Brigadier ontslaan nadat hy vrou verkrag [boodskap #119757] |
Fri, 09 July 2010 14:23 |
Daun Johnson
Boodskappe: 1155 Geregistreer: January 2009
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Sasolburg. Brig. Zondi Nghondzweni, voormalige bevelvoerder van die
Sasolburg-polisiekantoor, is uit die polisie ontslaan nadat hy intern
skuldig bevind is aan 'n klag dat hy 'n vrou in sy kantoor verkrag
het.
Nghondzweni is Dinsdag ontslaan, maar bly vir eers tydelik geskors
terwyl hy kans kry om teen sy ontslag te appelleer.
Kol. Sam Makhele, provinsiale polisiewoordvoerder, het gister
Nghondzweni se ontslag bevestig. Nghondzweni is ook strafregtelik deur
die Onafhanklike Klagtedirektoraat (OKD) aangekla en gaan in die hof
op dieselfde aanklag teregstaan.
Die OKD het Nghondzweni vroeg in Februarie in hegtenis geneem nadat hy
na bewering 'n 26-jarige vrou in sy kantoor op Sasolburg verkrag het.
Die burgerlike vrou het tydelik in sy kantoor diens gedoen.
Hy is op borgtog van R2 000 vrygelaat.
Hy verskyn in die hof op 14 Julie. Earl Coetzee
http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Brigadier-ontslaan-nad at-hy-vrou-verkrag-20100709
|
|
|