Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Laat die Afrikaners gaan, pres. Zuma
Laat die Afrikaners gaan, pres. Zuma [boodskap #119532] Do, 08 April 2010 14:56
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
deur Vannermerwe

2010-04-05 22:23

Ek skryf hierdie brief namens ’n groep Afrikaners, (nie alle
Afrikaners nie), vir wie dit nie meer lekker is om in Suid Afrika te
bly nie.

Ons weet nie regtig wat u bespreek het met die “elite”-Afrikaners by u
onlangse dinee nie, maar ons wil graag ’n versoek aan u rig.

Kan ons asseblief ’n tuisland kry?

Ek is nou maar eers 28, dus weet ek nie veel van wat onder apartheid
gebeur het nie (al moet ek nou betaal daarvoor). Wat ek wel raakgelees
het, was dat die apartheidsregering die reg van swart mense erken het
om oor hulle self te regeer en daarom is daar vir hulle tuislande
gestig.

Kan julle darem net hierdie enkele guns beantwoord en vir ons ook ’n
tuisland gee waar ons oor onsself kan beskik?

Ons vra nie eers die beste deel van Suid Afrika nie. As ons net ’n
groot genoeg stuk in die Karoo, Noord-Kaap (Weskus) kan kry naby ’n
groot rivier, met volle onafhanklikheid sal duisende Afrikaners hulle
self daar gaan vestig.

Dit is ’n wen-wen-situasie.

As die Afrikaners weg is, kan julle al die grond nasionaliseer, sonder
enige weerstand. Julle gaan geen opposisie hê nie, wat beteken dat
julle julle salarisse en voordele kan aanpas net soos julle wil. Julle
mense kan die grond vat en maak net wat hulle wil, sonder dat enige
iemand kerm daaroor.

Ons Afrikaners kan dan oor begin en vir ons ’n land bou soos wat ons
daarvan hou. Meneer Zuma, die erge verskille in kulture in hierdie
land maak dat rassespanning ál meer toeneem. Indien u die Afrikaner
laat gaan, sal u gesien word as ’n vredemaker in die oë van die
wêreld, selfs groter as Mandela! U sal onthou word in die geskiedenis
as ’n wyse man wat konflik vermy het deur aan al die kulture se
behoeftes te voldoen.

Ons vra u nie om die beste van u land op te offer nie. U kan die
swakste deel van Suid Afrika ruil vir vrede in Suid Afrika. Dit is tog
die goedkoopste prys denkbaar.

Asseblief, President Zuma, laat die Afrikanervolk trek.

Ek hoop en bid u is te vinde vir hierdie voorstel,

By voorbaat dank.

Vannermerwe
in...@vannermerwe.com

Oorsprong:Volksblad

( http://www.volksblad.com/MyVolksblad/Briewe/Laat-die-Afrikan ers-gaan-pres-Zuma-20100405
)
Vorige onderwerp: Om hoop te verloor
Volgende onderwerp: Re: De andere kant van het mesjesdraad
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 08:35:31 MGT 2024