Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Halfmensbome, 'n Nama-Legende " deur PETRA MULLER
" Halfmensbome, 'n Nama-Legende " deur PETRA MULLER [boodskap #117424] |
Ma., 26 Mei 2008 02:16 |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
HALFMENSBOME, ‘N NAMA-LEGENDE
Petra Muller
Die Ou-Goed op die vlug,
mos, nes die vrou van Lot,
het gebly staan en trug
land toe geroep: o my land!
Toe het die Groot Een hulle omgepluk,
koppe halfpad omgekrenk in die koerse
van die Ou-Werf, en hulle net daar geplant:
“Nou kyk tot julle uitgekyk is, moerskenners,
moet ek dan ewig stoei met mens wat nie wil
gaan waar ek gebie’ nie; hou op swerf!”
Dis wat ons gehoor het. Maar waarvandaan gekom,
waarheen op pad, dit weet ons nie,
behalwe, aan die beurstaan kan jou blote oog
dit sien: dit was ‘n gees
van opperste verlang gewees.
|
|
|
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Wo. Apr. 23 14:43:27 UTC 2025
|