Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » die boere
|
|
|
|
Re: die boere [boodskap #118163 is 'n antwoord op boodskap #118160] |
Do., 17 Julie 2008 12:04  |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"MoN" skryf
>> Verduidelik asseblief wat bedoel word met
>> " het die swartes verniet gelei." Was dit
>> nou voor of na 1994?
>
>> Tant Hessie van Boegoeberg se dam.
>
> Dit moet jy beter weet als onderwyser
Ek wonder of jy weet waarop ek gesinspeel
het? In die teks van die lied, wat onderaan
die video loop, vra die sanger die vraag
"het die boere verniet baklei
het die swartes verniet gelei"
Nou vra ek, as hulle "lei" reggespel het,
waarna verwys hulle? Ek het egter die
suspisie dat die skrywer die woord
verkeerd gespel het, en dat hy eintlik
wou sê "het die swartes verniet gely."
Nog 'n voorbeeld van hoe Afrikaans
in die hande van die Afrikaanssprekendes
in Suid-Afrika tot niet gaan. Dis nie die
beleide van die ANC wat die taal tot niet
laat gaan nie.
Tant Hessie van Hesseling
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: So. Apr. 06 13:13:50 UTC 2025
|