Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Oppergesag van die reg
Oppergesag van die reg [boodskap #117506] Ma, 02 Junie 2008 09:32
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
Regter Hlophe se geregtelike doodsvonnis
Jun 01 2008 08:47:00:410PM - (SA)

Philip de Bruin

Die Regterlike Dienstekommissie (RDK) gaan waarskynlik 'n spoedsitting
belê om 'n klag van inmenging in die Zuma-Thint-saak in die
konstitusionele hof teen regter-president John Hlophe van Kaapstad te
oorweeg.

Die klag dat Hlophe regters van die konstitusionele hof "onbehoorlik"
probeer beïnvloed het in verband met hul nog ongelewerde uitspraak oor
beslagleggings op dokumente in verband met die Zuma- Thint-saak is
gister beskryf as "regter Hlophe se geregtelike doodsvonnis".

Mnr. Jacob Zuma, president van die ANC, het gister by navraag gesê hy
wil nie by die bewerings teen Hlophe betrokke raak nie.

"In die omstandighede dink ek nie dit lê op my weg om kommentaar
daarop te lewer of my hoegenaamd uit te laat oor die verdere hantering
van die saak nie," het hy gesê.

Die volgende geskeduleerde vergadering van die RDK is in Oktober, maar
'n aankondiging oor 'n spoedsitting word vandag verwag, het die
sekretaris van die RDK, me. Vuyelwa Masanghwane, gister bevestig.

"Die RDK beskou die situasie as baie, baie ernstig en sal waarskynlik
'n spoedsitting hou," het sy gesê.

Hoofregter Pius Langa, wat ook voorsitter van die RDK is, het gister
gesê dat 'n finale besluit oor 'n spoedsitting nog nie geneem is nie.

Op 'n vraag of hy hom as voorsitter van die RDK aan enige ondersoek
teen Hlophe gaan onttrek omdat die klag teen Hlophe ingedien is deur
regters onder sy beheer in die konstitusionele hof, het Langa gesê "jy
moet maar daaroor bespiegel".

Hlophe het sedert Saterdag nie sy selfoon beantwoord nie en het ook
nie gereageer op boodskappe wat gelaat is waarin hy om kommentaar
gevra is nie. Die naweek is berig dat hy alle bewerings van
"onbehoorlike inmenging by regters van die konstitusionele hof" in die
Zuma-Thint-geding ontken.

Die nuus van die klag teen Hlophe het gister nog skokgolwe oor die
land heen veroorsaak.

Mnr. Jan van Rensburg, president van die Prokureursorde van die
Noordelike Provinsies, het gesê as die bewerings teen Hlophe "enigsins
meriete" het, "mag regter Hlophe nie weer as regter optree nie".

"In die lig van die baie hoë profiel van die mense betrokke en die
ernstige implikasies van die bewerings behoort die RDK dringend te
vergader. Die een vraag wat by almal opkom, is wat presies gebeur het
en wat presies die bewerings teen regter Hlophe is. Dit behoort in die
belang van die regspleging so gou moontlik bekend gemaak te word."

Ook mnr. Koos van der Merwe, IVP-LP en een van die mees senior lede
van die RDK, het gesê die RDK moet dringend byeenkom, "want die hele
land is in rep en roer".

Hy en die nege ander politici wat lede van die RDK is, mag nie
teenwoordig wees wanneer die RDK oor Hlophe sit nie.

"Iets verskriklik ernstigs moes die regters van die konstitusionele
hof ontstel het, want met die bekendmaking van hul klag het hulle die
geregtelike doodsvonnis oor regter Hlophe uitgespreek."

Adv. Jannie Eksteen, SC, voorsitter van die Algemene Balieraad van
Suid-Afrika, het gister ook beklemtoon dat 'n verhoor deur die RDK
"spoedeisend" is.

"Intussen lyk dit regtens korrek dat regter Hlophe eerde...
Vorige onderwerp: Nog nuus oor die voorbeeldige Afrikaners tussen die swart barbare
Volgende onderwerp: Gloudina so oop en toe
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 23:57:00 MGT 2024