Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Omstrede Skiet-die-Boer-lied ontsier Vryheidsdag
Omstrede Skiet-die-Boer-lied ontsier Vryheidsdag [boodskap #119654] Do, 29 April 2010 21:31
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
ANC-lede ontsier opposisiepartye se vryheidsdagvieringe

2010-04-28 00:01
Cobus Coetzee

JOHANNESBURG. – Terwyl pres. Jacob Zuma in sy Vryheidsdag-toespraak in
Pretoria ’n nasionale dialoog oor verskeie knelpunte, onder meer die
liedere wat Suid-Afrikaners sing, bepleit het, is ’n saamtrek van
opposisiepartye by die grondwethof deur ANC-ondersteuners met die sing
van die woorde “Skiet die Boer” ontwrig.

Me. Helen Zille, DA-leier, was nog besig om meer as 2 000 toeskouers
buite die grondwethof toe te spreek toe die sowat 30 betogers met ANC-
vlae en T-hemde opgedaag het.

DA-beamptes het vinnig ’n laer om hul ondersteuners getrek terwyl die
polisie die ANC-ondersteuners tot in een hoek van die hofplein gedryf
het.

Dit is toe dat die ANC-ondersteuners die gewraakte lied Ayesab’
amagwala, waarin die woorde Dubulu iBhunu (skiet die Boer) voorkom,
begin sing het.

Mnr. Gwede Mantashe, ANC-sekretaris-generaal, het party­lede vroeër
gevra om in die huidige omstandighede nie dele van struggle-liedjies
te sing wat geïnterpreteer kan word as woorde wat tot rasse-
polarisering kan lei nie.

Zille het later gesê dié soort optrede deur ANC-lede “simboliseer hul
(die party se) aanval op die Grondwet”.

Lede van die DA en OD het gister by die hof saamgetrek, want hulle
meen die land se Grondwet is in gedrang.

Leiers van Cope is ook genooi, maar hulle het nie opgedaag nie.

“Dit is belangrik dat ons ons regte opeis en ons Grondwet verdedig,”
het me. Patricia de Lille, OD-leier, gesê.

“Ironies genoeg is ons Grondwet onder bedreiging van die hoof van die
staat wat in die Uniegebou sit,” het Zille gesê.

Volgens haar het pres. Jacob Zuma die Grondwet ondermyn toe hy
verseker het hy hoef nie hof toe te gaan en op 700 aantygings van
korrupsie te antwoord nie.

“Hy misbruik mag om sy vriende, soos Schabir Shaik, teen die gereg te
beskerm, terwyl ander politieke opponente vervolg word.

“Sy familie begin allerhande sakeondernemings en gebruik só hul
posisie om uit staatskontrakte ryk te word.

Pres. Zuma verklaar nie self sy belange aan die parlement nie, maar
net wanneer die DA hom druk om dit te doen,” het Zille gesê.

Volgens haar moet die grondwethof Suid-Afrikaners teen magsvergrype
beskerm voordat die land soos Zimbabwe word.

Mnr. Sihlwele Myeki, die leier van die ANC-ondersteuners, het gesê DA-
lede het hulle uitgetart en toe moes hulle Ayesab’ amagwala sing.

Hulle het die lied later ’n tweede keer gesing.

Myeki het gesê hy is ’n lid van die ANC se Joe Slovo-tak.

Mnr. Ishmael Mnisi, ANC-woordvoerder, het gesê die party sal ondersoek
instel of dit wel ANC-lede was.

Die ANC sal enige politieke party die geleentheid gun om sonder
inmenging bymekaar te kom, het hy benadruk.


- Volksblad

Oorsprong:Volksblad
( http://www.volksblad.com/Suid-Afrika/Nuus/Omstrede-SkietdieB oerlied-ontsier-Vryheidsdag-20100427
)
Vorige onderwerp: ‘Jy lê daar as ’n pa, maar kan nie jou kind beskerm’
Volgende onderwerp: Voorspelling - (God) vir Vereenigde (Volksgroepe en/of) Nasies President om te verhoog ? Vorentoe... wenk (Inisiatief)) (lank)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 15:52:13 MGT 2024