Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » SA en die Dalai Lama
SA en die Dalai Lama [boodskap #119081] |
Fri, 27 March 2009 14:48  |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Goeie ding dat Tutu en De Klerk weier om deel te
neem aan enigiets as die Dalai Lama nie in SA
toegelaat word nie. In alle geval, die Dalai Lama
was onlangs baie siek, en het seker nie vooruit-
gesien na 'n trip na SA nie.
Sjina is 'n netelige kwessie vir baie regerings.
Hilary Clinton se eerste besoek in die buiteland was
aan Sjina, wat omtrent die bank van die VSA se
regering is. Ons vorige Liberale regering was ook
maar afsydig teenoor die Dalai Lama. Die huidige
konserwatiewe regering is nogal meer militant teen
die Sjinese druk. ( Die Dalai Lama is een van net
twee mense wat honorary Canadian citizens is.)
Die Dalai Lama is nou sewentig jaar oud.
Dus is die kwessie van wie hom gaan opvolg, 'n
netelige een.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
Re: SA en die Dalai Lama [boodskap #119100 is 'n antwoord op boodskap #119099] |
Sun, 29 March 2009 21:14  |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Jonas skryf
> Anti - Jammer ek verskil, hy het 'n goedkoop uitweg gekies. Ghandi was
> ook teen geweld gekant>
Ek vind dit snaaks dat jy, wat so vir Mandela
gekritiseer het omdat hy "geweld" as 'n opsie
in die struggle nie uitgesluit het nie, nou skielik
vir die Dalai Lama en Ghandi kritiseer, wat wel
geweld as 'n opsie in hul struggle teengestaan
het en nog teenstaan.
Toe die Dalai Lama onlangs gevra is of dit deel
van Tibet se karma is dat die Sjinese hulle probeer
domineer, toe het hy ja gesê. Dit het baie mense
geskok. Mense wat egter die geskiedenis van
Tibet ken, weet dat daar baie rusies en weerstande
was tussen verskillend Tibetaanse faksies, en dat
die Gelugpa, waaraan die Dalai Lama behoort,
uiteindelik geseëvier het en ander Buddhiste-
lyne onderdruk het. Hulle leier het dus begin om
soos 'n koninklinke lyn oor Tibet te regeer. As
daar nie meer 'n Dalai Lama is nie, is dit ongeveer
asof 'n dinastie die stof byt.
Die lyn van die groep waaraan ons so effens
gekonnekteer is, is nie Gelug nie. Dis 'n onderafdeling
van die Ningma. Die hoof daarvan is verlede Vrydag
oorlede. Sy opvolger bly in Tibet. Die Sjinese owerhede
het geen kritiek op die Palyul nie. Moet dus nie alle
Buddhiste
sien as deel van die groep waaraan die Dalai Lama
behoort nie.
Gloudina
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sun Feb 23 23:55:11 UTC 2025
|