Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » 'Aanvaarbare' geweld op Marzanne Kruger
'Aanvaarbare' geweld op Marzanne Kruger [boodskap #119714] So, 23 Mei 2010 16:48
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
'Aanvaarbare' geweld op Marzanne Kruger

deur Vlad du Plessis,

Met die weiering van borgtog aan Marzanne Kruger se aanvallers sê
Landdros Stanley Mkhari "Ek verstaan nie hoekom die kind tot so 'n
mate aangerand is nie." Noodwendig wil ek weet watter 'mate' van
geweld, teenoor Marzanne, dan vir die landros aanvaarbaar sou wees?

Die landdros se uitlating is werklik kommerwekkend. Waarom is die
landdros bekommerd oor die 'mate' waartoe Marzanne aangerand is? Moet
hy nie eerder gepla wees met die feit dat sy énigsins aangerand is
nie? Verklap sy uitlating iets oor sy (en baie ander swartes) se
sentiment oor geweld op blankes, selfs blanke kinders?

Met die verhoor van beskuldigdes in die ET moordsaak het ons gesien
hoe rassesolidariteit die swartpubliek gedryf het om in groot getalle
by die hof op te daag om hierdie barbare te ondersteun. Die algemene
gevoel onder die swartpubliek is dat selfs die afgryslik wreedaardige
wyse waarop ET vermoor is 'n goeie ding is. Die beskuldigdes is helde
in die oë van die swartpubliek.

Dit is my argument dat swartes hulself verbly in elke aanval en moord
op blankes. Dit spreek uit die feit dat hulle soveel kere ter
ondersteuning van hul rasgenote se barbarisme by hofsake opdaag. Ek
het in 'n vorige skrywe geargumenteer dat die ANC tot op sy hoogste
vlakke 'n bloedige volksmoord op wittes begeer. Vele bewyse bestaan
vir so 'n argument. Nie die minste hiervan nie is die implisiete
kondonering van Julius Malema se moordliedjies.

Met kader ontplooiing in die regbank en die algemene irrasionele trant
van swartrassesolidariteit, glo ek dat hierdie volksmoordbegeerte ook
daar verteenwoordig word. Wanneer Landdros Stanley Mkhari, dus beswaar
teen die 'mate' van geweld teen Marzanne maak, is dit moontlik omdat
hy 'n mindere mate van geweld nie problematies sou vind nie? As
landdros sou hy enige geweld teen haar moes verdoem, maar is dit
moontlik dat die groteske aard van die aanval op haar dit makliker
maak vir hom om sy plig na te kom? En as laasgenoemde die geval is, is
dit dan selfs moontlik dat dit net gaan om plig, maar dat hy in sy
diepste dink dat Marzanne gekry het wat sy verdien? Was die woord
'mate' 'n Freudiaanse glips?

Terwyl 'n boer, Johan Strydom, wat as filantroop beskryf is weens sy
goeie werk onder swartes, 'n week gelede agter 'n bakkie aangesleep
is, het 'n soortgelyke voorval enkele jare gelede, waar 'n swarte die
slagoffer was, internasionale opslae gemaak. In verlede week se geval
was die boer maar net een van die vele 'normale' aanvalle wat daagliks
op blankes gepleeg word. Nóg sy dood, nóg die grusame aard daarvan het
enigsins nuus in die buiteland gemaak. Ook plaaslik word sy moord nie
as 'n rassevoorval getipeer nie. Dit terwyl die Reitz insident, waar
koshuiswerkers betaal is om flou Oros koeldrank te drink, 'n groteske
'misdaad teen die mensdom' was.

Naspers doen heelhartig aan hierdie verdraaiing van die waarheid mee.
Die linkse propagandahuis ontken nog steeds die volksmoord wat op die
Afrikaner gepleeg word. In artikels oor die aanval op Marzanne Kruger
skemer dit duidelik deur dat Naspers die 'effe' rowwe hantering wat
haar oppasser, wat die aanvallers die huis ingelaat het, as
gelykstaande (of ten minste amper gelykstaande) aan die diaboliese
aanval op Marzanne, beskou.

Behalwe in ekstreem psigotiese gevalle, pleeg blankes nie hierdie tipe
misdaad teen swartes of enigeen anders nie. Hoewel die bediening van
oorverdunde Oros aan swartwerkers, te Reitzkamerwonings, tot 'n
internasionale histerie verhef was, maak nóg Marzanne nóg die
bakkiesleepmoord op Johan Strydom enigsins nuus in die buiteland. In
Suid Afrika het die 'mate' van geweld teen Marzanne haar wel van plek
op plaaslike koerantblaaie voorsien. Tog vir die anti-Afrikaner
buiteland is nie eens die 'mate' van wreedheid genoeg om enige
belangstelling in hierdie ekstreem rassistiese aanval op 'n
Afrikanerkleuter te ontlok nie.


Die Afrikaner se vyande in die buiteland en plaaslik is velerlei.
Simpatie vir ons saak is skraal. Vir óns, is die messe uit. Ter wille
van oorlewing en bevryding is ons op ons self aangewese. Ons kan nie
meer handjies gevou sit nie.

Oorsprong:Perspektief Blog
(
http://www.feedblitz.com/t2.asp?/84250/14048670/3840124/http ://perspektiefpolitiek.blogspot.com/2010/05/aanvaarbare-gewe ld-op-marzanne-kruger.html
)
Vorige onderwerp: Safety is an illusion
Volgende onderwerp: http://dienuwesuidafrika.blogspot.com/
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 12:04:34 MGT 2024