Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » 'Baasbrein' agter transitoroof doodgeskiet
'Baasbrein' agter transitoroof doodgeskiet [boodskap #118458] Ma, 24 November 2008 15:28
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
'Baasbrein' agter transitoroof doodgeskiet
en die berig eindig deur te sê
> Biyela is toe op borgtog vrygelaat, hoewel die polisie die aansoek teengestaan het.
Intussen het Zuma gesê daar is te veel woema in die uitdeling van
vrylatings op borgtog, en hy het teenstand gekry van lede van sy eie
party wat sê dat dit hulle daarop geregtig is.

Ek dink daar word meer kriminele geskiet as waaroor die media berig.
In ons lokale koerant 'Daili News' was daar ook berigte oor rowers wat
geskiet is terwyl hulle ondervra of gearresteer is want "hulle het
wapens gegryp en op die polisie geskiet". Dit blyk dat veral
polisiemoordenaars deur die polisie gejag en geskiet word.

Vele mense het koppe instemmend geknik, ek inkluis.
Maar ek begin nou wonder en bekommerd raak. Mense word
onskuldig gearresteer en hard behandel daartydens, volgens
meertalle koerantberigte. Hierdie selfde koerant het ook 'n berig oor
'n Springbok rugbyspeler wat probleme met die polisie gehad het omdah
hulle 'verdag' gelyk het.

Die polisie se rewolwerhande word losser en losser.
'n poeliesman skiet 'n kar uit die pad omdat die kar hom ophou terwyl
hy bo die padwette verhewe is. Radebe, LUR vir welsyn) maak,
ten spyte van sy welsynsportefeulje,
verskoning vir die gevangene en sê dat dit die motoriste se skuld is
dat die polisie hulle uit die pad skiet, al is hulle onskuldig.
En ons moet sukkel om ons vuurwapens te behou.

Ek dink daar's (nog meer) kak op pad.

Vandag se Beeld sê:

Radebe, KwaZulu-Natalse LUR vir welsyn, het intussen in die bres
getree vir sy lyfwag wat verlede week in die Pietermaritzburgse
streekhof op aanklag van poging tot moord verskyn het.

Nxumalo (28), 'n lid van die polisie se BBP-beskermingseenheid, het
glo vroeër op 'n motor geskiet wat nie vinnig genoeg voor hom padgegee
het nie.

Radebe het aan die Sunday Independent gesê motoriste moet ook die
blaam kry vir sulke voorvalle.

“Ek keur nie die polisielede se optrede goed nie, maar ek het ook al
heelwat ongepoetste motoriste teëgekom wat met opset stadig ry wanneer
hulle ons voertuie sien aankom.

“Ons lyfwagte is opgelei om ons te beskerm. Hoe weet ons dit is nie
dalk 'n lokval as iemand so stadig ry nie? Die lyfwagte se reaksie is
eenvoudig om die motors uit die pad uit te stoot en te skiet,” het hy
gesê.
Vorige onderwerp: WAARSKUWING TEEN EETPLEKKE!!!
Volgende onderwerp: Beslis nie almal se gunsteling
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 00:30:56 MGT 2024