Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Vir Leendert: Oor menseregte in Kanada
Vir Leendert: Oor menseregte in Kanada [boodskap #11843] Sa, 13 Desember 1997 00:00 na volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2176
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Leendert,
Moenie weer Don Quixote speel en vir my probeer
aanval omdat jy dink ek dink Kanada is so 'n wonderlike
plek met so 'n wonderlike rekord nie. Ons het hierheen
gekom (toe ons besluit het dat ons nie in SA meer wou bly
nie,) omdat my man voorheen hier studeer het, en omdat
die lekkerste ding van Kanada is dat dit deel van die Noord-
Amerikaanse kontinent is. Jy kan jou kar vat en suid ry tot
daar waar daar jakarandas is, en weswaarts tot waar daar
die wonderlikste berge is, en halfwoestyndele wat net so
lyk soos daar waar ek in die Noordkaap grootgeword het.
Wat menseregte betref, is die rekord van die setlaars
van Europa miskien nog slegter as in Afrika. Hoekom is
daar geen Eerste Nasies in Newfoundland nie? Hulle het
die laaste een, 'n vrou, uit die heuwels uitgelok, en haar toe
ook doodgeskiet. Op die oomblik is Amnesty International,
opposisiepartye en kerke besig om te vra vir 'n openbare
ondersoek na die Ipperwash-insident twee jaar gelede. Daar
het Ontario Provincial Police geskiet op lede van 'n First
Nation band wat geprotesteer het teen die integrasie van een
van hulle tradisionele begraafplase in 'n nuwe provinsiale
park. Dudley George is doodgeskiet. Die regering het gesê
hy was gewapen. Dit blyk onwaar te wees. Dit blyk ook dat
die polisie bevele direk uit die hoogste vlakke van die regering
gekry het om geweldadig op te tree.
So skend ons menseregte hier in Ontario.

Gloudina
Re: Vir Leendert: Oor menseregte in Kanada [boodskap #11867 is 'n antwoord op boodskap #11843] Di, 16 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net heeft geschreven in bericht
...
>
>
> Leendert,
> Moenie weer Don Quixote speel en vir my probeer
> aanval omdat jy dink ek dink Kanada is so 'n wonderlike
> plek met so 'n wonderlike rekord nie.

As letterkundige weet jy tog, Gloudina, van die meervoudige dimensies van
die man van La Mancha. Kyk nou, byvoorbeeld, hoe so 'n windmeul begin gesels
as hy gestorm word!

> Ons het hierheen
> gekom (toe ons besluit het dat ons nie in SA meer wou bly
> nie,) omdat my man voorheen hier studeer het, en omdat
> die lekkerste ding van Kanada is dat dit deel van die Noord-
> Amerikaanse kontinent is. Jy kan jou kar vat en suid ry tot
> daar waar daar jakarandas is, en weswaarts tot waar daar
> die wonderlikste berge is, en halfwoestyndele wat net so
> lyk soos daar waar ek in die Noordkaap grootgeword het.

> Wat menseregte betref, is die rekord van die setlaars
> van Europa miskien nog slegter as in Afrika.

En sê my, Gloudina, het julle ook ophou Engels en Frans in die huis praat in
reaksie op die menseregterekord van jou aangenome vaderland?

> Hoekom is
> daar geen Eerste Nasies in Newfoundland nie? Hulle het
> die laaste een, 'n vrou, uit die heuwels uitgelok, en haar toe
> ook doodgeskiet.

Wel, niemand om grondeise te stel nie.

> Op die oomblik is Amnesty International,
> opposisiepartye en kerke besig om te vra vir 'n openbare
> ondersoek na die Ipperwash-insident twee jaar gelede. Daar
> het Ontario Provincial Police geskiet op lede van 'n First
> Nation band wat geprotesteer het teen die integrasie van een
> van hulle tradisionele begraafplase in 'n nuwe provinsiale
> park. Dudley George is doodgeskiet. Die regering het gesê
> hy was gewapen. Dit blyk onwaar te wees. Dit blyk ook dat
> die polisie bevele direk uit die hoogste vlakke van die regering
> gekry het om geweldadig op te tree.
> So skend ons menseregte hier in Ontario.

Wat doen Amnestie Internasionaal oor die menseregterekord van die ANC
leierskorps in sy strafkampe?

(Jy is mos 'n lid van daardie organisasie, nie waar nie?)

Groete, Leendert
Vorige onderwerp: Re: Real Player
Volgende onderwerp: Re: Hello
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 27 22:33:03 MGT 2024