap #11948] Ma, 29 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
cobus van bosch  is tans af-lyn  cobus van bosch
Boodskappe: 46
Geregistreer: September 1996
Karma: 0
Volle Lid
As julle dit nou nog nie besef nie, sal julle nooit nie.
Die Afrikaner, soos dit breedweg verstaan word, het geen plek meer in
Suid-Afrika nie (hulle het dit nooit gehad nie), behalwe as hulle hul
propagandistiese en geweldsvertroetelende geskiedenis (bloedrivier,
geloftedag ens.) begin hersien, en hul houding jeens
mede-landsburgers verander.
Dit help nie om in die kerk saam te knik as oor naasteliefde gepraat
word nie, en dan agterna dop in die hand om 'n braaivleisvuur te praat
oor kaffers en hotnots en Afrikaner-beskerming nie. Daar is seker 'n
mate van rassisme teenwoordig in elke mens, maar die manier hoe
Afrikaner leiers dit by hul mense ingeburger het, is vreesaanjaend.

Die Afrikaner, soos ons hulle vandag ken, sal binne 'n geslag of twee
totaal uitgerangeer word as hulle nie verander nie. Bogger die AWB,
die Afrikaner Bond, die Rapportryers, die NP en NGK. Hulle was en is
steeds die VYANDE van vrede en vredeliewende samesyn. Dis te danke aan
hulle dat daar nog nooit oorkoepelende patriotisme in Suid-Afrika was
nie, en vir 'n lang ruk nog nie sal wees nie. Laat hulle gou uitsterf,
want geen Afrikaanssprekende kan dit bekostig om hierdie mense se
misplaasde ideologiee aan te hang nie.

cobus
Re: AWB gereed om boere te beskerm [boodskap #11953 is 'n antwoord op boodskap #11948] Ma, 29 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: Johan Vermaak

"FRED" wrote:
> AWB GEREED OM BOERE TE BESKERM:
>
> Soos in Rapport op Sondag 28 Desember 1997:
>
> Die Afrikaner- Weerstandsbeweging (AWB) sê hy is besig om met die hulp van
> sy Wenkommando mense te ontplooi om boere op hul plase teen bendes te
> beskerm.
> Dit is egter nie net AWB-aksie nie, maar `n mobilisasie-operasie om die
> wenkommando as instrument te gebruik om mense landwyd daarby te betrek. Die
> stelsel word glo ook uitgebrei om weerlose blankes in dorpe en stede teen
> aanvalle te beskerm en hulle is reeds besig om operasionele sentrums te
> vestig.
> In `n ongewone stap het vier lede van die beweging se "generale staf"
> Rapport Vrydag na die Vrystaatse hoofstad genooi en die sluier oor hul
> mobilisasieplanne iewat gelig.

Hulle sal nooit leer nie. BLY WEG VAN DIE PERS. Die fliek "The leader,
the driver, and the driver's wife" is gemaak deur 'n journalis wat uit
was om die AWB te verneder. Heeltyd pellie-pellie met hulle gespeel,
toe verneder hy hulle toe hy terug kom in Engeland. Nou hardloop hulle
alweer PERS toe sodat hulle alweer verneder moet word. Daar bestaan 'n
regse pers, wat maak hulle by die liberale pers? Plastic Boere
bravade. Dis al wat dis kan wees. Nog 'n BOP? Of nog 'n
boereverneukery om die wind uit self beskerming te haal?

> "Ons is nie hier om soos genl. Constant Viljoen van die Vryheidsfront en

Maar Constant was in SWA, met die grens oorlog (teen MK en Kubane), en
is mos met pensioen Noord Transvalse Kommandement toe, of is ek
verkeerd? Nou is SWA Namibia. Leer uit die geskiedenis. So 15-20 jaar
gelede. Nie te lank nie. SWA was mos die oefenveld om hoe 'n land op
'n vreedsame wyse aan 'n Swart Regering to oorhandig, en dan vreedsaam
daarna te kan saambestaan. 'n Mens is mos nie onnosel nie. Ek sal
enige korreksie in die verband wardeer.

> dr. Piet Gous van die Vrystaatse Landbou-Unie gedurig te praat en belofte
> te maak nie," het die onderleier van die AWB, mnr. Alec Cruiwagen, gesê.
> "Die tyd van ydel beloftes is verby, want wat tans op die plase gebeur, is
> `n oorlogsituasie en die mense is in `n oorlewingstryd gewikkel."
> Die vorige bevelvoerder van die Wenkommando, mnr. Dirk Ackerman, het gesê
> as die aanvalle voortduur, sal strukture in werking kom om daarteen te
> begin optree.
> Hy het gewaarsku dat alles tans beplan is om pro-aktief op te tree. As
> toestande egter verder versleg, sal daar geen ander uitweg wees nie as om
> offensief te begin terugslaan.
> Die opleiding is reeds in die stilligheid voltooi en alle strukture is
> gereed, het die ékommandant generaalê van die Wenkommando, mnr. Steyn van
> Wronge, gesê.
>
> Genl. Viljoen bly glo aan Beloftes van Mandella en die hoop op `n Volkstaat
> vanaf voor die verkiesing en nog steeds. Hy wag nog steeds vir die ANC en
> sal nog lank wag.
>
> Die Voortrekkers het alreeds vir ons getrek en in Dorpe en Stede gevestig
> en ons trek nie weer nie.

Trek net weg van woon areas wat stadig verswart...

>
> Frikkie Potgieter
> Kommunikasie/Skakeloffisier
> Oos Kaap
>
> journ...@mail.com
>

Berigte soos hierdie is net uit om Swart / Wit houdinge in Suid Afrika
te polariseer. Emosies opjaag. Ek as Blanke het beter, vreedsame
houdinge met Nie-Blankes. Vra hulle vir advies, en jy kry dit altyd.
Hulle is baise sensitief, en verwag om met respek behandel te word.
Does 'n mens dit, en hulle dra jou letterlik op jou hande. Hulle sal
agteroor buk om jou te help. Natuurlik vir 'n fooi, maar niks in die
lewe is verniet nie. 'n Mens betaal mos vir 'n diens. Vreedsame
naasbestaan. (Peaceful co-existence). Vrede vir almal. Dit is in die
Konstitusie ingeskryf, en is elkeen se reg.

Wees aggresief en kry aggressie. Like attracts like. Wees vriendelik
en trek vriendelike mense aan. Dit is hoe eenvoudig dit werklik is.
Maar daar bestaan aggresiewe mense in die lewe. Identifiseer hulle. En
neem dan regstappe. Of leef ek in 'n droom? Verklaar dan.
Re: AWB gereed om boere te beskerm [boodskap #11954 is 'n antwoord op boodskap #11948] Ma, 29 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Dries Venter  is tans af-lyn  Dries Venter
Boodskappe: 299
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Cobus,

Hierdie dinge wat jy noem is al tot vervelens toe op hierdie ng bespreek.
Baie van dit wat jy sê stem ek mee saam, behalwe dat die gebeure by
Bloedrivier en die Gelofte wat daaruit voortvloei (of sou 'n mens eerder
moet redeneer dat die Gelofte eerste was, en dat Bloedrivier daaruit
voortgevloei het?) "propagandistiese en geweldsvertroetelende geskiedenis"
is. Dit is en bly nog steeds vir my 'n buitengewone Goddelike ingryping in
ons geskiedenis.

Terloops, wat het die strekking van jou brief te doen met die onderwerp
"AWB gereed om boere te beskerm". Dit lyk my jy wil nie hê hulle moet
aanbied om die boere te help beskerm nie, omdat hulle agtegrond "verkeerd"
is. Dit lyk in elk geval of die regering dit nie regkry nie, te midde van
al die ontsnappings, polisie-bedrog ens. Bygesê elkeen en sy boetie sal
natuurlik hieruit politieke munt probeer slaan, ek het selde ooit sowat van
"posturing" gesien, intussen is daar 'n wrerklike tragedie besig om homself
af te speel ("Rome brand en Nero speel viool")

cobus wrote in article
...
> As julle dit nou nog nie besef nie, sal julle nooit nie.
> Die Afrikaner, soos dit breedweg verstaan word, het geen plek meer in
> Suid-Afrika nie (hulle het dit nooit gehad nie), behalwe as hulle hul
> propagandistiese en geweldsvertroetelende geskiedenis (bloedrivier,
> geloftedag ens.) begin hersien, en hul houding jeens
> mede-landsburgers verander.
> Dit help nie om in die kerk saam te knik as oor naasteliefde gepraat
> word nie, en dan agterna dop in die hand om 'n braaivleisvuur te praat
> oor kaffers en hotnots en Afrikaner-beskerming nie. Daar is seker 'n
> mate van rassisme teenwoordig in elke mens, maar die manier hoe
> Afrikaner leiers dit by hul mense ingeburger het, is vreesaanjaend.
>
> Die Afrikaner, soos ons hulle vandag ken, sal binne 'n geslag of twee
> totaal uitgerangeer word as hulle nie verander nie. Bogger die AWB,
> die Afrikaner Bond, die Rapportryers, die NP en NGK. Hulle was en is
> steeds die VYANDE van vrede en vredeliewende samesyn. Dis te danke aan
> hulle dat daar nog nooit oorkoepelende patriotisme in Suid-Afrika was
> nie, en vir 'n lang ruk nog nie sal wees nie. Laat hulle gou uitsterf,
> want geen Afrikaanssprekende kan dit bekostig om hierdie mense se
> misplaasde ideologiee aan te hang nie.
>
> cobus
>
Re: AWB gereed om boere te beskerm [boodskap #11961 is 'n antwoord op boodskap #11948] Di, 30 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Dries Venter  is tans af-lyn  Dries Venter
Boodskappe: 299
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
cobus wrote in article
...
> Wat die sogenaamde Gelofte totaal ongeldig maak, is die feit dat die
> mens nie kan onderhandel of "deals" maak met God nie. Dit impliseer
> eerstens per definisie dat God nie almagtig is nie en tweedens is dit
> 'n uiting van geweldige arrogansie van die mens se kant: as God dit
> doen, sal ons dat doen.

Cobus,

Ek sien die Gelofte in 'n effens ander lig as, soos jy dit stel, 'n "deal"
met God. Die gewraakte woorde "..as Hy ons..." (ek hoop dis die regte
woorde, ek nie 'n kopie van Gerdener se weergawe voor my nie) waarop ek
dink bostaande stelling berus, sien ek nie as 'n "deal" nie. Die
omgekeerde van "as Hy ons..." is "as Hy nie ons..", en die implikasie
daarvan is dat daar in elk geval niemand oor sou wees om enigiets verder te
doen of nie te doen nie, want al die weerbare mans was daar in die kommando
bymekaar, en sou hulle uitgeroei word, sou dit net 'n kwessie van tyd wees
voordat die res van die trekgeselskap in Natal uitgeroei sou word. So, na
'n lang relaas, sien ek dit eerder as 'n dankbetuiging teenoor God vir Sy
beskerming, nie 'n poging om God te dwing om iets te doen nie.

Verder kan ek nie sien hoe dit per definisie impliseer dat God nie
almagtig is nie. Hy is almagtig, ook in soverre Hy kan besluit soos Hy
wil, maw Hy kon die trekkers beskerm en hul vyand aan hul uitlewer as Hy
wou, of Hy kon dit volgens Sy meesterplan nie doen nie. Die punt is: alles
is en bly nog steeds onder Sy beheer.

> Die hele Trekkergeskiedenis (die basis van Afrikaner geskiedenis) is
> propagandisties omdat dit voorgee dat die Trekkers die goedheid en die
> "beskawing" verteenwoordig het, en in opdrag van God oor die donker,
> heidense en bose moes seevier om lig na Afrika te bring. Kyk wat het

Wie het gesê dat die trekkers in opdrag van God oor die donkere Afrika moes
seëvier? Nie een van my geskiedenisboeke (nog uit die apartheidsdae) het
dit ooit gesê nie. Wat Jesus wel deeglik deur Sy Woord vir ons (alle
Christene) sê (opdrag gee) is om dissipels van alle nasies te maak en die
Evangelie aan almal te verkondig, 'n ding wat Christene alte gerieflik
vergeet deesdae... Ja, die Voortrekkers het met 'n baie diepgewortelde,
Calvinistiese siening die wêreld ingetrek, en hulle het noodwendig
hulleself as die "goeie" (in die sin van Lig teenoor Duisternis) en die
"beskaafdes" gesien, die Woord sê dan dat gereddes mense van die Lig is.
Ek sien myself ook so.

> Die Trekkergeskiedenis hemel geweld op. Elk van die sogenaamde
> hoogtepunte het om fisieke konflik gewentel. Inderdaad staan geweld
> sentraal in die populere Afrikanergeskiedenis. Dink maar aan die
> Grensoorloe, die Boere oorlog, die Rebellie, en meer onlangs, die
> konflik in die ou Suidwes-Afrika. Die Afrikaner het mos met bloed
> betaal vir alles wat hulle verkry het, nie deur onderhandeling nie,
> nie deur vredeliewendheid nie en nog minder deur mededeelsaamheid.

Sover die sentrale gestaltenis van geweld in die Afrikanergeskiedenis
betref, kan niemand dit ontken nie. Om egter te sê dat dit opgehemel word
is bietjie dik vir 'n daalder. Maar wat my opval is dat in feitlik al die
oorloë/veldslae/ens van die Oosgrens se tyd af, die Afrikaner nie die ding
begin het nie. 'n Hele paar van die Grensoorloë het ontstaan vanweë die
geknoei van die Engelse regering, of deur hulle dikwels onbeholpe en
onnadenkende optrede. Retief het gaan onderhandel met Dingaan om 'n stuk
grond. Die ander trekkerleiers het ook met ander opperhoofde onderhandel.
Die Anglo-Boere oorloë is deur 'n magsbehepte imperialistiese Engeland op
die Boere afgedwing. Die Suidwes-oorlog kan waarskynlik uitgesonder word,
die Rebellie weet ek nie genoeg van om kommentaar te waag nie. Die twee
Wêreldoorloë het ons in elk geval as deel van die Britse Ryk in 'n
spesifieke kamp geplaas.

>> Terloops, wat het die strekking van jou brief te doen met die onderwerp
>> "AWB gereed om boere te beskerm".
>
> Ek is nie so seker dat blanke boere skielik die teiken van een of
> ander bose aanslag geword het nie. Is dit nie maar net geweld wat van
> die stad af platteland toe uitkring nie?

Maar beteken dit dan nou dat niemand mag aanbied om die boere te beskerm
nie? Mag ek nie my broer in nood gaan help nie? (En nee, ek is nie lid van
die AWB nie, en ek deel ook nie noodwendig hul sieninge nie) As ek weet
iemand het my hulp nodig, hoe min ook al, en ek doen geen moeite om te help
nie, maak ek my skuldig aan growwe nalating. Ek IS my broer se hoeder, wit
of swart.

> ...Swart mense word daagliks in
> die platteland vermoor (dis mos normaal), maar as dit 'n blankes is

Dalk is dit vir jou normaal, nie vir my nie. Ek het baie familie wat boer,
en ek weet watter verhouding daar bestaan tussen hulle en die mense wat vir
hulle werk of tussen hulle woon.

> wat slagoffers word, dan word dit skielik as 'n aanslag gesien. Wat

Kyk na die statistiek en sê vir my dat die aanvalle op boere nie die hoogte
in geskiet het nie. En aanslag is dit beslis, of dit nou van doodgewone
stedelike skurke is wat platteland toe uitwyk, en of dit nou een of ander
sinestere mag is. Hoekom sou skurke in die stede skielik besluit om
platteland (nie eens na dorpe nie maar sommer plein die bosse in) toe te
wyk? Maak nie heeltemal vir my sin nie.

> die AWB wil doen, is bloot politieke opportunisme. Dis hulle, en
> natuurlik Viljoen ,

Terwyl jy besig is moet jy in elk geval eintlik die hele ou lot bysleep van
PW Botha, FW de Klerk, Martinus v Schalkwyk en kie dwarsdeur
Holomisa/Meyer, die ACDP, KP, en die kombuiswasbak. Viljoen is in elk
geval die een wat nog HEELTYD gesê het: geen gewapende stryd, so hoe kry jy
nou daardie kloutjie by die oor? Of is dit nou sommer lekker om so in die
een klap sommer 'n hele paar gesigte by te kom, of hulle dit nou verdien of
nie?

> ...Wat kan die AWB in elk
> geval uitrig? Hul vermoens is destyds deeglik getoets in
> Bophutatswana. Wat ons gesien het, was 'n klomp vet bebaarde plebs wat

Amen daarop

Groete en alles van die beste vir die nuwe jaar.

Dries Venter
Re: AWB gereed om boere te beskerm [boodskap #11962 is 'n antwoord op boodskap #11948] Di, 30 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
cobus van bosch  is tans af-lyn  cobus van bosch
Boodskappe: 46
Geregistreer: September 1996
Karma: 0
Volle Lid
> Baie van dit wat jy sê stem ek mee saam, behalwe dat die gebeure by
> Bloedrivier en die Gelofte wat daaruit voortvloei (of sou 'n mens eerder
> moet redeneer dat die Gelofte eerste was, en dat Bloedrivier daaruit
> voortgevloei het?) "propagandistiese en geweldsvertroetelende geskiedenis"
> is. Dit is en bly nog steeds vir my 'n buitengewone Goddelike ingryping in
> ons geskiedenis.

Wat die sogenaamde Gelofte totaal ongeldig maak, is die feit dat die
mens nie kan onderhandel of "deals" maak met God nie. Dit impliseer
eerstens per definisie dat God nie almagtig is nie en tweedens is dit
'n uiting van geweldige arrogansie van die mens se kant: as God dit
doen, sal ons dat doen.
Die hele Trekkergeskiedenis (die basis van Afrikaner geskiedenis) is
propagandisties omdat dit voorgee dat die Trekkers die goedheid en die
"beskawing" verteenwoordig het, en in opdrag van God oor die donker,
heidense en bose moes seevier om lig na Afrika te bring. Kyk wat het
hierdie lig die afgelope 50 jaar aan die land gedoen.
Die Trekkergeskiedenis hemel geweld op. Elk van die sogenaamde
hoogtepunte het om fisieke konflik gewentel. Inderdaad staan geweld
sentraal in die populere Afrikanergeskiedenis. Dink maar aan die
Grensoorloe, die Boere oorlog, die Rebellie, en meer onlangs, die
konflik in die ou Suidwes-Afrika. Die Afrikaner het mos met bloed
betaal vir alles wat hulle verkry het, nie deur onderhandeling nie,
nie deur vredeliewendheid nie en nog minder deur mededeelsaamheid.

> Terloops, wat het die strekking van jou brief te doen met die onderwerp
> "AWB gereed om boere te beskerm".

Ek is nie so seker dat blanke boere skielik die teiken van een of
ander bose aanslag geword het nie. Is dit nie maar net geweld wat van
die stad af platteland toe uitkring nie? Swart mense word daagliks in
die platteland vermoor (dis mos normaal), maar as dit 'n blankes is
wat slagoffers word, dan word dit skielik as 'n aanslag gesien. Wat
die AWB wil doen, is bloot politieke opportunisme. Dis hulle, en
natuurlik Viljoen , wat nou weer rassistiese gevoelens en polarisasie
wil aanwakker. Dit pas so reg in die Afrikaner se geweldskultuur: ons
moet nou weer wapens opneem, veg en baklei. Wat kan die AWB in elk
geval uitrig? Hul vermoens is destyds deeglik getoets in
Bophutatswana. Wat ons gesien het, was 'n klomp vet bebaarde plebs wat
net daarop uit was om kaffers te skiet. Nou vra ek: wie is die vyand?
die AWB of 'n kammakastige aanslag teen blanke boere? As daar wel so
'n aanslag is, is dit te danke aan mense wat soos die AWB dink en
doen.

Cobus
Re: AWB gereed om boere te beskerm [boodskap #11963 is 'n antwoord op boodskap #11948] Di, 30 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
M.Kruger  is tans af-lyn  M.Kruger
Boodskappe: 91
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Volle Lid
Die AWB moet iets doen om weer bestaansreg te kan regverdig - vir wie ookal
nog graag geeste wil oproep uit die verlede.Maar gelukkig kan alle mense
nog 'n droom of wat uitleef in die nuwe S.A.- dit sluit ongelukkig die AWB
in. Laas op Graaff Reinet so 'n handvol jare gelede, was die beeld wat van
die AWB manne agtergelaat is, die van bollie-bemeste strate, drankbottels
wat die hele wereld ontsier het en ontnugterde verregse polisiemanne wat
agterna die gemors van hulle maatjies moes gaan skoonmaak en toe summier
weggebreek het uit die beweging. Neem liewer aan 'n verkiesing deel, en kyk
of julle 'n demokrasie kan begin verstaan. Dit kos ook meer as 'n GOEIE
ruiter op 'n perd om in hierdie nuwe land te kan oorleef. Maar nou ja.
Daar is plek vir spiere wys ook in hierdie land - veral as die brein nie
dieselfde resultate kan lewer nie. Hou tog nou maar net op om namens alle
boere te praat. Sterkte. Hopelik is die opleiding beter as die waarmee
Bobutastwana aangedurf is.
Re: AWB gereed om boere te beskerm [boodskap #11970 is 'n antwoord op boodskap #11948] Wo, 31 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Norman Coyne  is tans af-lyn  Norman Coyne
Boodskappe: 14
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Junior Lid
Alles van die beste vir 1998 maar...If I was posting in
soc.culture.south-africa.afrikaans I would use die taal please have the
courtesy to use english in this news group. NC
Re: AWB gereed om boere te beskerm [boodskap #11971 is 'n antwoord op boodskap #11961] Wo, 31 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
M J MULLER  is tans af-lyn  M J MULLER
Boodskappe: 9
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Junior Lid
dries ek stem saam !
thys
Dries Venter wrote in message <
Re: AWB gereed om boere te beskerm [boodskap #11979 is 'n antwoord op boodskap #11948] Do, 01 Januarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Andre  is tans af-lyn  Andre
Boodskappe: 10
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Junior Lid
Sabsy wrote:
>
> thys wrote in message ...
>> dries ek stem saam !
>> thys
>
> Keep it here boys
> We have no need for this language in soc.culture.south-africa

Vir die gene wat nie daarvan bewus is nie, Sabsy is een van die "WEGHOL
KAFFERS" wat nou in Amerika sit, dink hy is wit maar nie besef dat jy
die BOBBEJAAN uit die bos kan haal, maar daar is GEEN manier om die BOS
uit die BOBBEJAAN te neem nie.
Hy besef klaarblyklik nie dat Afrikaans n deel is van Suid Afrikaanse
kultuur of jy daarvan hou of nie, en dus heel aanvaarbaar is in
"soc.culture.south-africa"
Re: AWB gereed om boere te beskerm [boodskap #11980 is 'n antwoord op boodskap #11948] Do, 01 Januarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sabsy  is tans af-lyn  Sabsy
Boodskappe: 3
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Junior Lid
thys wrote in message ...
> dries ek stem saam !
> thys

Keep it here boys
We have no need for this language in soc.culture.south-africa
Re: AWB gereed om boere te beskerm [boodskap #11985 is 'n antwoord op boodskap #11948] Vr, 02 Januarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gideon  is tans af-lyn  Gideon
Boodskappe: 194
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
Andre wrote in message ...
> Vir die gene wat nie daarvan bewus is nie, Sabsy is een van die "WEGHOL
> KAFFERS" wat nou in Amerika sit, dink hy is wit maar nie besef dat jy
> die BOBBEJAAN uit die bos kan haal, maar daar is GEEN manier om die BOS
> uit die BOBBEJAAN te neem nie.
> Hy besef klaarblyklik nie dat Afrikaans n deel is van Suid Afrikaanse
> kultuur of jy daarvan hou of nie, en dus heel aanvaarbaar is in
> "soc.culture.south-africa"

Daar sit jy jou voet toe daar in. Sabsy is in Suid Afrika en hy werk vir 'n
vooraanstaande rekeningkundige firma (dink maar aan die drie top
rekenkundige firmas wat jy ken en jy is tien-teen-een reg). Welkom by die
nuwe Suid Afrika.

-Gideon-
Re: AWB gereed om boere te beskerm [boodskap #11986 is 'n antwoord op boodskap #11948] Vr, 02 Januarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Thomas Jacobs  is tans af-lyn  Thomas Jacobs
Boodskappe: 49
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Volle Lid
In Andre writes:

> Sabsy wrote:
>>
>> thys wrote in message ...
>>> dries ek stem saam !
>>> thys
>>
>> Keep it here boys
>> We have no need for this language in soc.culture.south-africa

> Vir die gene wat nie daarvan bewus is nie, Sabsy is een van die "WEGHOL
> KAFFERS" wat nou in Amerika sit, dink hy is wit maar nie besef dat jy
> die BOBBEJAAN uit die bos kan haal, maar daar is GEEN manier om die BOS
> uit die BOBBEJAAN te neem nie.
> Hy besef klaarblyklik nie dat Afrikaans n deel is van Suid Afrikaanse
> kultuur of jy daarvan hou of nie, en dus heel aanvaarbaar is in

Sit jou stront praat nou op 'n end boetie. Dit is waar dat mens nie die
bos uit 'n bobbejaan kan haal nie (kyk wat gebeur in die Kaap), laat ek
ook nie nou staan en kak praat nie, maar jou herinner aan 'n tydjie
trug.
Vat die whities wat by die spoorwee gewerk het, sit hom in daai uniform
dan sou jy glo hy dink hy is Mandela. Met sy St 5 sertifikaat was sy
tokoms verseker. Dus sit 'n boer in uniform dan is hy worst as die
bobejaan.

> "soc.culture.south-africa"
--
Thomas Jacobs - Computing Centre - Rhodes University - Grahamstown
Internet: cc...@hippo.ru.ac.za uucp: ..!uunet!m2xenix!quagga!hippo!cctj
Re: AWB gereed om boere te beskerm [boodskap #11996 is 'n antwoord op boodskap #11948] So, 04 Januarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
M J MULLER  is tans af-lyn  M J MULLER
Boodskappe: 9
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Junior Lid
IF YOU CAN`T SPAEK AFRIKAANS WAT ARE YOU DOING ON THIS NEWSGROUP ?
Sabsy wrote in message ...
>
> thys wrote in message ...
>> dries ek stem saam !
>> thys
>
>
> Keep it here boys
> We have no need for this language in soc.culture.south-africa
>
Re: AWB gereed om boere te beskerm [boodskap #12013 is 'n antwoord op boodskap #11948] Di, 06 Januarie 1998 00:00 Na vorige boodskap
Alex[2]  is tans af-lyn  Alex[2]
Boodskappe: 1
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Junior Lid
In article ,
"griet" wrote:

> Die AWB moet iets doen om weer bestaansreg te kan regverdig - vir wie ookal
> nog graag geeste wil oproep uit die verlede.Maar gelukkig kan alle mense
> nog 'n droom of wat uitleef in die nuwe S.A.- dit sluit ongelukkig die AWB
> in. Laas op Graaff Reinet so 'n handvol jare gelede, was die beeld wat van
> die AWB manne agtergelaat is, die van bollie-bemeste strate, drankbottels
> wat die hele wereld ontsier het en ontnugterde verregse polisiemanne wat
> agterna die gemors van hulle maatjies moes gaan skoonmaak en toe summier
> weggebreek het uit die beweging. Neem liewer aan 'n verkiesing deel, en kyk
> of julle 'n demokrasie kan begin verstaan. Dit kos ook meer as 'n GOEIE
> ruiter op 'n perd om in hierdie nuwe land te kan oorleef. Maar nou ja.
> Daar is plek vir spiere wys ook in hierdie land - veral as die brein nie
> dieselfde resultate kan lewer nie. Hou tog nou maar net op om namens alle
> boere te praat. Sterkte. Hopelik is die opleiding beter as die waarmee
> Bobutastwana aangedurf is.
>
Say that in english and I'll really be impressed....

Alex Rodrigues

Analyst/Programmer

=========================================================
SMITH and WESSON - The original point and click interface
=========================================================
Re: AWB gereed om boere te beskerm [boodskap #12014 is 'n antwoord op boodskap #11948] Di, 06 Januarie 1998 00:00 Na vorige boodskap
Hennie Louw  is tans af-lyn  Hennie Louw
Boodskappe: 31
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Volle Lid
Hoe wil hulle dit doen? Met 'n glas brandewyn en coke in die een
hand en 'n geweer in die ander?

My geld is op Executive Outcomes. Die regering (regime) sal dit egter ten
alle koste verhoed, tensy hulle fokken stupid is. EO bestaan uit ex.
valskerm en verkenningskommando troepe en ander goed opgeleide ou SAW lede
en 'n paar buitelanders.

Die ANC sal nie 'n oog toemaak as daar 'n goed opgeleide, goed toegeruste
privaat (wit) mag binnelands ontplooi is nie.

As die Boere dit gaan regkry om vir EO te huur gaan daar dalk groot sports
kom
Vorige onderwerp: Re: KORREK?
Volgende onderwerp: DROOMWERELD
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 13 22:10:59 MGT 2024