Tuis » Ernstig » Gesondheid & boereraat » Vir die hoes
Vir die hoes [boodskap #117784] |
Mon, 23 June 2008 11:19  |
Torreke[1]
Boodskappe: 423 Geregistreer: February 2008
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Op 'n plattelandse dorp waar amper al die inwoners net Afrikaans magtig is
en gedurende 'n wintermaand toe verkoue erg in die omloop was, was die
predikant baie omgekrap dat sy aandag gedurende eredienste onderbreek word
deur gemeentelede se hoesbuie.
Hy bespreek toe die probleem om 'n oplossing te vind met sy koster wat
engelssprekend is. Die koster gaan koop toe 'n groot bottel hoesstroop by
die apteek. Die volgende Sondag as iemand hoes staan die koster op en gaan
gee vir die persoon 'n lepel hoesstroop in en se vir hom iets in sy oor
waarna die persoon opstaan en uit loop. So hou dit aan en die kerk is later
byna leeg.
Na die diens vra die dominee vir die koster wat hy dan vir die mense gesê
het dat hy later vir 'n byna leë kerk moes preek.
Die koster sê hy het net vir hulle gesê, "For cough".
|
|
|
|
|
|
Re: Vir die hoes [boodskap #117839 is 'n antwoord op boodskap #117784] |
Tue, 24 June 2008 05:49  |
Carla
Boodskappe: 2 Geregistreer: June 2008
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
On Jun 23, 1:19 pm, "Torreke" wrote:
>
> Na die diens vra die dominee vir die koster wat hy dan vir die mense gesê
> het dat hy later vir 'n byna leë kerk moes preek.
>
> Die koster sê hy het net vir hulle gesê, "For cough".
Miskien is dit wat die Theron ou van Polokwane vir sy 80 jarige
skoonouers in Table View gesê het. En miskien het hulle hom ook
verkeerd verstaan !!
Mense !!
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Thu Mar 13 22:08:44 UTC 2025
|