Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die Reënboogreptiel
Die Reënboogreptiel [boodskap #118669] Do, 05 Februarie 2009 10:16
HaHa HeeHee  is tans af-lyn  HaHa HeeHee
Boodskappe: 1
Geregistreer: Februarie 2009
Karma: 0
Junior Lid
Die Reënboogreptiel.

Die reënboogreptiel woon in die Kaap
Die reënboogreptiel kom van ver, van noord,
maar woon nou suid by die see
waar hy sy skubbe skitter in die son.

Die reënboogreptiel woon teen die berg hoog bo die sand
Hoog - waar hy sy tong in die wind in lispel
en hy hom verbeel hy proe Europa
en selfs die Ooste op die vuil Kaapse wind.

Maar dis net ou Kaapse reuke van slawe, beeste en die dood.
(Laer, onder teen die berg is die water aan die styg.)
Hy reik sy kloue verby Higgovale tot anderkant Stellenbosch
en die suur reuk van wyn wat hy hom waan Europees stink.

Die reënboogreptiel sit knus in sy eie mis
tussen die dennebome en donkerder word die Kaap.
Sy skubbe flits ou-ou kleure en om hom
die ruik van 'n dood wat van ver af kom.

In Higgovale nog sis die reënboogreptiel. Dis egter laat.
Die dag word aand. Die lig gee mee.
Om die Kaap styg 'n donkerblou see.
Ver suid kraak die ys al plaat op plaat.
Vorige onderwerp: Interessanthede
Volgende onderwerp: Riaan is Terug
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 23:54:47 MGT 2024