Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Gesin vlug nadat hulle Malema gaan verkla
Gesin vlug nadat hulle Malema gaan verkla [boodskap #119735] Sa, 19 Junie 2010 18:59
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
Gesin vlug nadat hulle Malema gaan verkla

2010-06-07 22:27
Susan Cilliers

’n Rustenburgse man en sy gesin is verlede week landuit omdat hulle
vir hul veiligheid vrees nadat hy mnr. Julius Malema, die ANC-
jeugligaleier, weens volksmoord en misdade teen die mensdom by die
internasionale strafhof in Den Haag verkla het.

Die ANC-regering en nog hooggeplaastes word ook gepak, maar nie by die
naam genoem in die deel van die dokument waarin die klagte vervat is
en wat Beeld gister gesien het nie. Hulle sal wel later geïdentifiseer
word.

Die man wie se identiteit aan die hof in Den Haag, maar nog nie aan
die media bekend is nie, het uitgebreide boerderybelange, het mnr.
Fanie van der Walt, sy prokureur, gister gesê.

Hy sal volgens Van der Walt terugkom na Suid-Afrika en sy identiteit
bekend maak sodra die hof in Den Haag sy veiligheid kan waarborg.

Van der Walt het die beskuldigings gister skriftelik aan die hof in
Den Haag gestuur.

“Dié hof sal die klagte nou ondersoek en dan dalk ’n klagstaat met
strafregtelike aanklagte formuleer.”

Die Rustenburgse man steun in sy aantygings teen Malema en die ANC-
regering op die Rome-statuut wat die Verenigde Nasies (VN) opgestel en
in Julie 2002 in werking getree het.

Ingevolge daarvan kan selfs opsweping tot volksmoord as volksmoord
geklassifiseer word.

Malema en ander hooggeplaastes kom in die dokument wat gister na
Nederland gestuur is, onder skoot oor moord, marteling, seksuele
misdrywe en diskriminasie teen ’n spesifieke groep mense (Afrikaanse
boere).

Misdade teen die mensdom ingevolge internasionale reg sluit onder meer
in moord, verkragting, slawerny, onwettige deportasie, onregmatige
ontneming van persoonlike vryheid, marteling en gedwonge prostitusie.

Malema word in die dokument daarvan beskuldig dat hy weke aaneen in
die nasionale sowel as internasionale media gevra het boere moet
vermoor word deur die gewraakte woorde “Skiet die Boer” te sing.

Hy het sy volgelinge daardeur ook tot volksmoord teen Afrikaanse boere
aangehits, ondanks herhaalde versoeke en selfs ’n interdik om hom van
sulke uitsprake te weerhou, lui die dokument.

Oorsprong:Beeld

(
http://www.feedblitz.com/t2.asp?/84250/14048670/3848043/http ://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Gesin-vlug-nadat-hulle-Mal ema-gaan-verkla-20100607
)
Vorige onderwerp: Straat mag naam van bomplanter hê
Volgende onderwerp: Gesin vlug nadat hulle Malema gaan verkla
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 10:40:01 MGT 2024