Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Malema: Verklaring van oorlog teen Afrikaners
Malema: Verklaring van oorlog teen Afrikaners [boodskap #119401] Ma, 15 Maart 2010 14:51
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
Malema: Verklaring van oorlog teen Afrikaners

deur Grensvegter van die Vrystaat

2010-03-11 23:12

Ek is ’n wit Afrikaner (boer) en ek is dus volgens Julius Malema ’n
verkragter op wie hy wil skiet. Die ANC kan nou op twee maniere op
Julius se nuutste uitlatings reageer.

Hulle kan hulle daarvan distansieer en teen hom optree, of hulle by
hom skaar en dan by implikasie oorlog verklaar teen wit Afrikaners.

Aldus Volksblad van 11 Maart, staan die ANC by Malema se “haatspraak”.
Die berig, Malema se optrede nie haatspraak, sê ANC verwys.

In die lig gesien van hoeveel boere en hul werkers op hul plase
vermoor word, kan ons hierdie tipe praatjies nie langer verdra en
ander pad kyk nie.

Maandag het mnr. Nathi Mthethwa in Centurion plaasmoorde ten sterkste
veroordeel, maar Julius Malema wil die boere skiet.

Dit het nou tyd geword dat die ANC eerlik is met wit mense en dit
duidelik maak waar hulle staan. Hulle is altyd gou om te verklaar dat
hulle ’n nie-rassige organisasie is, maar as hul leiers sulke
uitsprake maak, kan hulle beswaarlik op nie-rassigheid roem. As hulle
hierdie opsweping goedpraat, is dit mos so goed soos ’n
oorlogsverklaring teen wit mense.

Laastens, Julius Malema, gaan kyk bietjie wie is die oorgrote
meerderheid mense wat regtig in die howe beskuldig word van
verkragting en hou op om my en my volksgenote so te beledig. Ons gaan
dit nie langer verdra nie.

Oorsprong:Volksblad
( http://tinyurl.com/ycwqont )
Vorige onderwerp: Boer in Limpopo vermoor
Volgende onderwerp: Twee mannen opgepakt voor moord op Vlaming in Zuid-Afrika
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 14:01:10 MGT 2024