Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Veiligheid & wapens » Vuurwapen lisensies
Vuurwapen lisensies [boodskap #118561] Vr, 16 Januarie 2009 14:40 na volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
wie van julle het al vuurwapen lisensies hernu?
Vanmiddag het ek 'n telefoonoproep gehad vanaf 'n kaptein by die die
polisiestasie, vertellende dat my hernude lisensie daar is.
Toe ek daar kom, het hy sonder dat ek hom gevra het, gesê dat die
ander een op pad is. (Ek hernu 'n rewolwer en pistool se lisensies)

Op pad na die poskantoor het ek die lisensie in my hempsak gesteek
en besluit om by die huis te kyk watter een reeds hernu is en op
watter een ek wag.

By die huis eers die spoedboete van R250 gelees wat op my gewag het
en toe vir die eerste keer na die 'lisensie' gekyk. Geen vuurwapen
identifisering daarop nie maar slegs 'n bevoegdheidsbewys.
Nog een is op pad wat my dubbel bevoeg maak en as ek die groot
bevoegdheidsdiploma wat ek gekry het toe ek myself as bevoeg bewys het
byvoeg, dan is ek trippel bevoeg.

Enige iemand wat ook lisensies *reeds hernu het?
Re: Vuurwapen lisensies [boodskap #118566 is 'n antwoord op boodskap #118561] So, 18 Januarie 2009 12:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 16 Jan 2009 16:40:39 +0200, Dave wrote:

> By die huis eers die spoedboete van R250 gelees wat op my gewag
het

Tsk ... tsk.... (soos die comix altyd gese het)

> en toe vir die eerste keer na die 'lisensie' gekyk. Geen vuurwapen
> identifisering daarop nie maar slegs 'n bevoegdheidsbewys.

er... kan ons meneer interesseer in 'n RPG of 'n vickers uit WW1... ?
Monteerbaar op 'n motor se bonnet.
Re: Vuurwapen lisensies [boodskap #118567 is 'n antwoord op boodskap #118566] So, 18 Januarie 2009 14:53 Na vorige boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 18 Jan 2009 14:51:13 +0200, Ferdi wrote:

> On Fri, 16 Jan 2009 16:40:39 +0200, Dave wrote:
>
> het
>
> Tsk ... tsk.... (soos die comix altyd gese het)
>
>
> > identifisering daarop nie maar slegs 'n bevoegdheidsbewys.
>
> er... kan ons meneer interesseer in 'n RPG of 'n vickers uit WW1... ?
> Monteerbaar op 'n motor se bonnet.

Ga... jy't klaar agter gekom ek woon in Suid Afrika, né!
Daar waar drive by shootings mode is.
Teen die tyd weet jy natuurlik die videos wat by ons kleuterskole
geneem is, word bemark onder die titel van 'Wild Westerns'.
Met Davy Crockett, Wild Bill Hickok en Billy the Kid as klaskapteins.

Maar is reg so. As mens 'n mark raaksien moet jy gebruik maak daarvan.
Is daar afslag op groothandel?
Vorige onderwerp: Dit geld ook private sekuriteitswerkers....
Volgende onderwerp: Motoris aangerand; polisie kyk glo toe
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 22:51:35 MGT 2024