Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Troeteldiere » Manx katte
Manx katte [boodskap #118294] So, 10 Augustus 2008 11:46
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Noag, die ark, die muis en die Manx
Aug 08 2008 11:41:03:160AM - (SA)

'n Manx-kat, wat glo soos 'n hond geleer kan word.

Dis Noag se skuld dat die Manx-kat nie 'n stert het nie, lui een van
die verhale oor hoe dit gekom het dat Manxe nie sterte het nie.

Noag het glo die ark se deur toegemaak en die Manx se stert per
ongeluk daarmee afgekap - die Manx wou nie luister toe Noag geroep het
nie omdat hy besig was om 'n muis te jaag. Op die nippertjie, net toe
dit begin reën en Noag die deur wou toemaak, is die muis die ark in
met die Manx agterna . . .

Wat wel waar is, is dat die kat van die Man-eiland aan die Britse kus
af kom.

'n Paar honderd jaar gelede is die eerste katte met die afwyking reeds
gesien.

Omdat die geen verantwoordelik vir die afwyking dominant is, is daar
besonder baie stertlose katjies gebore.

Dit word ook gesê die eerste stertlose katte kom van een van die skepe
van die Spaanse armada wat naby Man gesink het. Die katte het glo na
die eiland geswem.

Die Manx is 'n erkende ras met kort, lang en stompiesterte. Hulle is
ronde katte - ronde gesigte, ronde wange, ronde lyfies - als is rond.

Die feit dat Manxe nie sterte het nie, tas nie hul balans aan nie.
Hulle beweeg nogal huppelrig met hul lang agterbene wat hul beweging
soos die van hase laat lyk.

Daarom word hul soms cabbits ('n samevoeging van cats en rabbits)
genoem.

As jy 'n Manx-kat het en jy soek hom, is dit die beste om op oogvlak
(joune, nie die kat s'n nie) te soek. Hulle hou daarvan om hoog te
sit.

Hulle word soms beskryf as 'n katsoort vir mans omdat hulle beskou
word as die katte wat die meeste soos honde optree. Hulle kan geleer
word om balle terug te bring, is meestal mal daaroor om in 'n motor te
ry en is mal oor water.

Hulle kan maklik geleer word om aan 'n leiband te loop en kom
aangehardloop as jy hul naam roep of fluit. Hulle leer ook maklik die
betekenis van "nee".

'n Probleem wat die Manx-sindroom genoem word en wat verband hou met
die afwykende geen wat die rugstring te ver kan verkort, is deesdae
meer onder beheer omdat beter teelmetodes gebruik word.

'n Te kort rugstring kan spina bifida, uitskeidingsprobleme,
blaasprobleme en spysverteringsprobleme tot gevolg hê.
Vorige onderwerp: sommer so terloops
Volgende onderwerp: Ape oor die heining
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 08:12:22 MGT 2024