Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Suidlanders waarsku oor toekoms
Suidlanders waarsku oor toekoms [boodskap #119709] So, 23 Mei 2010 16:36
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
Suidlanders waarsku oor toekoms

2010-05-21 00:45
Hannatjie Van Der Merwe

KIMBERLEY. – “Ja, ek is regs. Nie ekstreem-, ultra- of radikaal-regs
nie. Ek gaan God verloën as ek nie sê ek is regs nie. Jy is bang om te
sê jy is regs. Dit het ’n skelwoord geword, maar die Bybel sê die hart
van die wyse is na regs.”

Só het mnr. Gustav Muller, die Suidlanders se leier, Woensdagaand hier
op ’n inligtingsvergadering van dié organisasie gesê.

Tussen 300 en 400 mense het dié vergadering in die Hoffepark-saal
bygewoon waarvoor mense ook van Hanover en Upington gekom het.

Muller het gesê daar is van die media wat die “waarheid geweldig
verdraai”.

“Die Suidlanders is ’n sambreelorganisasie – van links tot heel regs.
Van die DA tot die AWB is in die Suidlanders vervat.

“Wanneer ’n toestand van nood in dié land uitbreek, word nie gevra van
watter politieke party of kerk jy is nie. My projeksie is binne vyf
jaar sal Suid-Afrika in totale anargie verval – ’n anargie wat u nog
nie in Suid-Afrika gesien het nie. Dit is uit realiteite wat ek dit
vir u sê,” het Muller gesê. Hy het gesê die Suidlanders maak reg vir
’n noodtoestand wat hulle sien in die land gaan gebeur.

Mense is aangemoedig om deel van dié organisasie se SMS-stelsel te
word. “Ek wil u waarsku en u inlig om u gereed te kry. Dit is mense
wat nie ingeskakel en voorbereid is nie, wat paniekerig raak.”

Die Afrikaner-blanke volk is ’n minderheidsgroep. “Jy kry ’n etiket
van ekstreem en verregs net omdat jy dié volk wil verteenwoordig. Moet
net nie in Suid-Afrika sê jy wil vir die blanke boere-Afrikanervolk in
die bres tree nie. Dan is jy ’n rassis, verregs en ekstreem.”

Muller het gesê as mense se gebiede nie meer veilig is nie, kan hulle
na ’n veilige punt gebring word wat buite dorpe is. Hy het uit
verskeie koerantberigte voorgelees en gesê hy skets potensiële
scenario’s wat die land in anargie kan dompel. “Net ons water kan ons
in ’n toestand van pandemie dompel.”

Hy het gesê hy haal alles uit koerante. Hy wil nie mense opsweep nie,
maar wil hulle net bewus maak die land is op die voorstoep van ’n
krisis en hoe die Suidlanders dit gaan hanteer. Hy het gesê die
afgelope 15 tot 16 jaar is sowat 3 300 boere in Suid-Afrika vermoor.

Muller het gesê êrens “het ons die seën van God verloor. Die Bybel sê
keer terug na die ou weë en jy sal rus vir jou siel vind. Ons moet
sake met die Hoër Hand regstel, die pad vorentoe loop en dan sal ons
uitgelei word.”

- Volksblad

Oorsprong:Volksblad
( http://www.feedblitz.com/t2.asp?/84250/14048670/3840124/http ://www.volksblad.com/Suid-Afrika/Nuus/Suidlanders-waarsku-oo r-toekoms-20100520
)
Vorige onderwerp: 'n Paar berigte in een koerant
Volgende onderwerp: Safety is an illusion
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 12:09:15 MGT 2024