Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Julle leef nog!
Julle leef nog! [boodskap #118097] So, 06 Julie 2008 09:16 na volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Ek het vir die eerste keer in ja-a-are Outlook Express oopgemaak op 'n ou
laptoppie en toe sien ek dat ek nog steeds aangeteken is op SCSAA... Nou ja,
dadelik ingeloer en waaragtig, julle is nog hier!

Hoop dat dit goedgaan met julle almal en dat julle gesond is.

Ek sien die gesels het nog nie veel verander van toe ek laas hier was nie.
Dis jammer.

Max___________________________
Re: Julle leef nog! [boodskap #118101 is 'n antwoord op boodskap #118097] Ma, 07 Julie 2008 00:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Max" skryf

> Ek sien die gesels het nog nie veel verander van toe ek laas hier was nie.
> Dis jammer.

Ek is bly om jou te sien. Maar nie om te sien
dat jy sommer met die intrap, kritiseer nie.

Hoe gaan dit deesdae daar in Nederland?

Gloudina
Re: Julle leef nog! [boodskap #118103 is 'n antwoord op boodskap #118101] Ma, 07 Julie 2008 10:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daniel Le Roux  is tans af-lyn  Daniel Le Roux
Boodskappe: 106
Geregistreer: Februarie 2007
Karma: 0
Senior Lid
nou waar is die kritiek, antie?

Max het bloot genoem dat 'die gesels nie veel verander het nie' - is dit
noodwendig kritiek? Myns insiens is dit bloot 'n persoonlike waarneming...
As die skoen pas, trek dit aan.

Jan van Perth.

"Hessie" wrote in message
news:33464808-822a-41ac-ba98-426f58624526@y21g2000hsf.google groups.com...
> "Max" skryf
>
>> Ek sien die gesels het nog nie veel verander van toe ek laas hier was
>> nie.
>> Dis jammer.
>
> Ek is bly om jou te sien. Maar nie om te sien
> dat jy sommer met die intrap, kritiseer nie.
>
> Hoe gaan dit deesdae daar in Nederland?
>
> Gloudina
Re: Julle leef nog! [boodskap #118106 is 'n antwoord op boodskap #118101] Ma, 07 Julie 2008 18:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" schreef
> Ek is bly om jou te sien. Maar nie om te sien
> dat jy sommer met die intrap, kritiseer nie.
>
> Hoe gaan dit deesdae daar in Nederland?

Gaan goed dankie, Gloudina. Ons tjorts en betaal nog steeds die keiser meer
as wat die keiser toekom. Ek is intussen ook aan die verkeerde kant van 40
en het in die tussentyd ook met 'n gesinnetjie begin, die jongste is al byna
'n jaar oud.

'n Paar maande gelede is 'n vriend van my getroud en ek wou 'n mooi
Afrikaanse gedig vir hulle in 'n kaartjie sit, maar kon niks kry nie - ek
het natuurlik hier kom snuffel vir 'n gedig, maar nie regtig geweet waarop
om te soek nie. Dankie dat jy nog getrou gedigte pos - weet nie hoe lank die
argiewe gaan bestaan nie, maar dis dalk iets wat jy vir ons nageslag
gedigitaliseer het. (Sê maar liewer niks oor daai anglisisme nie...)

Sien die legende uit julle deel van die wêreld, Leonard Cohen, is besig om
te toer, hier in Europa. Was jy al so gelukkig om hom te sien optree?
Re: Julle leef nog! [boodskap #118108 is 'n antwoord op boodskap #118106] Ma, 07 Julie 2008 19:59 Na vorige boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Max" skryf

. Ek is intussen ook aan die verkeerde kant van 40
> en het in die tussentyd ook met 'n gesinnetjie begin, die jongste is al byna
> 'n jaar oud.
> Sien die legende uit julle deel van die wêreld, Leonard Cohen, is besig om
> te toer, hier in Europa. Was jy al so gelukkig om hom te sien optree?

Nee, ek het Leonard Cohen nog nooit in lewende
lywe gesien nie. Toe Leonard Cohen 'n paar jaar
gelede lid gemaak is van die Order of Canada, toe
sê hy dis tipies van Kanada om eer te betoon aan
'n sanger wat nie kan sing nie.
Hoeveel kinders het jy al? Ek dink as
'n man pa word, is dit 'n baie groter ding vir hom
as vir die vrou. Ons het nou al ag kleinkinders,
vier seuns en vier dogters. Die oudste is 18 jaar
oud en speel water-polo vir Kanada. Die jongste
is 8 maande oud en weier om gespeen te word.

Gloudina
Vorige onderwerp: SA Sucks Blogspot se nuwe adres...
Volgende onderwerp: Uit Beeld
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 26 04:30:09 MGT 2024