Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Bejaarde 16 uur ná wrede aanval eers behandel
Bejaarde 16 uur ná wrede aanval eers behandel [boodskap #119669] Di, 04 Mei 2010 19:43
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
2010-05-03 00:58
Pieter Steyn

Nadat ’n bejaarde vrou van Fauresmith erg in haar huis aangerand is,
het die Vrystaatse gesondheidsdiens haar ook in die steek gelaat.

Mev. Lenie Liebenberg (84) kon eers 16 uur nadat sy só geslaan en
geskop is dat sy bloeding op die brein en ’n gebreekte rib opgedoen
het, vir die eerste keer ’n dokter spreek.

Liebenberg is Saterdag omstreeks 15:00 in haar huis deur ’n booswig
oorval wat ’n vuurwapen en geld geëis het.

Haar skoondogter, mev. Annelie Tereblanche van Bothaville, het gister
aan Volksblad vertel hoe haar skoonma eers na die Jagersfontein-
hospitaal gebring is.

“Sy is deur ’n vriendin na die hospitaal op Jagersfontein gebring.
Dáár is bloot gesê daar is geen beddens beskikbaar nie en ná ’n lang
geskukkel is ons na die Nasionale Hospitaal in Bloemfontein verwys.”

Tereblanche sê toe hulle by dié hospitaal kom, was daar weer ’n
gesukkel en nadat hulle etlike ure moes wag, is hulle aangesê om haar
skoonma na die Pelonomi-hospitaal te bring.

“Dit was reeds 22:00 en ons is toe maar huis toe. Vanoggend (gister)
06:00 is ons Pelonomi toe met haar. Daar het hulle ons van bakboord na
stuurboord gestuur.” Uit moedeloosheid is ’n vriendin se dogter gebel,
wat ’n dokter in Bloemfontein is.

“Sy het ons na die trauma-eenheid verwys, waar hulle ons vroeër
weggewys het. Gelukkig was daar ’n dokter wat ons gesien redekawel het
en my skoonma toe gehelp het.”

Liebenberg was erg getraumatiseer met Volksblad se besoek. Tereblanche
sê sy het ’n gebreekte rib en bloeding op die brein.

“My skoonma het báie pyn.”

Liebenberg was Saterdag op pad om ’n vriendin te besoek, toe die rower
haar oorval het en terug in die huis gedwing het.

“My skoonma het nie ’n vuurwapen nie en het die R600 wat sy gehad het
vir die man gegee.”

Hy het glo die geld gevat en Liebenberg en homself in haar slaapkamer
toegesluit.

“Daar het hy haar vreeslik aangerand. Hy het haar kop teen die vloer
gekap, haar met die vuiste in haar gesig bygedam, haar rondgegooi en
geskop en op haar bors getrap.”

Sy het haar aanvanklik teëgesit, maar moeg geword.

Die muurhorlosie het haar oog getref en sy het vir die man gesê haar
kinders kom haar om 16:00 oplaai.

“Hy het toe uitgestap en my saam buitentoe gesleep.”

Die man het gevlug. ’n Vriendin het haar buite haar huis aangetref.

Tereblanche sê die dokter wat Liebenberg in Pelonomi ondersoek het,
het gereël dat sy trauma-berading ontvang.

Liebenberg se vriendinne op Fauresmith wat op haar afgekom het, was só
geskok dat hulle die aand saam in een huis geslaap het.

Ná talle oproepe het niemand gister die telefoon van die Jagersfontein-
hospitaal beantwoord nie toe Volksblad probeer vasstel het hoekom ’n
bejaarde slagoffer hier weggewys is.

Mnr. Jabu Mbalula, woordvoerder van die gesondheidsdepartement in die
Vrystaat, was gister ook “te besig” om op Volksblad se navraag te
reageer.

- Volksblad

Oorsprong:Volksblad
http://www.volksblad.com/Suid-Afrika/Nuus/Bejaarde-16-uur-n% C3%A1-wrede-aanval-eers-behandel-20100503
Vorige onderwerp: De strijd tusschen Boer en Brit.
Volgende onderwerp: Nationalisation on ANC agenda: Malema
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 15:11:19 MGT 2024