Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Projek 2010
Projek 2010 [boodskap #119245] Wo, 28 Oktober 2009 18:10
Sanderis  is tans af-lyn  Sanderis
Boodskappe: 8
Geregistreer: Mei 2008
Karma: 0
Junior Lid
Mediaverklaring

Projek 2010

10 Oktober 2009

Enige volk het die plig en verantwoordelikheid om die gebeure wat hom
raak
op skrif te stel en vir die nageslag te bewaar. Indien daardie
gebeurtenisse
'n belangrike invloed op 'n volk se lewe en voortbestaan het, maak dit
die
plig nog soveel meer belangrik.

Tydens die Tweede Vryheidsoorlog (Tweede Engelse Oorlog) het daar
ongeveer
27 000 vrouens, kinders en bejaardes in Britse Konsentrasiekampe
gesterf,
waarvan die grootste gedeelte kinders was. Dit is een van die grootste
oorlogsmisdade in die moderne tyd. Die meeste van die name van die
slagoffers is aangeteken en vorm deel van die Boere-, Afrikanervolk se
geheue, ook vir die toekomstige geslagte. As dit nie so was nie sou
die volk
aan geheueverlies gely het oor hierdie groot saak en sou die vergryper
daarmee weggekom het.

Sedert 1994 se ANC-oorname is daar volgens berekenings reeds meer as
20 000
van ons volk deur volksvreemdes vermoor ten aanskoue van die regime.
Weens
verskillende redes, waarvan sommige nie te onskuldig is nie, kan
hierdie
inligting nie verkry word nie. As daar dus nie 'n doelbewuste poging
aangewend word om die inligting te verkry, te verifieer en aan te
teken nie,
sal die tragedie nooit behoorlik aan die lig kom nie. Dit sal beteken
dat
ons volk aan geheue verlies ly en dat toekomstige geslagte nie daarvan
bewus
sal wees nie.

Ons het ook in Suid-Afrika ondervind hoedat ware feite dikwels ontken
word
en deur die leuen dan te herhaal word die waarheid versmoor. Indien
die name
en ander inligting van die slagoffers verkry en bewaar word is dit nie
so
maklik om die waarheid te onderdruk nie.

Daarom is daar besluit om 'n projek te loots om hierdie inligting in
te
samel en te verifieer. As projek bestuurders is die Verkenners
Beweging van
Suid-Afrika aangestel. Die projek word amptelik geloots op die 10de
Oktober
2009 en daar word beplan om die inligting op datum ingesamel en
geverifieer
te kry teen 10/10/2010

Fondse om die projek suksesvol deur te voer is oor die afgelope twee
jaar
byeengebring deur dit rand vir rand onder volksgenote in te samel. Dit
is
elke volksgenoot se dure plig om aan die projek, bekend as
PROJEK-2010, deel
te neem en die inligting met spesiale moeite te verkry op welke wyse
ookal
en aan die projekspan deur te stuur. Inligting kan gestuur word per
faks
(086 210 6920) of e-pos (inli...@projek2010.co.za) in 'n spesiale
maatvorm
wat verkrygbaar is van die webwerf http://www.projek2010.co.za of
per faks deur te
skakel na 084 271 4777. Inligting kan ook direk op die webwerf ingevul
word
en sal deur die bestuurspan geverifieer word, alvorens dit bekend
gemaak
word.

Besoek gerus:

http://www.projek2010.co.za

en help ons om hierdie projek geslaagd te maak.

Ons Facebook groep:

http://www.facebook.com/group.php?gid=48478082826&ref=ts#/group.php?gid=177067125271&ref=ts
Vorige onderwerp: Plekname
Volgende onderwerp: Julle treurige spul...!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 18:11:57 MGT 2024