Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Et tu, Beeld?
Et tu, Beeld? [boodskap #11770] |
Wed, 10 December 1997 00:00  |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Beeld wys vandag in sy redaksionele kommentaar op die onhoudbare situasie
dat die Amnestiekomitee van die WVK besluit het om ongesiens amnestie toe te
staan aan 37 hoë ANC-amptenare, sonder dat die aansoekers volle besonderhede
geopenbaar het of in die openbaar die skendings van menseregte onthul het
waarby hulle betrokke was.
Beeld sluit af met die (weliswaar dubbelsinnige) stelling: "Die WVK se
besluit om die amenstiekomitee se beslissing te hertoets, dui op 'n
gevoeligheid vir gegronde kritiek deur die publiek - deesdae 'n skaars
kommoditeit in die openbare lewe".
Die koerant gaan dan voort en roep om die afdanking van die ministers van
polisie en korrektiewe dienste, weens die ontsnappings van bankrowers uit
Pretoria Sentraal en elders (dis nou die bankrowers wat etlike weke gelede
deur die minister van polisie besoek is - onthou Wen se voorspelling van 'n
nuwe vlaag bankrowe toe dit blyk die ANC het geldprobleme?).
Op sy hoofblad, het Beeld ook 'n prominente artikel waarin die publiek raad
kry oor hoeveel geweld mens mag gebruik om jouself te verdedig teen misdaad.
1) Nou toe nou! Beeld reken ook nou (oënskynlik) dat kritiek op die
regering en sy werktuie (of gevoeligheid daarvoor) "'n skaars kommoditeit"
is.
2) Dit lyk asof die koerant woord by die daad voeg en iets meer begin
doen as om Afrikaners vir Nazis uit te maak en die regering se onbekwaamheid
aan "nalatenskap van apartheid" toe te skryf. Vir die ANC moet dit soos 'n
mes in sy rug voel om sulke direkte kritiek te begin kry van sy getrouste
mondstuk in Afrikaans.
3) Ek het verneem Tim du Plessis het 'n pos in die Kaap aanvaar? Ek hoop
dis by Huisgenoot of Fair Lady.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Fri Mar 07 05:59:48 UTC 2025
|