Tuis » Ernstig » Gesondheid & boereraat » swine flu
swine flu [boodskap #119123] |
Wed, 29 April 2009 23:31  |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Wat noem hulle dit in Afrikaans. My man sê hy
merk op dat SA se eerste twee gevalle gevind is.
Kanada het al glo negentien. Snaaks hoe die siekte
amper die hele wêreld vol is, en hulle dit nou eers die
afgelope drie weke opmerk.
Kanada het 'n paar jaar gelede deur 'n skrikwekkende
periode gegaan met SARS. Dit was vreeslik aansteeklik,
en hulle het uiteindelik uitgereken dat die eerste geval
in Kanada iemand was wat net in die hysbak in Hong
Kong was waar 'n Sjinese dokter was, wat blykbaar met pasiënte gewerk
het en toe Hong Kong toe gekom het vir 'n
troue, en al baie siek was en kort daarna gesterf het. Die Kanadese
vrou in die hysbak het in Toronto kom siek word, haar
seun ook aangesteek en hulle is albei dood. Later is van
die verpleegsters ook dood wat in aanraking met die
seun in die hospitaal gekom het.
Hulle sê ons is gelukkig dat ons dit nie in die winter
hier kry nie, en dat die mense in die suidelike halfrond, wat
nou die winter binnegaan, miskien nie so lig daarvan gaan
afkom nie.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
Re: swine flu [boodskap #119146 is 'n antwoord op boodskap #119126] |
Thu, 14 May 2009 22:53  |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
drom skryf
> omdat die hele storie eintlik niks met varke te doen het nie en hulle
> net 'n slegte naam gee.
> Die H N is net 'n kode vir alle griepvirusse en die syfers dui die
> spesifieke tipe aan.
Hier in Kanada het 'n hele klomp varke glo
die virus opgetel van 'n mens af. En toe is
die arme diere almal doodgemaak.
Die kommer is darem nog dat julle in
die suidelike halfrond 'n erger tipe kan
ontwikkel omdat dit julle winter is. En dit
dan weer na ons toe volgende winter kan
versprei.
Gloudina
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sat Mar 15 06:16:35 UTC 2025
|