Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Landbou & veeteelt » Regering sal landbou nie help met kragpryse
Regering sal landbou nie help met kragpryse [boodskap #119334] So, 28 Februarie 2010 07:15
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
Met duisende boere reeds vermoor en belaglike kragpryse gaan ons seker
begin honger ly oor 'n paar jaar...
============================================================ =========
Regering sal landbou nie help met kragpryse

Lizel Steenkamp

Kaapstad - Kommersiële boere kan nie op regeringshulp reken om die
hoër kragpryse te oorleef nie.

Dipuo Peters, minister van energie, het Donderdag gesê subsidies aan
die formele landbousektor word nie nou oorweeg nie en sou dit later
gebeur, moet die regering eers vasstel of daar geld is.

Peters het die parlementêre perskorps toegespreek oor die verhogings
wat die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) Woensdag aangekondig het.
Haar antwoorde op vrae was onsamehangend en dikwels onverstaanbaar.

Op ’n vraag of die regering kommersiële boere gaan help, het Peters
gesê verskeie interministeriële komitees en werkgroepe moet eers die
invloed bespreek wat dié verhogings op intensiewe kragverbruikers –
soos boere – gaan hê.

Werkgroepe sal daarna voorstelle aan die kabinet voorlê.

“En sou subsidies een van die voorstelle wees, sal daar ’n besluit
geneem word na gelang van die beskikbare (finansiële) hulpbronne.”

Peters kon nie sê hoe lank dié proses gaan neem nie, ook nie wat boere
moet doen om te oorleef terwyl die regering planne beraam nie.

Intussen het die departement van landbou, bosbou en visserye bevestig
hy gaan met kommersiële boere vergader.

Die meerderheid kommersiële boere koop hul elektrisiteit van Eskom en
sal van 1 April af gemiddeld 24,8% meer betaal.

Volgens Charles Hlebela, woordvoerder van Nersa, moet Eskom sy
voorgestelde tariefstruktuur vir kommersiële kragverbruikers teen 1
Maart aan Nersa voorlê.

Dié struktuur is gekoppel aan kragverbruik en sal eindelik bepaal
presies hoe hoog die kragverhoging vir elke individuele boer sal wees.

Prof. Johan Willemse, ’n landbou-ekonoom verbonde aan die Universiteit
van die Vrystaat, het Donderdag gewaarsku sekere kommersiële boere sal
moet “herstruktureer en afskaal” om te kan oorleef.

- Die Burger

( http://tinyurl.com/ydfwddm )
Vorige onderwerp: Kan iemand help asb?
Volgende onderwerp: Boere is goed vir hul werkers
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 18:02:18 MGT 2024